I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
ANOINTING/ SALWING
ANOINTING
In the Old Testament the priests had to go through a whole process of anointing with oil, sacrifice and cleansing to be anointed in order to enter the tabernacle and God’s presence - Exodus 29.
Priests had to anoint new kings by pouring oil over them. Samuel had to fill a horn with oil and pour it over Saul and later David’s head. The Spirit came over Saul and He was a different person. David had the Spirit of God on him from the day that he was anointed.
Die hoëpriester was ‘n skaduwee van Jesus/The high priest was a shadow of Jesus
DIE HOËPRIESTER WAS ‘N SKADUWEE VAN JESUS
Daar was 6 vrystede in Israel waar iemand kon gaan woon as hy per ongeluk iemand se dood veroorsaak het. Na die hoëpriester se dood kon die mense terugkeer na hulle families. Hierdie mense was verwyder van hulle families totdat hulle hoëpriester gesterf het. Die hoëpriester was ‘n skaduwee van Jesus wat sou kom. Jesus was ons hoëpriester en na Sy dood het ons deel geword van God se familie - Hebreërs 5. Ons is nie langer slawe van sonde nie; ons is nou kinders van God wat vergifnis ontvang vir ons sonde. Niks kan ons nou van God se liefde skei nie.
Die amandeltak/The almond branch
Die Amandeltak
“Verder het die woord van die Here tot my gekom en gesê: Wat sien jy, Jeremia? En ek antwoord: Ek sien 'n amandeltak. Toe sê die Here vir my: Jy het goed gesien, want Ek is wakker oor my woord om dit te volbring.”
JEREMIA 1:11-12 AFR53
God is altyd wakker en sien alles wat gebeur. Die amandelboom blom vroeg en “slaap” nie deur die hele winter soos ander bome nie - TPT Bybel. Die amandelboom is dus ‘n goeie simbool van God wat wakker is en ‘n wakende oog oor alles hou. Selfs die woord vir amandel in Hebreeus beteken wakker.
SUIWER SILWER/PURE SILVER
SUIWER SILWER
Salomo was so reg toe hy gesê het dat daar niks nuuts onder die son is nie - Prediker 1:9. Jeremia het meer as 600 jaar voor Christus die sonde van die mense van Jerusalem aangespreek. Dit lyk soos vandag en dit stem ooreen met hoe dit in die laaste dae sal lyk - 2 Timótheüs 3:1-9.
• Mense maak onregverdige wins.
• Selfs kerkleiers pleeg bedrog.
• Hulle sê daar is vrede, terwyl daar glad nie vrede is nie.
• Mense skaam hulle nie vir hulle sonde nie.
• Mense ignoreer waarskuwings van God.
• God se Woord word verwerp.
• Mense volg nuttelose rituele sonder dat hulle harte verander.
Woord en Gees/ Word and Spirit
WOORD EN GEES
Die dissipels het 3 jaar by Jesus praktiese ondervinding opgedoen hoe om die Woord toe te pas. Na Jesus se kruisiging het die dissipels egter weer begin visvang - Johannes 21. Met die uitstorting van die Heilige Gees het die dissipels eers regtig verander - Handelinge 2. Die Heilige Gees bring ‘n geestelike geboorte om ‘n nuwe mens te vorm. Petrus het vroeër die soldaat se oor afgesny en Jesus verloën. Petrus het Jesus, die Woord, geken, maar steeds uit die vlees geleef. Na die uitstorting van die Heilige Gees kon die ongeskoolde visserman met outoriteit praat en sy skaduwee het mense genees. Petrus het ‘n wedergeboorte ondergaan. Hy is gebore uit die lewende water van die Woord en daarna is hy ten volle transformeer deur die Heilige Gees. Ons moet Jesus aanvaar en die Woord lees, maar ons benodig ook Heilige Gees om ons ten volle te transformeer. Ek vind dat ek doelbewus myself moet oorgee aan die Heilige Gees. My vlees staan in die pad van die werking van die Gees. Petrus, die ander dissipels en Paulus het vir ons gewys hoe dit lyk wanneer ‘n mens deur Heilige Gees verander word. Ons benodig die Woord en die Gees om te verander.
Pruning/Snoeityd
Pruning
Last year at the beginning of Autumn I planted a tiny lemon tree. I nurtered it with organic compost and fertilizer. When Spring started a lot of new leaves appeared. I was so happy with Lemon; yes I named her. I covered her with woodchips, watered her regularly and fed her every second week. Unfortunately by the end of November the caterpillars ate half of her leaves and she looked worse than when I bought her. I was very unhappy after all the effort it took. I cut off all the injured leaves and planted her in a pot and bought a new lemon tree for the garden. After a short while both lemon trees were thriving.
SOEK/SEARCH JESUS
SOEK JESUS; NIE RYKDOM NIE
Aardse besittings bring net tydelike genot. Paulus was in alle onstandighede tevrede, want Hy het vrede en krag in Jesus gevind.
Jesus het gesê dat Christene hulle nie moet bekommer oor kos en klere nie; die heidinne bekommer hulle oor sulke goed. Daar is Christene wat arm is wanneer hulle sterf en Hemel toe gaan. Lees Lukas 16 wat handel oor Lasarus en die rykman. Lasarus was ‘n Christen en hy het steeds ‘n moeilike lewe hier op aarde gehad. Jesus is gekruisig, Johannes die Doper is onthoof, Stéfanus is gestenig en die dissipel Jakobus (broer van Johannes) is met ‘n swaard omgebring. Jesus het Sy volgelinge uitgestuur soos skape tussen wolwe. As jy rykdom of ‘n gemaklike lewe soek sal jy dit dalk nooit kry nie. Wanneer ons Jesus soek sal ons Hom vind en Hy sal al die ander dinge voorsien.
DISCIPLE OR APOSTLE?
DISSIPELS OF APOSTELS?
Jesus het dissipels geroep en hulle geleer sodat hulle later apostels kon word - Matthéüs 4:12 - Matthéüs 5.
“EN toe Hy die skare sien, het Hy op die berg geklim; en nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom gekom; en Hy het sy mond geopen en hulle geleer en gesê:”
MATTHÉÜS 5:1-2 AFR53
Dissipel - Strong’s G3101 - student, volgeling, toegewyde leerder en volgeling, in die Nuwe Testament gewoonlik van Jesus
Apostels - Strong’s G652 - verteenwoordiger, boodskapper, gesant, kerkplanters, gestuurdes
WYSE MANNE/WISE MEN
WYSE MANNE
Ek dink altyd aan die wyse manne as raadgewers en sterrekykers. Kom ons kyk wat sê die Bybel.
Wyse manne: Ou Testament Strong’s H2450 - vol wysheid, “skilled” - die vermoë om take suksesvol te verrig, “sage” - iemand wat profesië kon verstaan, kon ander onderrig
Strong’s Nuwe Testament G3097 - “Magi” - towenaar
Nave’s Topical Bible Reference System: Astroloë/sterrewiggelaars uit die Ooste
Die farao’s het wyse manne en towenaars geraadpleeg. Josef, Moses en Aäron kon met God se hulp meer doen as wat die wyse manne en towenaars kon doen. Josef was tweede in bevel in Egipte en was welvarend en invloedryk.