I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
PSALMS 27
Dawid verseker ons in hierdie Psalm dat ons nooit alleen of bang hoef te voel wanneer ons Jesus volg nie.
“'n PSALM van Dawid. Die Here is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die Here is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?”
PSALMS 27:1 AFR53
Satan loop rond en soek maniere om ons lewens moeilik te maak. Ongelukkig gebruik hy mense om hierdie dinge te doen. “Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen owerstes van die donkerte” - Efésiërs 6. Dawid sê dat die mense wat hom skade wil aandoen self struikel. Dawid moes gedurig oorlog voer om God se kinders te red. Vandag voer ons ‘n geestelike oorlog om God se kinders te red. Ons wil nie hê slegte goed moet met ander mense gebeur nie, maar ons kan bid vir chaos in die vyand se kamp sodat satan se slegte planne nie uitgevoer kan word nie. Ons kan ook bid dat hierdie mense tot bekering kom.
PSALMS 37
Opskrif van die Psalm: “Geluk van die goddelose is maar skyn.”
“'n PSALM van Dawid. Alef. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie; want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog.”
PSALMS 37:1-2 AFR53
Hierdie Psalm herinner ons daaraan dat God sien hoe die goddelose hulle geld verdien. Hy sê ons moenie ontsteld raak oor hulle nie, want die goddelose sal verdwyn. In ons land sien ons daagliks hoe die goddelose floreer en wegkom met hul gruwelike sondes. Ons het verlede naweek “Sound of Freedom” gekyk en dit ontstel mens geweldig om te sien hoe mense handeldryf met kinders. Mensehandel is die vinnigste groeiende misdaad in die wêreld. Die Bybel sê ons moenie kwaad of ontsteld raak nie. Wat moet ons dan doen?
Die intog van Jesus in Jerusalem
Matthéüs 21:1-11
Lukas 19:29-44
Johannes 12:12-19
Jesus het 2 dissipels gestuur om ‘n jong eselvul te gaan haal in Bétfage (Huis van stalle) naby die Olyfberg. Niemand het al voorheen op die eselvul gery nie. Jesus was nederig en het nie op ‘n perd gery soos ander konings nie. Jesus het gekom om vrede tussen God en die mensdom te bewerkstellig. Sagaría se profesie is daardie dag vervul.
“VERHEUG jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en 'n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op 'n esel — op 'n jong esel, die vul van 'n eselin.”
SAGARÍA 9:9 AFR53
Jesus, ons ewige Koning
Met Jesus se geboorte in Bethlehem het wyse manne die ster in die Ooste gesien. Hulle het na Bethlehem gegaan om die Koning van die Jode te ontmoet en geskenke te bring - Matthéüs 2:1-12.
In Lukas 19:11-28 lees ons hoe Jesus Sy verhaal as ‘n gelykenis vertel.
“Hy het dan gesê: 'n Man van hoë geboorte het na 'n ver land gereis om vir homself 'n koningskap te ontvang en dan terug te kom. En nadat hy tien van sy diensknegte geroep het, gee hy hulle tien ponde en sê vir hulle: Dryf handel daarmee totdat ek kom. Maar sy medeburgers het hom gehaat en 'n gesantskap agter hom aan gestuur om te sê: Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie.”
LUKAS 19:12-14 AFR53
Wanneer jy jou in ‘n obstruksie vasloop kyk boontoe en vorentoe
Lukas 5:17-26
Lukas 19:1-10
Ons lees van 2 gevalle waar daar ‘n groot skare was en mense ‘n plan moes beraam om by Jesus uit te kom. Die groot skare was ‘n obstruksie. Dit was waarskynlik ook magte en owerstes van die duisternis wat wou verhoed dat die verlamde man en Saggúës by Jesus uitkom.
Die vriende van die verlamde man het opgekyk en besluit om die man deur die dak te laat sak tot by Jesus. Jesus het hom dadelik genees.
Saggúës was kort en moes ‘n plan maak om Jesus te sien. Hy het vooruit gehardloop en in ‘n boom geklim sodat hy Jesus kon sien. Jesus het Homself uitgenooi om by Saggúës te gaan bly en Saggúës het tot bekering gekom.
Vrugbare lewens
2 Petrus 1
Ons het reeds alles ontvang wat ons benodig om ‘n vrugbare lewe te hê.
“IMMERS, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug,
waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.”
II PETRUS 1:3-4 AFR53
Baie dinge kan verander in ‘n dag
As jongman het Dawid naby God geleef. Dawid was die kleinste van Ísai se 8 seuns. Volgens die wêreld se standaarde was daar niks besonders aan Dawid nie. Hy was wel mooi van voorkoms met rooi hare. Dawid moes skape oppas en hy was die een wat kos vir sy broers moes neem.
“So het Ísai dan sy sewe seuns voor Samuel laat verbygaan, maar Samuel het aan Ísai gesê: Die Here het hulle nie uitgekies nie. Verder het Samuel aan Ísai gevra: Is dit al die seuns? En hy sê: Die kleinste is nog oor, en kyk, hy pas skape op. Toe sê Samuel aan Ísai: Stuur en laat hom haal, want ons mag nie om die tafel gaan sit voordat hy hier kom nie.”
I SAMUEL 16:10-11 AFR53
MORÍA
Moría: Strong’s H4179 - H3050 (Yah - God)+ H7200 (gesien) - Gesien of gekies deur God.
Daar is net 2 verwysings na Moría in die Bybel. Moría is die berg waar Abraham vir Isak moes offer. Moría is ook die plek waar Salomo die eerste tempel opgerig het. Moría is dus die berg waar God voorsien en by Sy mense woon.
“NÁ hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!
Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moría en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys.”
GÉNESIS 22:1-2 AFR53
DAN
Dan - Strong’s H1835 - regter
“En Bilha het swanger geword en vir Jakob 'n seun gebaar. Toe sê Ragel: God het aan my reg verskaf en my ook verhoor en my 'n seun gegee. Daarom het sy hom Dan genoem.”
GÉNESIS 30:5-6 AFR53
Dan was 1 van die 12 seuns van Jakob en 1 van die stamme van Israel.
Daar was ook ‘n stad met dieselfde naam. Dan was geleë op die noordelike grens van Israel (1 Konings 4:25) naby die berg Hermon en langs ‘n sytak van die Jordaanrivier. Openbaring 7 noem die name van die getroue stamme, maar maak egter geen melding van Dan se stam nie. Ons kan dus aanneem dat die stam van Dan ontrou aan God was. Dan was die tweede grootste stam.