I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
JY HET ‘N ERFPORSIE ONTVANG
“en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.”
ROMEINE 8:17 AFR53
“En daarom is Hy Middelaar van 'n nuwe testament, sodat, terwyl daar 'n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang.”
HEBREËRS 9:15 AFR53
DROOM OOR KATTE
Ek het gedroom dat ons na ‘n nuwe huis trek en dat ons katte nie daar wou bly nie. Die katte het op die straat gaan woon. Hulle sou brandmaer en verskrik na ons huis kom om ‘n bietjie te eet. Sodra ons die katte sien het ons dadelik kos uitgehaal en vir hulle probeer voer. ‘n Vet en versorgde kat met ‘n blink pels van oorkant die straat, het ook na ons huis gekom om te kom eet.
‘n Generasie seën
God het ‘n belofte aan Abraham gemaak dat sy nageslag baie groot sal wees. Abraham word beskou as die vader van die nasies en deur hom word almal geseën.
“EN die Here het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. En Ek sal jou 'n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy 'n seën sal wees. En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.”
GÉNESIS 12:1-3 AFR53
Die Weg
Die Ou Testament leer vir ons dat daar ‘n regte en verkeerde weg is, waarop ons kan loop, Die mense het altyd ‘n keuse gehad op watter weg hulle wou loop. ‘n Menigte konings was dwaas en het die verkeerde weg gekies.
“En hy (Ammon) het die Here, die God van sy vaders, verlaat en nie in die weg van die Here gewandel nie.”
II KONINGS 21:22 AFR53
“Ja, ook as die dwaas op die weg wandel, ontbreek sy verstand; en hy sê aan elkeen dat hy 'n dwaas is.”
PREDIKER 10:3 AFR53
Jy het die Heilige Gees om jou te help.
Dikwels lyk dit of Christene net so verlore soos die wêreld is. Dit is asof Christene vergeet hulle het God se Gees binne hulle.
Jesaja het profeteer dat dinge sal verander wanneer “die Gees uit die hoogte” kom. Die Heilige Gees kan jou help om jou verlore situasie in ‘n suksesvolle situasie te verander.
“Want die paleis is verlate, die stadsgewoel is in eensaamheid verander; die Heuwel en die Wagtoring dien as spelonke vir ewig, 'n vreugde vir die wilde-esels, 'n weiveld vir die troppe vee — totdat oor ons uitgegiet word die Gees uit die hoogte; dan word die woestyn 'n vrugteboord, en die vrugteboord self word vir 'n bos gereken.”
JESAJA 32:14-15 AFR53
Maak intimiteit met jou “Eerste Liefde” jou prioriteit.
“WEE hulle wat na Egipte aftrek om hulp en hulle verlaat op perde, en wat vertrou op strydwaens, omdat daar baie is, en op ruiters, omdat hulle baie talryk is, maar hulle sien nie op die Heilige van Israel en hulle soek nie die Here nie.
Nogtans is Hy ook wys, en Hy laat die onheil kom en trek sy woorde nie terug nie: Hy sal opstaan teen die huis van die kwaaddoeners en teen die helpers van die wat ongeregtigheid werk.
Ja, die Egiptenaars is mense en nie God nie, en hulle perde is vlees en nie gees nie; as die Here sy hand uitstrek, dan struikel die helper, en wie gehelp is, val; en saam gaan hulle almal te gronde.”
JESAJA 31:1-3 AFR53
Die siek man by Betésda
Johannes 5:1-15
Ons het die laaste 2 dae die “Spirit School” van Dr. Kevin Zadai bygewoon. Hy het genoem dat die siek man by Betésda gewag het vir God om te beweeg. God het ‘n engel gestuur om die water te beweeg en iemand sou gesond word. Mense in die Ou Testament het gewoonlik gewag dat God beweeg. Skielik was Jesus op die toneel en dinge was anders. Jesus het vir die man gevra of hy gesond wil wees en daarna vir hom opdrag gegee om te loop. Jesus het die outoriteit wat Adam en Eva verloor het aan die mensdom teruggegee. Dikwels wag die kerk vir God om te beweeg. Almal wag vir die kamele of God se heerlikheid om te kom. Jesus het vir ons gewys dat die mens outoriteit het om dinge te laat gebeur. Jy kan self ‘n woord van God ontvang. Jy het dieselfde Heilige Gees ontvang as wat Jesus ontvang het. Neem jy outoriteit oor jou situasie of wag jy op God of ‘n ander Christen om jou situasie te verander?
Maak jou skuilplek by Jesus
Die Israeliete in Gosen het God se beskerming gehad tydens die 10 plae. Die Egiptenare was sonder beskerming - Exodus 7-11.
Psalms 91 verseker ons dat wanneer ons by God skuil sal Hy ons beskerm. Mense sal jou teleurstel, maar God sal jou veilig hou.
“HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.”
“Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is 'n skild en pantser.
Want U, Here, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.”
PSALMS 91:1,4, 9 AFR53
GASA (GAZA)
Ons almal het ons opinie oor die oorlog in Israel. Dit is belangrik om te weet wat God sê oor Gasa. Ek het elke vers oor Gasa opgesoek en dit is duidelik dat daar altyd ‘n stryd was oor die besetting van Gasa. Ons weet dat die geestelike geveg nog groter is as die fisiese oorlog.
Gasa is aan die suidwestelike grens van Israel en oos van die Mediterreense See. Die noorde van Egipte grens aan Gasa. Gasa is deur Egipte beheer tot met die “Ses Dag Oorlog” in 1967 wanneer Israel beheer daaroor geneem het. In 2005 het Israel geheel en al beheer van die area oorhandig aan Palestinië. Met ‘n verkiesing in 2006 het Hamas gewen en die terroriste groep het sedertien geen verkiesings in Gasa toegelaat nie. Daar woon ongeveer 2,3 miljoen mense in Gasa. Die “gewone mense” in Gasa is baie arm en kry swaar onder Hamas. Daar is gereeld konflik tussen Israel en die Gasa - Strook.