I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
Merk op hand en voorkop
Toe die Israeliete uit Egipte getrek het, het hul die eerste Pasga gehou.
God het hier vir die eerste keer gepraat van ‘n teken op die hand en voorkop. Dit was ‘n teken vir God se kinders.
“En jy moet jou seun op dié dag vertel en sê: Dit geskied ter wille van wat die Here aan my gedoen het toe ek uit Egipte uitgetrek het. En dit moet vir jou as 'n teken wees op jou hand en 'n gedenkteken tussen jou oë, sodat die wet van die Here in jou mond mag wees; want deur 'n sterke hand het die Here jou uit Egipte uitgelei.”
EXODUS 13:8-9 AFR53
Jy is brawer as wat jy dink
“'n Goddelose vlug sonder dat iemand hom agtervolg, maar regverdiges is vol vertroue, soos 'n jong leeu.”
Spreuke 28:1 AFR20
Die euwel is arrogant en hopeloos te braaf op die oomblik. Dis asof niemand meer skaam is vir hulle sonde nie. Mense dra sonde op hul moue asof hulle trots is daarop. Sonde is nie meer beperk tot ‘n kroeg, bordeel of ‘n blou film nie. Dit is oral. Dit word in ons en ons kinders se kele afgedruk asof dit goed is vir ons. Sommige kerke ondersteun selfs die nuwe neigings. Glo my God is nie verbaas hieroor nie.
Tradisies maak die Woord kragteloos
“So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering (tradisies) wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie.”
MARKUS 7:13 AFR53
Nadat jy tot bekering gekom het raak jy skielik bewus van die verwagtinge van mede Christene. Jy moet “reg” aantrek, na die “regte” plekke gaan en die “regte” dinge doen. Ons lees in Markus 2 dat die Fariseërs verwag het dat Jesus se volgelinge sekere dae moes vas. Hulle mag ook nie kos gepluk het om te eet op die Sabbat nie. Die mense was ontevrede omdat Jesus mense genees het op die Sabbat - Markus 3. In Markus 7 kla die Fariseërs en skrifgeleerdes omdat Jesus en Sy dissipels nie hulle hande reg was voordat hulle eet nie. Jesus verduidelik dan dat baie van hierdie verwagtinge slegs tradisies is wat van geslag tot geslag oorgedra word.
Babylon/ Beheer Babilon jou?
BABYLON
Dagon fell and broke in the presence of the Lord.
1 Samuel 5:4 AMPC
But when they arose early the next morning, behold, Dagon had again fallen on his face on the ground before the ark of the Lord, and [his] head and both the palms of his hands were lying cut off on the threshold; only the trunk of Dagon was left him.
John 17:14-19 AMPC
I have given and delivered to them Your word (message) and the world has hated them, because they are not of the world [do not belong to the world], just as I am not of the world. [15] I do not ask that You will take them out of the world, but that You will keep and protect them from the evil one. [16] They are not of the world (worldly, belonging to the world), [just] as I am not of the world. [17] Sanctify them [purify, consecrate, separate them for Yourself, make them holy] by the Truth; Your Word is Truth. [18] Just as You sent Me into the world, I also have sent them into the world. [19] And so for their sake and on their behalf I sanctify (dedicate, consecrate) Myself, that they also may be sanctified (dedicated, consecrated, made holy) in the Truth.
JUNIE
Hierdie sesde maand behoort aan God, soos elke ander dag en maand van die jaar. God het die mens geskape na Sy beeld op die sesde dag en dit was baie goed.
“Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.”
PSALMS 118:24 AFR53
Ses simboliseer ook Vader, Seun en Heilige Gees in samewerking met liggaam, siel en gees van die mens. Dit is die perfekte kombinasie. God wil jou gebruik en deur jou werk. Ons leef ook op die laaste en sesde dag. Op die sewende dag, die jaar 6000, sal ons die 1000 jaar vrederyk binnegaan met Jesus as Koning.
Jy is vry van die wet
Galásiërs 3 -5
“Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.”
MATTHÉÜS 22:36-40 AFR53
Christen vervolging
Baie van die Nuwe Testament Christene het gesterf vir hulle geloof. Jesus het Sy volgelinge gewaarsku dat hulle vervolg sal word ter wille van Hom.
“Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe. Maar pas op vir die mense; want hulle sal jul oorlewer aan regbanke, en in hulle sinagoges sal hulle julle gésel. En ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word om My ontwil tot 'n getuienis vir hulle en vir die heidene. Maar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek. Maar die een broer sal die ander tot die dood oorlewer en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak. En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.”
MATTHÉÜS 10:16-22 AFR53
JOHANNES MARKUS
Johannes was sy Hebreeuse naam en Markus was die Griekse vorm van sy Romeinse naam.
Nadat Petrus uit die gevangenis ontsnap het, het hy na die huis van Maria - Johannes Markus se ma - in Jerusalem gegaan. Dit is hier waar hulle gedink het dat dit Petrus se engel is wat verskyn het omdat hy in die tronk was.
“En nadat dit vir hom duidelik geword het, kom hy by die huis van Maria, die moeder van Johannes wat ook Markus genoem word, waar baie in die gebed bymekaar was.”
HANDELINGE 12:12 AFR53
Handelinge 14
Paul en Bárnabas het na verskeie plekke gegaan. Mense is genees en daarom het baie ander tot bekering gekom. In Listre het Jesus hulle gebruik om ‘n man wat van geboorte af kreupel was, te genees. Die mense het egter gedink dat Paulus en Bárnabas gode was. Die mense het vals gode die eer gegee wat Jesus toekom. Hulle kon nie soos in ander stede raaksien dat Jesus genesing bring nie. Daar moes ‘n sterk demoniese gees gewees het wat verhoed het dat hulle die waarheid sien. Ons sien vandag hoe die waarheid verdraai word. Goed word sleg genoem en sleg word goed genoem omdat mense blind is en die waarheid nie raaksien nie.