I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
2024
2024
Ek glo 2024 is die jaar van aanbidding en soeke na meer intimiteit. Daar is nie tyd oor vir oppervlakkige Christenskap nie. Uit ‘n posisie van oorgee (surrender) en intimiteit sal ons outoriteit toeneem.
24 - heiligmaking, priesterskap, intimiteit en omsien na jou tempel
• Veelvoud van 12 wat krag, outoriteit en God se regering simboliseer, en 2 verwys gewoonlik na getuienisse.
• Johannes het 24 ouderlinge om God se troon op 24 trone gesien. Hulle was in wit geklee met goue krone op hulle koppe. Hulle het neergeval en God aanbid en hulle krone voor Hom neergelê. - Openbaring 4:4,10, 5:8,14, 11:16, 19:4.
• 24 000 Leviete moes diens doen in die tempel - 1 Kronieke 23:4.
• Dawid het 24 gesinshoofde aangestel uit die Levitiese priesters (seuns van Aäron) - Sadok uit Eleásar se nageslag (16) en Ahiméleg uit Ítamar se nageslag (8) = 24 - 1 Kronieke 24. Johannes die doper se pa Sagaría was uit 1 van die 24 afdelings - Lukas 1:5.
• 24 uur in ‘n dag
• Psalms 24 sê dat die Erekoning kom en slegs diegene wat heilig is kan in Sy teenwoordigheid kom.
JESUS SE FAMILIE
JESUS SE FAMILIE
Die maagd Maria het deur die Heilige Gees swanger geword. Jesus word beskou as die oudste kind van Josef en Maria. Josef (Matthéüs 1) en Maria (Lukas 3) was al 2 uit die stam van Juda en uit die nageslag van Dawid. Josef is gebore uit die nageslag van Salomo en Maria uit die nageslag van Natan. Natan en Salomo was seuns van Dawid. Josef was ‘n timmerman en hulle moes na Bethlehem gaan om getel te word.
MALEÁGI/ MALACHI
Maleági 1-4
Maleági was ‘n profeet of boodskapper van God. Daar is slegs 1 vers in die Bybel wat sy naam noem.
“GODSPRAAK. Die woord van die Here aan Israel deur die diens van Maleági.”
MALEÁGI 1:1 AFR53
Maleági- Strong’s H4401 - my boodskapper - Hebreeuse Malachi word ook in Engels gebruik. Maleági kom van die stamwoord H4397 wat die woord is wat as engel (malach, meervoud malachim) vertaal word in die Ou Testament. ‘n Boodskapper kan of na ‘n menslike boodskapper (profeet) of na ‘n engel verwys. Sommige beskou Malachi as ‘n afkorting vir “Boodskapper van Yah”.
TITUS
TITUS
“DAARNA, veertien jaar later, het ek (Paulus) weer na Jerusalem opgegaan met Bárnabas, en Titus ook saamgeneem. Maar ek het opgegaan op grond van 'n openbaring en hulle die evangelie voorgelê wat ek onder die heidene verkondig; en afsonderlik aan die wat in aansien was, dat ek nie miskien tevergeefs sou loop of geloop het nie. Maar selfs is Titus, wat by my was, nie gedwing om besny te word nie, alhoewel hy 'n Griek is;”
GALÁSIËRS 2:1-3 AFR53
CHRISTMAS/KERSFEES
CHRISTMAS
Christmas is just around the corner and as Christians we want to do the right thing on this day. A lot of Christians have stopped celebrating this day at some stage. Most people know that Jesus wasn’t born on 25 December. Joseph and Mary went to Bethlehem to be counted. It’s very unlikely that they would travel with a pregnant Mary during the warm dry summer or cold rainy winter. It’s more likely that Jesus was born during autumn (spring here in South Africa). Shepherds and wisemen were outside which is another indication that it wasn’t winter in Israel. A star wouldn’t even be visible during a cloudy winter night. Jesus was crucified during the Jewish Passover and probably born during the autumn harvest festivals. Hanukkah, the Jewish festival of lights, was celebrated the week of 25 December that year and people reckon Jesus was conceived on 25 December. The day of His conception became the day we celebrate His birth. It just places so much emphasis on the fact that life starts at conception and that every baby has the right to live. The Light of the world was conceived during the Festival of Lights.
HANUKKAH/CHANUKAH
HANUKKAH/CHANUKAH/FEES VAN LIGTE/FEES VAN DIE TEMPEL TOEWYDING
Hierdie jaar is die fees van sononder 7-15 Desember 2023.
In 200 v.C. was Antiochus III van Sirië in beheer van die land Israel. Hy het die mense toegelaat om God te aanbid en hulle feeste te vier. Na sy dood het sy seun Antiochus IV Epiphanes regeer. Hy wou hê dat die mense griekse gode moes aanbid en het in 168 v.C. Jerusalem aangeval. Duisende mense is dood en hy het ‘n altaar vir Zeus laat oprig in die tweede tempel. Varke is as offers gebring in God se heilige tempel.
NATUURLIKE VLOEI/ NATURAL FLOW
DAAR IS ‘N NATUURLIKE VLOEI IN GOD SE KONINKRYK
Alles op Aarde het God ontwerp volgens ‘n hemelse model. Dit begin in Génesis en eindig in Openbaring. Daar is ‘n natuurlike vloei in God se koninkryk. Daar is nooit ‘n opgaar mentaliteit nie. Daar was ‘n rivier in Eden wat in 4 takke verdeel het om uit te vloei na ander areas - Génesis 2:10-14. Volgens Eségiël 47 vloei daar water vanuit die tempel. Eségiël het dieper en dieper in die water beweeg wat ‘n aanduiding is dat hy ‘n dieper en meer intieme verhouding met God gehad het.
Skuldgevoelens / Feelings of guilt
God laat jou nie skuldig voel nie.
Die vyand se stem sal jou gedurig laat skuldig voel oor jou sonde en tekortkominge. Die Heilige Gees maak ons bewus van sonde sodat ons vergifnis kan ontvang deur Jesus.
“Want Ek sal nie vir ewig twis en nie vir altyd toornig wees nie, want die gees sou voor my aangesig versmag en die siele wat Ek self gemaak het.”
JESAJA 57:16 AFR53
BROOD VAN DIE LEWE/BREAD OF LIFE
JESUS DIE BROOD VAN DIE LEWE
Johannes 6:22-59
Sommige mense het Jesus net gevolg vir die fisiese kos wat Hy verskaf het. So vreemd soos dit mag klink gebeur dit steeds dat mense na geestelike byeenkomste sal gaan vir die fisiese kos.
“Jesus antwoord hulle en sê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle soek My nie omdat julle tekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword het. Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van die mens julle sal gee; want Hom het God, die Vader, verseël.”
JOHANNES 6:26-27 AFR53