I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
OORSPRONG VAN DIE NASIES/ ORIGIN OF THE NATIONS
Oorsprong van nasies in die Bybel
KITTIËRS EN DODANIETE
Noag het 3 seuns gehad Sem, Gam en Jafet. Jafet het 7 seuns gehad. Sy seun Jawan het 4 seuns gehad. Hulle het verdeeld geraak en elkeen sy eie taal gepraat en by die kus gaan woon, die Kittiërs en Dodaniete het o.a. uit hulle gevorm - Génesis 10:2-5. God het die nasies verdeel en verskillende tale gegee met die bou van die toring van Babel - Génesis 11:7-9.
KANAÄN/CANAAN
GOD HET KANAÄN AAN DIE ISRAELIETE GEGEE
Lees Génesis 9-12.
Ek het altyd gewonder waarom God die land Kanaän aan die Israeliete gegee het. Noag het 3 seuns gehad - Sem, Gam en Jafet. Wanneer hulle uit die ark kom noem die Bybel dat Gam die vader van Kanaän is - Génesis 9:18. Sommige skrywers reken dat Gam egbreuk gepleeg het op die ark en Kanaän die produk daarvan was. Dan plant Noag ‘n wingerd en word dronk. Noag word nie gestraf daarvoor nie, want voor die vloed was daar nie fermentasie nie. Gam word gestraf omdat hy teen sy vader gesondig het. Sy nageslag (Kanaän) word vervloek. Die Kanaäniete word gebore en bestaan uit 11 nasies.
GOD SE WIL/ GOD’S WILL
VERHOED JY DAT GOD SE WIL GESKIED?
Abraham het die belofte ontvang dat sy nageslag so baie soos die sand by die see sal wees.
“dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.”
GÉNESIS 22:17 AFR53
Baie jare later verbrand Nebukadnésar die tempel en vir 70 jaar word die mense weggevoer in ballingskap. Wat het nou geword van God se belofte? Jesaja wys vir ons God se hart en Sy wil vir die mense.
KORES/CYRUS
KORES
Lees Esra 1:1-8, 3:7, 4:3-5, 5:13-17, 6:3,14 en Daniël 1:21, 6:28, 10:1.
Nebukadnésar, die koning van Babel (land van Sínear of land van die Chaldeërs), het Israel verslaan en die tempel verbrand. Die Chaldeërs het al die metaal en die voorwerpe in die tempel weggeneem na hulle land. Later het God aan Kores, die koning van Persië, die mag gegee om Babilon te verslaan. Jeremia het profeteer dat Israel vir 70 jaar lank verstrooi sal wees voordat dit weer herbou sou word - Jeremia 25:11-12, 29:10.
DROOM OOR KITAAR/ GUITAR DREAM
DROOM OOR KITAAR
Ek en ‘n vrou met ‘n kitaar het ‘n oudisie gedoen. Ons word gekies en moet dan ‘n wedloop doen waar ons rondtes moet stap. Die laaste groep voor ons val uit en ons besluit om nog ‘n rondte te stap sodat ons kan wen. Toe ons klaar is word ons gepenaliseer, want die ander vrou het sonder haar kitaar gestap.
‘n Kitaar is simbolies van hoe ons God loof en prys. Ons is almal besig met ons oudisie om Hemel toe te gaan. Wat ons in ons oudisie doen moet ooreenstem met wat in ons hart is. Ons kan nie God loof en prys voor mense en wanneer ons resies lank en moeilik raak ophou nie. Kies versigtig met wie jy stap in die lewe. Kies mense wat jou aanmoedig om God te loof in elke situasie.
DIE LAASTE ADAM
Jesus word die laaste Adam genoem.
“So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het 'n lewende siel geword; die laaste Adam 'n lewendmakende Gees. Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.”
I KORINTHIËRS 15:45-47 AFR53
Die Vader, Seun (Johannes 1:1-3) en Heilige Gees (Génesis 1:2) het Adam en Eva geskape na God se beeld. God het Adam uit die stof geskape en daarna Sy asem in hom geblaas. Robin D. Bullock glo dat God in die stof gaan lê het en ‘n vorm (“mold”) gemaak het van Homself en dit is hoe Hy Adam in Sy beeld gemaak het. Adam (ish) was ‘n stukkie van God en Eva (ishah) was ‘n stukkie van Adam.
GOD DINK NIE MEER AAN JOU SONDES NIE
“Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.”
JESAJA 43:25 AFR53
Isaiah 43:25 TPT
I, yes I, am the One and Only, who completely erases your sins, never to be seen again. I will not remember them again. Freely I do this because of who I am!
Baie jare gelede het ek en ‘n vriendin saam met iemand op ‘n seiljag gaan vaar. Toe daar aan die seile gewerk word het die tou teen my vriendin se sonbril gestamp. Die een oomblik was die sonbril op my vriendin se gesig en die volgende oomblik het die sonbril onder die water verdwyn. Ons het die sonbril nooit weer gesien nie. Dit is wat gebeur wanneer ons vergifnis vra; jou sonde verdwyn asof jy dit nooit gedoen het nie. Jesus het daarvoor betaal en God dink nooit weer daaraan nie. Jy sal in die wêreld miskien steeds die gevolge dra van jou sondes, maar God het jou ten volle vergeef wanneer jy werklik berou het. Omdat Jesus ons vergewe moet ons ook ander mense vergewe.
Moet Christene Israel ondersteun?
Lees Rut 1-4 en Romeine 11.
Daar was ‘n hongersnood in Israel. Eliméleg, sy vrou Naómi en hulle 2 seuns het uit Bethlehem na Maob getrek. Die 2 seuns het met Moabitiese vroue (Rut en Orpa) getrou. Die Moabiete was die nageslag van Lot by sy oudste dogter - Génesis 19: 36-37. Na die dood van Eliméleg en die 2 seuns wou Naómi terugkeer na Israel. Rut het besluit om saam te gaan terwyl Orpa in Moab by haar familie en hul afgode agtergebly het.
GODDELIKE TRANSFORMASIE
Volgens die internet is transformasie ‘n merkbare verandering in vorm, natuur of voorkoms. Goddelike transformasie het niks te doen met chirurgie, die neem van pille, gewigsverlies, geslagsverandering of ‘n fisiese voorkoms verandering nie. Dit is die wêreld se idee van transformasie. Onthou die wêreld kyk na hoe dinge van buite lyk. Die wêreld sien die “verpakking” of “window dressing”. God kyk na jou hart. Daar is nie ‘n kitsoplossing vir goddelike transformasie nie. Dit is ‘n proses en neem gewoonlik langer as wat jy dink.