NUWE LEWE IN DIE HEILIGE GEES
- 2 minutes read - 224 words“Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.”
GALÁSIËRS 2:20 AFR53
Waarom sukkel ons om deur die Gees gelei te word?
Die hoofrede is die vlees wat in die pad kom van die Gees.
Hoe kry ons die vlees uit die pad?
Die antwoord kry ons in Kolossense 3:1-17
• Om saam met Jesus “opgewek” te wees moet ek eers sterf.
• Wanneer ek “sterf vir die wêreld” sit ek saam met Jesus in die Hemel aan die regterkant van die Vader.
• Nou dink ek nie meer aan aardse dinge nie, maar aan hemelse dinge.
• Ek wil nie meer sonde doen nie.
• Die ou mens is dood en die nuwe mens wat deur die Heilige Gees gelei word, lewe nou.
• Ek vergewe gou.
• Ek ervaar vrede.
• Nou kan ek myself “beklee met liefde”.
• Die Woord van Jesus woon nou in my.
• Ek het ’n dankbare hart.
• Alles wat ek doen, doen ek in die Naam van Jesus.
Om meer van die Heilige Gees te ervaar, moet jy dus ontslae raak van jou eie begeertes en meer soek na God.