I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
GOD SE WOORD BRING GENESING
“Loof die Here, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord!”
PSALMS 103:20 AFR53
“maar sy behae is in die wet van die Here, en hy oordink sy wet dag en nag. En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.”
MOENIE VERHINDER DAT DAAR IN TALE GESPREEK WORD NIE
Die Woord sê ons moenie onkundig wees oor die geestelike gawes nie. Om in allerhande tale te spreek en die uitleg daarvan is gawes van die Heilige Gees. Op ons eie kan ons soveel in tale spreek as wat ons kan en wil. Tussen ander mense moet daar ‘n uitleg wees wanneer iemand hardop in tale spreek. Christene behoort in die Gees en met die verstand te bid.
“EN wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie.
GOD HET ONS UNIEK GEMAAK
Paulus moedig mense aan om nie te trou nie, want dan kan hulle al hul aandag op Jesus plaas. Hy wens dat alle mense soos hy was, maar weet ook dat God verskillende genadegawes aan mense gegee het. Ons is almal uniek. Almal het gewoonlik een of meer gawes wat natuurlik kom. Sommige mense is goeie leiers, terwyl ander maklik vriende maak, ander sien die toekoms en ander (soos Paulus) kan ongetroud bly. Voor jy mense kritiseer leer eers meer oor die geestelike gawes en genadegawes.
DIENAARS VAN GOD
Paulus en die ander apostels was dienaars (“servants”) van God. Die geheime van God is aan hulle toevertrou. Dienaars moet getrou wees aan God en bekommer hulle nie oor wat ander mense dink en sê oor hulle nie.
Slegs die Here beoordeel die dienaars van God. Dienaars moenie slawe van mense word nie. As dienaars van God moet ons nie twis nie en ander sagmoedig teregwys. Dienaars moenie probeer om “cool” te wees en guns by mense te vind nie. Paulus se lewe was hard en moeilik en baie anders as die “yuppie” kultuur van “skinny jeans” en “smoke machines” wat ons nou in die kerk vind. Watter tipe dienaar is jy?
BID OPREGTE GEBEDE
Die Bybel gee baie instruksies oor gebed.
- Moenie bid sodat mense jou raaksien nie.
- Daar is privaat binnekamer gebed, gebede vir ‘n spesifieke doel in die openbaar bv. lê hande op ‘n siek persoon en dan is daar stap met die Vader waar jy net gesels, soos Adam en Eva in die koel aanwindjie.
- Bid tot die Vader, in Jesus se naam.
- Gebruik min woorde.
- Fokus op die Vader en nie op jouself nie.
- Gee eer aan die Vader.
- Die Vader se wil moet geskied.
- Die VURIGE gebed het groot krag.
- Selfsug en ‘n begeerte om in beheer te wees kan maak dat jy verkeerd bid.
- Ons kan bid vid om wysheid.
- Jy moet geloof hê wanneer jy bid.
- Wanneer ons saam bid sal ons ontvang wat ons vra.
- Eenheid in gebed is belangrik.
- Jesus en die Heilige Gees tree in vir ons.
- Bid sonder ophou.
SLANGE IN DIE BYBEL
Van die begin af was die slang ‘n probleem vir die mensdom. In Afrikaans gebruik ons meestal net die woord slang. Die Bybel gebruik verskillende Hebreeuse en Griekse woorde vir die slang.
NACHASH
Die meeste verse in die Ou Testament gebruik die woord “nachash” vir die slang.
STRONG’S H5175 - slang, “serpent”, mitologiese wese van chaos wat teen God was.
TPT (THE PASSION TRANSLATION -voetnota Génesis 3:1) verduidelik dat die Hebreeuse “nachash” op 3 maniere gebruik kan word.
JOU SKULD IS TEN VOLLE BETAAL
Baie jare gelede het ek ‘n motoris ‘n kans gegee om voor my deur die tolhek te ry. Toe dit my beurt was om te betaal moes ek hoor die motoris voor my het reeds my tolgeld betaal. Dit is iets wat ek nooit sal vergeet nie.
Stel jou voor iemand kom en betaal jou skuld (huis, motor of kredietkaart), en dan almal se skuld in jou straat, en dan almal se skuld in jou stad en dan almal se skuld in die wêreld. Niemand gaan “nee dankie” sê nie.
IS JY ‘N JONA?
Jona: Strong’s H3124 - duif
Duif: ‘n Simbool van hoop en vrede (Génesis 8:8-12), Heilige Gees (Matthéüs 3:16) en opregteid of onskuld (Matthéüs 10:16).
God het vir Jona gestuur, maar hy was ongehoorsaam. Jona het weggehardloop van God en sy roeping. Jona se naam het ‘n positiewe betekenis; hy kon nie eers die skuld vir sy ongehoorsaamheid op sy ouers pak nie. Jona se ongehoorsaamheid sou duisende na die verderf laat gaan. Sy ongehoorsaamheid het ‘n deur geopen vir moeilikheid. Doen jy dieselfde?
Abraham, die vader van ‘n menigte van nasies
Lees Génesis 24.
“Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou 'n vader van 'n menigte van nasies.”
GÉNESIS 17:5 AFR53
Dikwels vind ons skaduwees in die Ou Testament van dit wat later gebeur in die Nuwe Testament. Ons hemelse Vader het Abraham uitgekies om ons aardse vader te wees. Abraham (Strong’s H 85) beteken “vader van ‘n menigte”. Abraham is ‘n skaduwee van ons Hemelse Vader. Abraham moes daarom ook bereid wees om sy seun Isak as ‘n offer te bring - Génesis 22.