ONGELOOF
- 2 minutes read - 332 words”EN Hy het daarvandaan weggegaan en in sy vaderstad gekom, en sy dissipels het Hom gevolg. En toe dit sabbat geword het, begin Hy in die sinagoge te leer, en baie wat Hom gehoor het, was verslae en sê: Waar kry Hy hierdie dinge vandaan, en watter wysheid is aan Hom gegee, dat ook sulke kragte deur sy hande plaasvind? Is Hy nie die timmerman, die seun van Maria, en die broer van Jakobus en Joses en Judas en Simon nie? En is sy susters nie hier by ons nie? En hulle het aanstoot aan Hom geneem. En Jesus sê vir hulle: 'n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en onder sy familie en in sy huis. En Hy kon daar geen krag doen nie, behalwe dat Hy 'n paar siekes die hande opgelê en hulle gesond gemaak het. En Hy was verwonderd oor hulle ongeloof. Daarop het Hy die dorpe rondom deurgegaan en geleer.”
MARKUS 6:1-6 AFR53
Ongeloof het veroorsaak dat Jesus nie baie mense in Násaret kon genees nie. Ons lees dat Jesus verbaas was oor die mense se ongeloof en daarvandaan weggegaan het na ander plekke. Ons weet dat oral waar Jesus gegaan het is mense genees (Matthéüs 4:23, 9:35; Handelinge 10:38).
Wat het die ongeloof veroorsaak?
Die mense het Jesus as die seun van Josef, die timmerman, en Maria gesien. Hulle het Jesus gesien as die broer van Jakobus, Joses, Judas en Simon. Die ongelowiges kon nie raaksien dat Jesus, die Messias en die Seun van God was nie. Hulle het Jesus slegs as mens gesien en nie as God nie. Dikwels wanneer mense wel genees is het hulle Jesus aangespreek as “Here” of “Seun van Dawid”. Hulle het dus geweet Jesus was die beloofde Messias en die Seun van God (Matthéüs 9:27, 15:22, 20:30-31, 21:9,15; Markus 10:47-48; Lukas 18:39).
Wanneer ons weet dat Jesus die Seun van God lief is vir ons sal ons geloof in Hom hê en wonderwerke sien.