I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
Josef was ‘n skaduwee van Jesus
Jakob was baie lief vir Josef. Josef se broers het hom egter gehaat. Toe Josef sy 2 drome met sy familie deel was almal baie ontsteld. Hulle het gedink Josef is arrogant en was vol ongeloof dat hulle ooit voor Josef sou neerbuig - Génesis 37.
“Want ook sy broers het nie in Hom geglo nie.”
JOHANNES 7:5 AFR53
Jesus se broers het aanvanklik nie gedink dat Hy die Messias was nie. Maria en Jesus se half-broers en half-susters het nie vir Jesus gevolg nie - Lukas 8:1-3, 19-21. Die dissipels en ander mans en vroue het wel vir Jesus gevolg.
Dieselfde Heilige Gees
Waar Jesus ook al gegaan het was daar krag vir genesing.
“EN op een van dié dae was Hy besig om te leer; en Fariseërs en wetgeleerdes wat gekom het uit elke dorp van Galiléa en Judéa en uit Jerusalem, het daar gesit, en daar was krag van die Here om hulle te genees.”
LUKAS 5:17 AFR53
“En die hele skare het probeer om Hom aan te raak, omdat krag van Hom uitgegaan het, en Hy het almal gesond gemaak.”
LUKAS 6:19 AFR53
Alles wat goed is kom van God
“Elke goeie geskenk en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.”
JAKOBUS 1:17 AFR53
Daar is ‘n neiging onder Christene om ander Christene aan te val oor hul musiek, geloof en gebruike. Wanneer mense bo-natuurlik genees word, word dit bevraagteken. Die musiek word gekritiseer omdat dit te vrolik of hard is. Musiek, genesing, dans, engele en alle goeie dinge kom van God.
Genesing
Lukas 5:17-26
Jesus was besig om die mense te leer toe daar Fariseërs en skrifgeleerdes opdaag. ‘n Groep mans het ‘n verlamde man gebring, maar kon nie deur die skare tot by Jesus kom nie. Hulle klim toe op die dak en laat sak die man tot by Jesus. Die skrifgeleerdes en Fariseërs was baie ontsteld toe Jesus vir die man sê dat sy sondes vergewe is. Jesus het die mans se geloof gesien en die verlamde is genees. Baie mense het daardie dag God verheerlik.
Kapérnaüm
Nadat Jesus uit Násaret verdryf is het Hy na Kapérnaüm gegaan. Kapérnaüm was ‘n florerende stad wes van die See van Galiléa, naby die plek waar die Jordaanrivier by die meer invloei.
Kapérnaüm : Strong’s G2584 - dorp van Nahum of dorp van vertroosting.
Nahum: Strong’s H5151 - vertroosting. Nahum was ‘n profeet wat die Bybelboek Nahum geskryf het. Dit bestaan uit 3 hoofstukke. Die eerste hoofstuk bring vertroosting en die volgende 2 hoofstukke waarsku Ninevé dat hulle tot ‘n val sal kom a.g.v. hul menigte sondes.
‘n Dieper verhouding met Jesus
Lukas 5:1-11
Jesus het die skare geleer terwyl Hy op Petrus se skip was. Hulle was net ‘n klein entjie vanaf die land. Toe Jesus klaar gepraat het, het Hy gevra dat Petrus dieper gaan en die nette uitgooi. Al het hulle die hele nag niks vis gevang nie was Petrus gehoorsaam. Hierdie keer was die hele boot vol vis en hulle kon hul vriende nader roep om nog ‘n boot met vis op te vul. Petrus was oorkom deur God se goedheid en het voor Jesus neergeval. Johannes en Jakobus het dieselfde gedoen.
JESUS VERANDER WATER IN WYN
Johannes 2:1-12
Op die derde dag was daar ‘n bruilof by Kana in Galiléa. Maria, Jesus en Sy dissipels was by die bruilof. Maria het vir Jesus gesê dat die wyn opgeraak het en Jesus moes ‘n plan maak. Jesus het gevra dat hulle 6 klipkanne vol water maak. Hierdie 6 klipkanne is gewoonlike vir Joodse reinigings seremonies gebruik. Toe die gaste die wyn drink was dit beter as die wyn wat hul aan die begin van die seremonie gekry het. Hulle was verbaas dat die beste wyn vir laaste gehou is.
Die Kidron Vallei
Markus 14
Op die eeste dag van die Fees van Ongesuurde Brode het Jesus Sy laaste Pasga maal geëet. Hy en net Sy 12 dissipels was saam in ‘n bo-vertrek in Jerusalem. Dit is hier waar Judas Iskariot sy hand saam met Jesus se hand in die skottel geplaas het. Na die maaltyd het Jesus en die dissipels deur die Kidron Vallei gestap na Getsémané.
“NADAT Jesus dit gesê het, het Hy met sy dissipels oor die spruit Kedron gegaan waar daar 'n tuin was, waarin Hy self gegaan het en sy dissipels.”
JOHANNES 18:1 AFR53
Man en vrou
“En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip. Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en — dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.”
GÉNESIS 1:27-28, 31 AFR53