I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
Ons moet ons gevoelens heilig (“sanctify”)
Dit het my baie lank geneem om te verstaan hoe om my gevoelens te heilig. Ons kan dit wat ons voel nie ignoreer nie, want dan eindig ons met ‘n verharde hart. Of jy stop die werking van die Heilige Gees.
“En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. Hulle sal 'n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie.”
JOHANNES 10:4-5 AFR53
BOU VAN DIE TEMPEL
Die Tempel - Beth/Beit Yahweh - Huis van God
Skrywers verskil oor die datums waarop alles gebeur het. Veral wanneer dit kom by die bou van die tweede tempel. Ek het die name van die vyandige konings gevolg tussen die verskillende Bybelboeke om te probeer verstaan wat gebeur het.
Die eerste tempel (957 - 586 vC):
1 Konings 6-9
1 Kronieke 28-29
2 Kronieke 3-8, 36
Die eerste tempel is deur Salomo gebou en dit het 7 jaar geneem om te bou. Die tempel is in die sewende maand ingewy. Dawid het die begeerte gehad om ‘n tempel vir God te bou. Omdat hy so baie oorlog gevoer het, het God verkies dat Dawid se seun die tempel bou. Salomo het die tempel gebou 480 jaar na die Israeliete se trek uit Egipte. Die Heilige Gees het oor die mense gekom sodat hulle die nodige vaardighede kon hê om die tempel presies in te rig volgens God se instruksies. Die tempel was vol duursame materiale wat geskik was vir ons Koning. In die Allerheiligste was die verbondsark. Slegs die hoëpriester kon in die Allerheiligste ingaan. God het elke jaar op Versoeningsdag (Yom Kippur) op die versoendeksel (mercy seat) verskyn. Ons weet God se heerlikheid het verskyn met die inhuldiging van die tempel. Die tempel is vernietig deur Nebukadnésar- 2 Konings 25:8-10.
Die Bybel se Feeste
Levítikus 16, 23
Deuteronómium 5:12-14, 16:1-17
Jy mag dalk dink dat die feeste slegs vir die Jode is. Jesus het hierdie feeste gevier (Matthéüs 26:17-19, Markus 6:2, Lukas 2:41-42, 4:16, Johannes 2:13, 7:10-11) en elke fees leer vir ons meer van Jesus en van God se planne. Drie keer ‘n jaar moes almal bymekaar kom vir die feeste. Drie verwys na Jesus. Jesus het 3 jaar gepreek, Hy het op die derde dag opgestaan, Hy is deel van ‘n drie-enige God en daar is nog baie meer.
Die liggaam sukkel om te ontvang
Ek weet God wil Sy kinders nou seën - “He is eager to bless you.” Waarom sien ons dit dan nie? Waarom sien ons nie die “groter werke” oral nie?
God het my vrae beantwoord in ‘n reeks visioene oor ‘n paar dae. Hy het vir my gewys dat Sy kinders moeg is en in pyn verkeer omdat hulle sukkel om te ontvang. Daar is ook van Sy kinders wat die leuens van die vyand glo.
Jesus wil vir ons meer leer
“En toe hulle hoor dat hy (Paulus) hulle in die Hebreeuse taal toespreek, was hulle nog stiller. En hy sê: Ek is 'n Jood, gebore in Tarsus in Cilícië, maar opgevoed in hierdie stad aan die voete van Gamáliël, streng ooreenkomstig die voorvaderlike wet, 'n yweraar vir God soos julle almal vandag is.”
HANDELINGE 22:2-3 AFR53
Voor Paulus (Saulus) se Damaskus ervaring was hy ‘n skrifgeleerde wat die Joodse wette gevolg het. Hy was ‘n Jood, maar ook ‘n Romeinse burger - Handelinge 22:25-29. Na sy ontmoeting met Jesus het Paulus homself vir 3 jaar lank afgesonder in Arabië terwyl die Heilige Gees hom geleer het. Paulus het die wet by ander Jode geleer, maar sy intieme verhouding met Jesus het hy in afsondering gebou. Paulus kon daarna die Woord verkondig aan die heidinne.
JÉRIGO
Jérigo H3405 - maanstad.
Jérigo word ook die palmstad genoem - Deuteronómium 34:3, Rigters 1:16, 2 Kronieke 28:15.
Die maanstad moes verwoes word en Josua het gesê dat enige iemand wat dit herbou vervloek sou wees. Jérigo is egter meer as een maal herbou. Die maan het geen lig van sy eie nie. Die lig van die son weerkaats en verlig die maan. Die son verwys na Jesus, die Lig van die wêreld, en die maan na die skepping wat Jesus se lig weerkaats. Satan/Lucifer wou homself gelykstel met Jesus, die son, maar het geval in die proses - Jesaja 14, Eségiël 28.
SAMARITANE
1 Konings 11-12, Esra 4, Johannes 4:1-42, Lukas 10:25-37, 27:11-19, Matthéüs 10:5-6, Handelinge 8:14-25.
Samaritane is gebore toe Jode met heidinne getrou het.
Die Jode het ‘n gedeelte van hul geloof oorgedra.
Hulle het die Torah (eerste 5 boeke van die Bybel) gevolg.
Hulle het God op ‘n berg aanbid en nie in Jerusalem nie.
Hulle het in Samaría gewoon.
Samaría was die hoofstad van die Israel/Efraim/Noordelike koninkryk en Jerusalem die hoofstad van die Juda/Suidelike Koninkryk, nadat God die stamme verdeel het a.g.v. die sondige koning Salamo.
Koning Omri het die berg Samaría vir 2 talente silwer gekoop - 1 Konings 16:24.
Die Jode en Samaritane het glad nie gemeng nie.
PAASFEES (Pasga/Pesag)
Die eerste Pasga het plaasgevind met die tiende plaag in Egipte - Exodus 11-12. Die Israeliete moes die bloed van ‘n perfekte lam (sonder gebrek) op hulle deurposte smeer. Die bloed het verhoed dat die eersgeborenes sterf. Die doodsengel “passed over - Passover” die huise met die bloed. Die Israeliete moes die vleis van die lam gaarmaak en met bitter kruie en ongesuurde brood eet. Hulle moes haastig regmaak om te vertrek uit Egipte. Elf dae later kon hulle die Beloofde Land verkry, maar hulle sonde het dit verhoed - Deuteronómium 1:2.
HOU JOU OË OP JESUS
“die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.”
HEBREËRS 12:2 AFR53
Ek glo Jesus kon die kruisdood deurgaan omdat Sy oë op die Vader was. Ons weet die dissipels wat vir Hom moes bid het aan die slaap geraak en engele het gekom om Hom te versterk. Daarna was Jesus Godverlate toe Hy moes afdaal na die hel en Hy het 3 dae later eers teruggekom. Jesus het die dood oorwin so niks wat ons deurgaan sal ooit so erg wees soos Jesus se lyding nie.