I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
BET-EL DROOM
Ek het gedroom dat ons Vibracrete mure omgeval het. Ek was vir ‘n oomblik ontsteld, maar Bet-el was daar om te help. Toe ek weer kyk het ons nuwe glas mure gehad met glas houers vol vissies, hasies en hondjies.
Soms raak ons ontsteld wanneer die dinge waaroop ons vertrou skeefloop. Mure is tog daar om ons te beskerm. Wanneer ons vertroue in God is, het ons Bet-el (Huis van God) by ons. God kan die mure beter terug bou en selfs meer seëninge bring. Glas dui op geestelike visie. Jakob het ook ‘n ervaring gehad waar sy “mure omgeval” het.
BETHEL, THE FIRST CHURCH
BETH
NAVE’S TOPICAL BIBLE REFERENCE: Beth is the most common Old Testament word for house, family or dynasty. It is used in more than 50 place names in Scripture.
Beth is the second letter of the Hebrew alphabet. Every Hebrew letter has a numerical value and a picture (pictograph). The numerical value of beth is 2 and its pictograph is a house. The only place we find it by itself in The Bible is where Psalms 119 gets divided into paragraphs; it appears between verse 8 and 9.
WIE KAN DIE PRYS BEPAAL?
Gedurende die nat en koue winter werk ek in die tuin met my goedkoop “fake” Ugg’s. By die huis leef ek in hulle en hulle bly nooit skoon nie. Ek gaan nie in die tuin werk met my mooi, nuwe wit Julz ”sneakers” nie. Ek verstaan die waarde van my skoene. Ons het almal goed wat waardevol is en waarna ons beter omsien, maar ons het ook almal goedkoop besittings waaraan ons nie veel waarde heg nie. Dinge wat ons verniet, goedkoop of maklik kry word nie altyd goed behandel nie. Daar is nie noodwendig iets verkeerd daarmee nie.
HOLINESS MUST FOLLOW SALVATION
HEILIGMAKING MOET VERLOSSING OPVOLG
“omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.”
I PETRUS 1:16 AFR53
“Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;”
HEBREËRS 12:14 AFR53
“TERWYL ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.”
II KORINTHIËRS 7:1 AFR53
A NEW BEGINNING WITH PASSOVER
PASGA EN ‘N NUWE BEGIN
Lees Exodus 12.
Die laaste en tiende plaag was die dood van die eersgeborenes. God het opdrag gegee dat Abib/ Aviv/ Nisan die eerste maand van die jaar moes word en die Israeliete het die eerste Pasga gevier. Hulle moes die bloed van ‘n vlekkelose lam op hul deurposte verf sodat die doodsengel kon verbygaan (passover). Die bene van die lam mag nie gebreek word nie.
Die Israeliete moes haastig ongesuurde brood, gebraaide lam en bitter kruie eet. Die Jode eet vandag steeds ‘n Pasga maaltyd. Vir die 7 dae van die Pasga mag hulle nie suurdeeg geëet het nie. As daar enige suurdeeg gevind sou word moes die mense sterf.
PASGA & PAASFEES/PASSOVER
Pasga & Paasfees
Paasfees: 29 Maart - 1 April 2024
Pasga : 22 April - 30 April 2024
Paassondag is gewoonlik die eerste Sondag net na die eerste volmaan, wat die “equinox” op 21 Maart opvolg. Dit is ook die derde volmaan van die jaar en daar is 12 hierdie jaar. Die nommer 3 verwys regdeur die Bybel na Jesus se opstanding en dat ons ook opstandingskrag het. Twaalf maande en 12 volmane herinner ons aan God se regering hier op aarde. Paasfees val altyd tussen 22 Maart en 25 April.
MOENIE KLA NIE/DON’T COMPLAIN
MOENIE KLA NIE
Lees Númeri 11.
Die Israeliete het gekla oor die manier wat God vir hulle voorsien het. God het hulle bevry van slawerny uit Egipte. Hy het dag en nag saam met hulle getrek. God het vir hulle manna voorsien om te eet en water om te drink. Die Israeliete het die belofte gehad van ‘n land wat oorloop van melk en heuning, maar hulle het verkies om te kla. Hulle was vasgevang in herinneringe van die verlede in plaas daarvan om hoopvol te wees op ‘n wonderlike toekoms.
DREAM ABOUT DESCEPTION
DROOM OOR MISLEIDING
‘n Vriendin kom kuier en nooi ons vir ete. Ek kry nie tyd om vir man te vra of te sê nie. Ek sê net vir een van my kinders. Ek dink by myself dis ver, seker ‘n uur se ry daarheen. Ons ry nie; ons loop oor ‘n stukkende brug met vuil water waarin ons moet trap. Daar is rommel in water. Selfs die kant van brug waar ‘n mens moet vashou was baie onstabiel. Ons vriende bly as ‘n gemeenskap saam. Ons kyk van bo na ‘n groep mense buite op ‘n mooi gras met pragtige natuurskoon in die agtergrond. Ons het gedink dit is ‘n Christen geleentheid, maar skielik sien ons dit is ‘n vals godsdiens. Ons het vinnig weggestap. My vriendin gee vir ons toebroodjies en daarna botterbroodjies met room vir ete. Sy gooi die room uit ‘n yslike groot houer. Ek het aangeneem hulle deel die room met die ander mense in die gemeenskap. Ek het my nagjapon neergesit en toe ek weer kyk het iemand dit geneem vir liefdadigheid.
PURIM
The Jews will celebrate Purim from the evening of Saturday 23 March to evening of Sunday 24 March 2024.
Esther 4:13-14 AMPC
Then Mordecai told them to return this answer to Esther, Do not flatter yourself that you shall escape in the king's palace any more than all the other Jews. [14] For if you keep silent at this time, relief and deliverance shall arise for the Jews from elsewhere, but you and your father's house will perish. And who knows but that you have come to the kingdom for such a time as this and for this very occasion?