ONSE VADER
- 4 minutes read - 775 words“Só moet julle dan bid:
Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;
laat u koninkryk kom;
laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
gee ons vandag ons daaglikse brood;
en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.
Amen.”
MATTHÉÜS 6:9-13 AFR53
Wanneer ek die gebed herhaal voel dit soms of ek dit net aframmel en wanneer ek moeite doen om ander goed tussen in te sê verloor ek my plek. Daarom het ek dit vir myself uitgetik en gebeds idees bygelas om intimiteit met God te bou. Ek probeer nie die gebed te verander in enige manier nie. Ek probeer dit net beter verstaan en gebruik dit met die doel om nader aan God te kom.
Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word
⁃ Loof en prys die Vader.
⁃ Herhaal lofsange oor Sy heiligheid uit die Bybel.
⁃ “En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol!” JESAJA 6:3 AFR53
⁃ “En skielik was daar saam met die engel 'n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê: Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae!” LUKAS 2:13-14 AFR53
⁃ “En die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, en hulle was rondom en van binne vol oë; en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom! En elke keer as die lewende wesens heerlikheid en eer en danksegging gee aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe, val die vier-en-twintig ouderlinge neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe, en werp hulle krone voor die troon en sê: U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.” OPENBARING 4:8-11 AFR53
laat u koninkryk kom;
⁃ “Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het 'n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.” LUKAS 12:32 AFR53
laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
⁃ Ons kan Hemel op aarde ervaar.
⁃ Geen siekte, trane of tekort.
⁃ Jesus het gesê dat dit Sy wil is om siekes te genees.
⁃ Almal kan ‘n intieme verhouding met Jesus hê en Sy stem hoor.
gee ons vandag ons daaglikse brood;
⁃ God sorg vir Sy kinders.
⁃ “Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.”PSALMS 37:25 AFR53
⁃ “Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe — wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam — wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie? Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” MATTHÉÜS 6:25, 33 AFR53
en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
⁃ Wanneer ons ander mense vergewe, vergewe God ons - Matthéüs 6:14-15.
⁃ God dink nie weer aan ons sonde nie - Hebreërs 10:17.
en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.
⁃ God lei nie mense in versoeking nie - 1 Kor 10:13, Jak 1:13.
⁃ Mense se vlees laat hul in versoeking kom (Matt 26:41) en wat jy saai sal jy maai.
⁃ “die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word;” II PETRUS 2:9 AFR53
Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.
⁃ “En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!”
OPENBARING 5:13 AFR53