‘n Woord vir 2023 – Die Rots
- 2 minutes read - 345 wordsJesus was die rots in die Ou Testament. Ons weet Moses moes die rots slaan en later moes hy met die rots praat, om water te verskaf.
“en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit 'n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.”
I KORINTHIËRS 10:4 AFR53
Jesus was die rots in die Nuwe Testament.
“Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God. Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is. En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.”
MATTHÉÜS 16:15-19 AFR53
Ons dra die rots in ons harte saam en moet dieselfde effek hê as wat Jesus gehad het. Ek glo om van 2023 ‘n sukses te maak gaan ons nodig hê om ons outoriteit te gebruik om die euwel om ons stop te sit. Die rots is jou fondasie en in die Naam van Jesus moet jy God se koninkryk laat toeneem. Die tyd vir stilsit en wag dan iemand anders dit doen is verby.
Ek glo 2023 is jou jaar om aksie te neem en jy gaan resultate sien. Psalm 23 herinner ons dat God by ons is gedurende 2023. Selfs die som van 2023 gee vir ons ‘n perfekte nommer ( 2+0+2+3 = 7). Sewe simboliseer die sigbare teenwoordigheid van God. Ek glo jy is geroep om God se heerlikheid Aarde toe te bring in 2023. Vind jou unieke roeping en met Jesus sal jy suksesvol wees.