Outoriteit
- 3 minutes read - 433 wordsWanneer ‘n kind 17/18 jaar oud is beskou ons hul volwasse en verantwoordelik genoeg om hul die sleutels van ‘n motor te gee, om te leer bestuur. Dis ‘n belangrike deel van grootword. God het ook sleutels wat ons kan gebruik as volwasse Christene. Jesaja het oor die sleutels profeteer:
“En Ek sal die sleutel van die huis van Dawid op sy (Jesus) skouer lê; en hy sal oopmaak, en niemand sal sluit nie; en hy sal sluit, en niemand sal oopmaak nie.”
JESAJA 22:22 AFR53
Jesus het dan later die outoriteit/sleutels aan sy volgelinge gegee.
“Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar.”
MATTHÉÜS 11:27 AFR53
“En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.”
MATTHÉÜS 16:19 AFR53
“Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.”
MATTHÉÜS 18:18 AFR53
“En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.”
MATTHÉÜS 28:18-19 AFR53
“Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.”
LUKAS 10:19 AFR53
“EN skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfía: Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie:”
OPENBARING 3:7 AFR53
“En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.”
MARKUS 16:17-18 AFR53
Jy het die sleutels 🔑 ontvang om Hemel op aarde te ervaar. Ek glo elke Christen (volgeling van Jesus) kan bid vir die genesing en bekering van mense.