Outoriteit, voor - en na Jesus.
- 2 minutes read - 333 wordsGod het met outoriteit die aarde en alles daarop geskep. Dan word die outoriteit aan Adam en Eva gegee om te heers en regeer. Hulle luister egter na die slang en gee hulle outoriteit oor aan satan. In die Nuwe Testament vind ons dat God Sy Seun, Jesus, gebruik het om alles te skep - Kol 1:16, Heb 1:2. Dieselfde outoriteit vind ons weer wanneer Jesus mense genees. Die mense was verbaas dat Jesus soveel outoriteit gehad het.
“En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer; want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.”
MATTHÉÜS 7:28-29 AFR53
Dawid vra dat God hom genees.
“Wees my genadig, Here, want ek is verswak; maak my gesond, Here, want my gebeente is verskrik.”
PSALMS 6:3 AFR53
In die Nuwe Testament verklaar Jesus mense genees. Baie keer neem ons die houding van Dawid in. Ons wil God smeek vir dinge waarvoor Jesus reeds betaal het. Alle outoriteit is aan ons gegee. Jesus het gekom om die outoriteit te herstel wat Adam en Eva oorgegee het. Petrus en Johannes was 2 ongeskoolde vissersmanne, maar hulle was vol outoriteit (Handelinge 4:13). Wanneer jy tyd by Jesus spandeer vind jy dat jy met dieselfde outoriteit kan heers en regeer.
“En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.”
MATTHÉÜS 28:18-20 AFR53
“Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.”
MATTHÉÜS 18:18 AFR53