I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
JESUS IS OUR KING
There is a huge contrast between Jesus and the kings and leaders of this world.
- He was born in a stall with the animals.
- He freely gives.
- He values the young, poor and insignificant person.
- His desire is that you will prosper in all your ways.
- He came as a servant.
- He died for us.
- The One without sin paid for the ones with sin.
- He left an Inheritance for us.
- He shares His position and authority with us.
- He will ride in front of us during war.
JESUS IS DIE HOOF VAN ALLE OWERHEID EN MAG
Jesus het oor die owerhede en magte triomfeer met Sy kruisdood en opstanding. Wanneer ons beklee is met Jesus verkry ons outoriteit oor dieselfde owerhede, magte, wêreldheersers van die duisternis, bose geeste in die lug en die listige planne van die duiwel. Jesus het die dood oorwin en daarom hou die dood geen gevaar vir ons in nie. Jesus is die hoof van alle Christene en van alle owerhede en magte.
DIENAARS
Julle weet dat die wat gereken word as owerstes van die nasies, oor hulle heers, en dat hulle groot manne oor hulle gesag uitoefen; maar so moet dit onder julle nie wees nie, maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet almal se dienskneg wees. Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.”
HEMELSE BURGERSKAP
Paulus was deel van die “elite” van daardie tyd. Hy het uit die regte familie gekom, hy het die regte onderrig ontvang, die regte skole bygewoon, die regte taal gepraat en deur die regte rituele gegaan. Hy het die wat weerstand bied teen die sisteem vervolg; wat die wêreld betref was Paulus baie suksesvol. Paulus het die geskrewe Woord geken, maar hy het die liefdevolle Vader glad nie geken nie. Na sy Damaskus ervaring het hy Jesus leer ken en die wêreld het hom skielik as drek (gemors) beskou. Paulus het wêreldse aansien verloor en hemelse burgerskap ontvang. So dikwels pla dit ons wanneer die wêreld ons verwerp, maar al wat regtig belangrik is, is om hemelse burgerskap te ontvang.
GERUGTE DAT JESUS IN SEPTEMBER KOM
Daar is mense op sosiale media wat voorspel dat Jesus hierdie jaar met die Fees van Trompette (Rosh Hashanah/ Joodse Nuwe Jaar) -23/24 September - die Christene sal kom haal. Ander voorspel weer volgende jaar in September.
Kom ons kyk wat sê die Bybel. Openbaringe 8 leer vir ons dat daar 7 basuine deur 7 engele geblaas sal word. Die blaas van elke basuin gaan gepaard met swaarkry en verwoesting. Die sewende basuin kondig die einde aan (ek dink hierdie basuin word na die 7 jaar tribulasie geblaas).
JERUSALEM
Salem - Strong’s H8004 - vrede
Jebus - Strong’s H2982 - dorsplek
Jerusalem - Strong’s H3389,3390 - fondasie van vrede (Shalem/Salem)
In Abraham se tyd is die naam Salem vir Jerusalem gebruik en Melgisédek was die koning van Salem. Later het die Jebusiete daar gewoon en die stad is Jebus genoem. Noag se seun Gam het ‘n seun Kanaän gehad. Kanaän was die vader van die Kanaäniete wat uit 11 verskillende stamme bestaan het. Die Jebusiete was 1 van die 11 stamme. Die Jebusiete was ook deel van die Amoriete. God het ‘n verbond gesluit met Abraham en die land Kanaan aan sy nageslag belowe. Meer as 400 jaar later het Josua en Juda nie daarin geslaag om al die Jebusiete uit te dryf nie. Jare later het Dawid die dorsvloer van Arauna gekoop om vir God ‘n altaar te bou. Dawid het die Jebusiete verslaan en Jerusalem ingeneem. Die tempel is later gebou op die grond wat Dawid gekoop het. Dawid kon nie die tempel bou nie, want hy was geroep om te veg. Die tempel kon ook nie op grond gebou word waarop Dawid geveg het nie.
DIE BRUID SOEK HAAR BRUIDEGOM
“OP my bed snags het ek gesoek na my sielsbeminde, ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie. Ek wil dan opstaan en in die stad rondgaan, in die strate en op die pleine wil ek na my sielsbeminde soek; ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie. Die wagte wat in die stad rondgaan, het my aangetref. Het julle my sielsbeminde nie gesien nie? Skaars het ek van hulle af verder gegaan, of ek het my sielsbeminde gevind; ek het hom vasgehou en hom nie gelos voordat ek hom gebring het in die huis van my moeder en in die binnekamer van haar wat my gebaar het nie.”
STERK BENE
Baie mense sukkel met rug-, knie- en heuppyn. Jesus bring genesing en Hy is die Woord wat lewe bring. Daar is egter dinge waarna ons ook kan kyk. Woorde en gedagtes kan jou siek maak. Ons moet lewe oor onsself en oor ander mense spreek. In Eségiël 37 moes die profeet lewe spreek oor die droë bene van die huis van Israel. Wanneer iemand jou te nakom moet jy vergewe en vergeet. Die dissipels moes die stof van hul skoene afskud. Hulle kon nie die verwerping deur mense met hul saamdra nie. Wanneer dit met jou siel goedgaan sal jy ook gesond wees. Heilige Gees wil vrede in jou hart bring. Jesus bring nie siekte nie; Hy bring lewe in oorvloed. God se woorde is medisyne vir ons liggaam en versterk ons gebeente. Dink aan Sy Woord dag en nag.
DIE GROOTSTE LEUEN IN DIE KERK VANDAG
Baie wette was ‘n skaduwee van Jesus wat sou kom om ons vry te koop. Die eersgeborenes moes vir God geheilig word - Exodus 13. Die manlike eersgeborene diere moes geoffer word en die eersgeborene mans moes losgekoop word. Vandag weet ons dat ons vrygekoop is deur Jesus se bloed en nie mens of dier word losgekoop of geoffer nie.
Jy hoef nie jou seuns te besny of te doop nie, want Jesus het hulle vrygekoop. As volwassenes kan almal vrywillig en deur Heilige Gees leiding besluit om die Bybel se doop (onderdompeling) te laat doen. Jesus het vrywillig aan die kruis gesterf en ons volg God vrywillig.