ONS HET ALLES
Janine Forsyth
- 2 minutes read - 327 wordsEen van die grootste probleme wat Christene het is dat hulle nie besef wat hul erfenis in Jesus is nie. Baie kan sien dat Jesus vir hulle gesterf het, maar hulle besef nie wat dit beteken nie. Die Bybel sê dat ons ALLES HET. Heilige Gees wil jou help sodat jy ALLES KAN WEET. Paulus het geskryf dat die gelowiges in Korinthe ryk gemaak is in Jesus.
Genadegawes en kennis is tot jou beskikking. Heilige Gees wil selfs die toekoms met jou deel. Jy het alles tot jou beskikking om ‘n vlekkelose bruid, met genoeg olie, te wees. Ons tas nie in die donker rond nie; ons het die LIG binne ons.
“en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is. Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle; of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge — alles behoort aan julle; maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.”
I KORINTHIËRS 3:20-23 AFR53
“En julle het die salwing van die Heilige en weet alles.”
I JOHANNES 2:20 AFR53
“Ek dank my God altyd oor julle vir die genade van God wat aan julle in Christus Jesus gegee is, dat julle in alle opsigte in Hom ryk gemaak is, in elke woord en alle kennis; soos die getuienis aangaande Christus bevestig is onder julle, sodat julle in geen enkele genadegawe agterstaan nie, terwyl julle wag op die openbaring van onse Here Jesus Christus, wat julle ook sal bevestig tot die einde toe, om in die dag van onse Here Jesus Christus onberispelik te wees.”
I KORINTHIËRS 1:4-8 AFR53
“Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.”
JOHANNES 16:13 AFR53