I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
Sebna en Éljakim
Jesaja 22:15-25, 36-37
2 Konings 18-19
2 Kronieke 32
Hiskía (Hezekiah) was koning van Juda en Sánherib was koning van Assirië. Hiskía was ‘n goeie koning en het op God vertrou. Hy het egter sonde gedoen en daarom het Assirië van die stede van Juda verower. Die Assiriërs wou ook Jersualem beleër. Sebna was verantwoordelik om na die paleis om te sien en moontlik die koning se tesourier. Hiskía het Éljakim, Sebna en Joa uitgestuur om die afgevaardiges van Assirië te ontmoet. Hulle het teruggekom met ‘n baie negatiewe verslag. Assirië wou hê dat Juda op hulle vertrou en nie op God nie. Juda kon ook nie op hulp van Egipte vertrou nie, want hulle was swak soos ‘n riet. Hiskía het die profeet Jesaja genader vir raad. God het ‘n engel gestuur om Assirië te verslaan en Sánherib se 2 seuns het hom vermoor.
MOABIETE
“So het dan die twee dogters van Lot by hulle vader bevrug geword, en die oudste het 'n seun gebaar en hom Moab genoem. Hy is die vader van die hedendaagse Moabiete. En die jongste het ook 'n seun gebaar en hom Ben-Ammi genoem. Hy is die vader van die hedendaagse Ammoniete.”
GÉNESIS 19:36-38 AFR53
Die Moabiete was Lot se nageslag. Die Moabiete het in vandag se Jordanië, oos van die Dooie See gewoon. Moab was deel van Kanaän - Exodus 15:15. Die vlaktes van Moab was naby Jérigo en die Jordaanrivier. God het opdrag gegee dat Israel nie Moab as ‘n vyand moes beskou nie.
MEULSTEEN
Twee groot swaar sirkelvormige klippe is bo-op mekaar geplaas om ‘n meulsteen te vorm. Die onderste klip was swaarder en kon nie beweeg nie. Die koring is daarop geplaas terwyl die boonste klip daaroor moes beweeg om die koring te maal.
Rigters 9:53, 2 Samuel 11:21
Die sondige koning Abiméleg is ernstig beseer toe ‘n vrou ‘n boonste meulsteen na sy kop gegooi het.
Job 41:15
Leviátan, die see monster, se hart was so hard soos die onderste meulsteen.
Loofhuttefees
Loofhuttefees/ Huttefees/Sukkot:
Vrydag 29 September tot 6 Oktober 2023 (die fees begin en eindig met die sonsondergang).
Op die vyftiende van die sewende maand moes die fees gehou word. Die mense moes vrolik feesvier met palmtakke, wilgertakke en vrugte. Vir 7 dae moes hulle in hutte woon om hulle te herinner hoe God hulle uit Egipte gelei het. Die fees is gedeeltelik vervul. Vandag nog sal jy sien hoe die mense in Israel hulle stoepe met blomme en takke versier gedurende die fees. Jesus was die rots wat saam met die Israeliete getrek het en was daar in die Ou Testament by die Israeliete - 1 Korinthiërs 10:4. Terwyl die tempel in Jerusalem was moes die Jode jaarliks vir 3 feeste in Jerusalem bymekaar kom. Die huttefees was een van die feeste wat in Jerusalem gevier is. Jesus het die huttefees gevier - Johannes 7:2, 8-11, 14, 37.
Volgens Sagaría sal die huttefees gevier word in Jerusalem wanneer Jesus koning is. Ek vermoed dit verwys na die 1000 jaar Messiaanse tydperk (6000-7000). Dan sal ons almal saam met Jesus woon soos Hy tussen die Israeliete gebly het met die trek uit Egipte. Ek glo die fees sal dan ten volle vervul word.
DROOM OOR ‘N VROU
Ek het gedroom dat ek by ‘n pragtige, groot huis is. Alles was mooi, selfs die vrou wat daar woon was mooi en sy was vreeslik gaaf. Almal het van haar gehou. Na ‘n rukkie het ek besef sy is getroud en haar man was ongelukkig nie baie vriendelik nie. Die vrou het ‘n skelm verhouding gehad met ‘n ander man en al haar werkers het dit weggesteek van haar man. Toe ek wou huis toe gaan het ek my klein motortjie styf teen ‘n muur geparkeer gevind. Daar was nie spasie vir die deur aan die passasierskant (linkerkant) om oop te maak nie. ‘n Man het my sleutels op die grond gegooi en ek het vinnig weggery. Soos ek wegry het ‘n groot vragmotor wat van die linkerkant kom my amper getref. Ek moes behoorlik trap om verby die vragmotor te kom.
JESAJA 10
Wanneer ek Jesaja 10 lees lyk dit asof ek die gebeure die laaste paar jaar reg voor my oë sien gebeur het. Ek wil jou aanmoedig om Jesaja 10 te lees en kyk of jy dit ook raaksien. Salomo sê dat “niks nuut is onder die son nie” en ek glo sekere goed gebeur oor en oor.
Ons lees van mense in magsposisies en rykmense wat armer mense onderdruk. Hulle maak wette en reëls wat die weduwees en wese benadeel. Jesus het die Fariseërs om dieselfde rede tereggewys - Matthéüs 23 en Markus 12. Diegene wat ander onderdruk se geld gaan hulle nie red wanneer hulle voor God staan nie. (Geld is nie sleg nie, maak net altyd seker dat geld nie jou baas is nie. Onthou al die silwer en goud behoort aan God -Haggai 2:8 - en Christene moet geld hoofsaaklik vir koninkryk doeleindes gebruik.)
BOEK VAN DIE LEWE
God het ‘n plan vir elke mens se lewe. Die plan is opgeskryf in “Die Boek Van Die Lewe” lank voor jou geboorte.
JEREMIA
“Die woord van die Here het dan tot my gekom en gesê: Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot 'n profeet vir die nasies gemaak.”
JEREMIA 1:4-5 AFR53
DIE TEKEN
Lees Jesaja 7-9:6.
Jesaja het meer as 700 jaar voor Christus reeds profeteer dat Jesus/Immánuel sal kom. Jesus, die Seun van God, sou ‘n teken wees. Jesaja verwys gedurig na Immánuel - “God by/met ons” - Jesaja 8:8, 10, 14-16, 23, 9:5-6.
“Hier is ek en die kinders wat die Here my gegee het — tot tekens en sinnebeelde is ons in Israel, vanweë die Here van die leërskare wat op die berg Sion woon.”
JESAJA 8:18 AFR53
Yom Kippur/Versoendag
Versoendag/ Yom Kippur/ “Day of Atonement”
“Maar op die tiende van hierdie sewende maand is dit die versoendag. 'n Heilige vierdag moet dit vir julle wees; dan moet julle jul verootmoedig en aan die Here 'n vuuroffer bring. En op daardie selfde dag mag julle géén werk doen nie, want dit is 'n versoendag om vir julle versoening te doen voor die aangesig van die Here julle God.”
LEVÍTIKUS 23:27-28 AFR53