Númeri 14
- 2 minutes read - 319 wordsVanoggend het ek Núm 14 gelees en soveel goed het net uit die bladsye gespring. Dis so ‘n bekende stuk wat ek al baie gelees het, maar skielik het God net daardeur gepraat. Ons almal het iets wat ons moet doen wat vir ons regtig moeilik is. Die Israeliete se “moeilike ding” was om
- van die verlede in Egipte te vergeet.
- te leer om God werklik te vertrou.
- die vreemde in te gaan, ten spyte van hul vrees vir die “nuwe”.
- hul doof te hou vir die slegte verslag en op God te fokus.
In my agterkop “judge” ek altyd die Israeliete, want hul was so moedswillig en rebels, maar as ek na bogenoemde 4 punte kyk identifiseer ek maklik presies dieselfde dinge in my lewe. Die Israeliete was slawe in Egipte, maar nou was Egipte skielik die beste plek op aarde!!
Dis nou tyd om die dinge te identifiseer wat jou uit jou “beloofde land, wat oorloop van melk en heuning,” hou. Luister jy na die slegte verslag (kyk vers 37) wat die meeste mense (10) bring? Of luister jy na die goeie verslag (2) wat die minderheid bring? Ek voel soms ek wil niks hoor wat die nuus of die kenners sê nie, want dit is dikwels slegte nuus. Ek probeer om in te skakel op die Heilige Gees en God se Woord. Handel die dinge van die verlede af, vergewe en vergeet en kyk vorentoe. Dit was te laat vir die Israeliete om dadelik die “beloofde land” in te gaan. In vers 9 sien ons dat dit die regte tyd was om die land binne te gaan, maar teen vers 40-45 was dit te laat. Toe dit te laat was het hul steeds ingetrek, maar is toe “verslaan en verstrooi”. Moenie jou “beloofde land” mis omdat jy bang is, kla of vasklou aan jou verlede nie. Beweeg in God se tyd en jy sal geseënd wees.