‘N VERHARDE HART MAAK DAT ONS NIE VERSTAAN EN BEGRYP NIE
Janine Forsyth
- 2 minutes read - 244 wordsJesus het twee keer ‘n paar broodjies en vissies vermeerder - Markus 8:10-21. Nadat Hy vir die Vader dankie gesê het was daar genoeg kos vir duisende mense. Jesus en Sy dissipels was op ‘n boot toe Hy hulle waarsku teen die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van Herodes. Die dissipels het dadelik gedink dat hulle net een fisiese brood by hulle het en dat dit nie genoeg is vir hulle almal nie. Die dissipels se verharde harte het gekeer dat hulle die geestelike implikasie van Jesus se woorde raaksien. Jesus het hulle gewaarsku teen die voorgee, geveinsheid en valsheid van die Fariseërs en Herodes.
As ‘n mens sukkel om te verstaan wat Jesus sê moet ons kyk na die toestand van ons harte. Vergewe, stel vry en gee al jou laste vir Jesus sodat jy kan begryp en verstaan wat Jesus sê.
“En Ek sal julle 'n nuwe hart gee en 'n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle 'n hart van vlees gee. En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.”
ESÉGIËL 36:26-27 AFR53
“Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my 'n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!”
PSALMS 139:23-24 AFR53