I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
Jesaja 7
Die hoofstuk begin waar Peka die koning van Israel/Efraim se noordelike 10 stamme en Resin die koning van Aram/Sirië saam wil werk om Juda (2 suidelike stamme) te verslaan. Agas, kleinseun van Ussía, was op hierdie stadium koning van Juda. Toe Juda die slegte nuus hoor was hulle angsbevange. God het Jesaja en sy seun Sjear Ja-sjub (“the remnant will return” - die oorblyfsel sal terugkeer) gestuur om koning Agas te ontmoet.
Jesaja verwys dikwels na ‘n klein oorblyfsel van die volk wat sal terugkeer na Israel - Jesaja 1:9, 6:13, 7:3,22.
WAAROP LEUN JY?
Lees Jesaja 3-4
“WANT kyk, die Here Here van die leërskare sal uit Jerusalem en uit Juda wegneem die stut en die steun, elke stut van brood en elke stut van water,”
JESAJA 3:1 AFR53
As alles wat jou sekuriteit gee verdwyn sal jy weet waarop jy regtig leun.
Jesaja het profeteer dat mense iemand met ‘n mantel (profeet/leier) sal soek, maar niemand sal geskik wees nie.
“As 'n man sy broer aangryp in die huis van sy vader en sê: Jy het 'n kleed (mantel), jy moet owerste oor ons wees, en laat hierdie ingestorte puinhoop onder jou toesig wees — dan sal hy in dié dag uitroep en sê: Ek kan geen geneesheer wees nie, en in my huis is geen brood en geen kleed (mantel) nie; maak my nie 'n owerste van die volke nie.”
JESAJA 3:6-7 AFR53
Intimiteit is die sleutel
Ek het ‘n droom gehad waar ek en my man eksamen moes skryf. Ons het al 2 besef dat ons nie deur die moeilike vrae gewerk het voor ons eksamen geskryf het nie. Ons was dus nie goed voorbereid vir die eksamen nie, maar kon steeds die eksamen aflê. Ek glo nie ons kan voorberei vir wat voorlê in ons toekoms nie. Daar gaan moeilike tye wees, maar intimiteit met Jesus sal ons daardeur dra. Jesus het ons nie alleen gelos nie. Heilige Gees is gestuur om ons te help.
Rosh Hashanah
Joodse Nuwejaar/ Rosh Hashanah/ Fees van trompette/Yom Teruah - day of shouting or blasting
“Spreek met die kinders van Israel en sê: In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle 'n rusdag wees, 'n gedenkdag deur basuingeklank, 'n heilige vierdag.”
LEVÍTIKUS 23:24 AFR53
Hierdie fees word op die eerste dag van die sewende maand gehou en word met ‘n basuinklank aangekondig. Dit mag vir jou vreemd klink dat die sewende maand die “Nuwejaar” is. Volgens die godsdienstige kalender is dit die sewende maand, maar volgens die siviële kalender is dit die eerste maand. Die Jode glo dit is die dag waarop alles begin het en Adam en Eva geskape is. Toe Israel uit Egipte trek het God die kalender verander en ‘n nuwe eerste maand aangekondig met die eerste Pasga. Maart/April/ Nisan word dus die eerste maand en September/Oktober/Tishrei die sewende maand - Exodus 12. Hulle werk op ‘n maan kalender en die fees strek oor 2 dae. Die fees begin dus met sononder Vrydagaand 15 September tot Sondagaand 17 September 2023.
JAKOB(US)
Ya’akov/Jakob/Jakobus/James: H3290, G2384/5 - volgeling, plaasvervanger, gryp die hakskeen.
Die naam word ook assosieer met ‘n bedrieër of ‘n misleier.
JAKOB
Génesis 25:19 -34, 27-35.
Jakob in die Ou Testament was die seun van Isak en Rebekka en die kleinseun van Abraham en Sara. Rebekka het geboorte geskenk aan ‘n tweeling. Esau is eerste gebore en daarna Jakob, wat aan sy broer se hakskeen vasgehou het. Esau het sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop vir lensiesop. Jakob het later sy pa bedrieg om die seëning van die eersgeborene te ontvang. Jakob moes vlug, maar God was met hom. Jakob word later Israel genoem en word die vader van die 12 stamme van Israel.
Geestelike Geduld
Baie Christene wag op ‘n deurbraak. Jy was gehoorsaam wanneer die Heilige Gees vir jou instruksie gegee het, maar jy sien nog nie dat jou situasie drasties verander het nie. Ek het gisteraand ‘n droom gehad waar ‘n swanger vrou in die bestuurder sitplek van ‘n motor klim en haar swangerskap wou aanhelp. In die proses het sy die baba verloor. Ek glo God wou ons waarsku om nie ongeduldig te raak in ons “wag-seisoen” nie. Moenie ongeduldig raak en in die proses jou missie “aborteer” nie.
JESUS PROFETEER OOR PETRUS
Die Bybel gebruik nie die woord profeteer nie, maar Jesus spreek oor Petrus. Die Heilige Gees het die Vader se hart gedeel met Jesus en dit is tog wat profesie is.
Voor Jesus gekruisig is:
“EN die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk. En hy het vir Hom gesê: Here, ek is gereed om saam met U selfs in die gevangenis en in die dood te gaan. Maar Hy antwoord: Ek sê vir jou, Petrus, die haan sal vannag nie kraai voordat jy drie maal geloën het dat jy My ken nie.”
LUKAS 22:31-34 AFR53
VERSOEKING
Satan sal enige taktiek gebruik om jou in die versoeking te bring. Hy plaas gedagtes en begeertes in jou kop. Jy moet dit teenstaan en verwerp en kies om aan goeie en heilige dinge te dink. Die vyand stuur dikwels mense op ons pad wat ons irriteer sodat ons versoek word.
“Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu en soek wie hy kan verslind. Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.”
I PETRUS 5:8-9 AFR53
Die laaste 2 plae wys ons na Jesus
Die negende plaag was duisternis. Die Egiptenare kon vir 3 dae lank absoluut niks sien nie. Dit is simbolies van Jesus wat 3 dae lank in die graf was. Die Israeliete in Gosen (Strong’s H1567 - trek nader - m.a.w. beweeg nader aan God) het lig gehad.
“Die een het die ander nie gesien nie, en niemand het van sy plek opgestaan nie, drie dae lank. Maar al die kinders van Israel het lig in hulle woonplekke gehad.”
EXODUS 10:23 AFR53