I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
153 VISSE
Die dissipels het na Jesus se dood weer begin visvang. Hulle was egter onsuksesvol totdat Jesus vir hulle gesê om hul nette aan die regterkant van die boot uit te gooi. Die regterkant stel altyd die teenwoordigheid van God voor. In Sy teenwoordigheid was die dissipels suksesvol en vang hulle 153 visse.
“Simon Petrus het in die skuit geklim en die net op die land getrek, vol groot visse, honderd-drie-en-vyftig in getal; en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie. Jesus sê vir hulle: Kom eet! En niemand van die dissipels het gewaag om Hom te vra: Wie is U nie? omdat hulle wis dat dit die Here was. En Jesus het gekom en die brood geneem en dit aan hulle gegee, en so ook die vis. Dit was al die derde keer dat Jesus aan sy dissipels verskyn het nadat Hy opgestaan het uit die dode.”
JOHANNES 21:11-14 AFR53
SERUBBÁBEL
1 Kronieke 3, Esra 1-6, Jeremia 22, 2 Kronieke 34-36, 2 Konings 22,
Haggai 1-2, Sagaría 4, Nehemía 7,12.
Die naam Serubbábel beteken ”gesaai in Babel” (H2216). Nebukadnésar, die koning van Babel, het Jerusalem ingeneem en die eerste tempel verwoes. Die Babiloniese ballingskap was 70 jaar lank. Koning Kores, die koning van Persië, het toestemming gegee dat die tempel in Jerusalem herbou kon word. Serubbábel was van die eerstes wat teruggekeer het na Jerusalem. Serubbábel is gebore in Babel en was uit die bloedlyn van koning Salomo. Die konings van Juda was almal voorsate van Serubbábel.
VREDE
Soms wanneer ek die tyd sien assosieer ek dit met sekere Bybelverse. Gistermiddag het 14h14 my oog gevang.
“Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees.”
EXODUS 14:14 AFR53
“The LORD shall fight for you, and ye shall hold your peace.”
Exodus 14:14 KJV
Die Egiptenare was besig om die Israeliete te agtervolg en die Israeliete was vasgekeer by die Rooi See. Die vyand wou die Israeliete se nuutgevonde vryheid steel en hulle weer in slawerny laat leef. God se instruksie aan Moses was dat hulle moet stil wees en dat Hy hulle verlossing sou bewerkstellig. Hierdie stilwees verwys na ‘n rustigheid en vrede wat ons selfs in moeilike en chaotiese tye kan ervaar.
Die toekoms en die verlede is sigbaar
Soms dink ek mis ons heeltemal wat die Bybel sê. Ons hoor altyd Moses kon God se agterkant sien, maar nie sy gesig nie.
“Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie. Ook het die Here gesê: Kyk, hier is 'n plek by My waar jy op die rots kan gaan staan. En as my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek totdat Ek verbygegaan het. En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar my aangesig kan nie gesien word nie.”
EXODUS 33:20-23 AFR53
SIMON PETRUS
Johannes 1:35-52, Matthéüs 16:13-23,
Andreas en sy broer Simon was van die eerste dissipels wat Jesus gevolg het. Op ‘n keer het Jesus die dissipels gevra wie dink hulle is Hy?
“En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God. Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is. En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.”
MATTHÉÜS 16:16-18 AFR53
GEMEENSKAP
Die laaste paar jaar het jou vertroue in die mens dalk ‘n ernstige knou gekry. Jy het besef jou regering, jou dokter, jou werkplek, jou bank of selfs jou vriende of kerk, dra nie jou belange op die hart nie. Die vyand floreer wanneer hy onenigheid kan bring. Hy wil jou isoleer. Van die begin af het God het die mens gemaak as ‘n paar. Adam en Eva het mekaar nodig gehad.
WIE BEÏNVLOED JOU?
Paulus: “Hy wat my beoordeel, is die Here.”
⁃ 1 Korinthiërs 4:4b
“Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie 'n dienskneg van Christus wees nie.”
GALÁSIËRS 1:10 AFR53
Koning Saul wou mense gelukkig gehou en het in die proses homself vervreem van God en Samuel. Gevolglik kon Saul nie langer koning wees nie. God het Saul uitverkies en hy is ingesalf as koning. Koning Saul het alles verloor omdat hy mense gelukkig wou hou. Dit is ‘n waarskuwing vir elkeen van ons. Jy kan uitverkies wees deur God en die salwing van die Heilige Gees ontvang, maar jy kan alles verloor as jy mense gelukkig wil hou. Wanneer jy kies om na mense te luister en nie God nie raak jy betrokke by heksery en kan jy nie ‘n dienskeg van God wees nie.
VERDEELDHEID IN PLAAS VAN EENHEID
1 Korinthiërs 3
Paulus verduidelik dat hy met die mense van Korinthe moes praat soos ‘n mens praat met onvolwasse Christene. Paulus het voorheen vir hulle gevoed met melk - soos ‘n mens klein kindertjies voer. Hy het verwag dat hy nou vir hul gewone kos (vaste spys of geestelike vleis) kon bring. Die probleem was dat die mense nie geestelik gegroei het nie. Die mense van Korinthe het steeds uit die vlees geleef. Die mense was jaloers, het gestry, hulle was selfsugtig en het geleef soos ongelowiges. Gevolglik was daar verdeeldheid onder die mense. Een groep wou Apollos volg en ‘n ander groep wou Paulus volg. Apollos en Paulus het God se werk gedoen. Die mense van Korinthe moes Jesus volg en nie ander mense volg nie.
Kinders van God laat julle lig skyn
“Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar 'n wysheid nie van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se heersers, wat vergaan nie.”
I KORINTHIËRS 2:6 AFR53
“However, there is a wisdom that we continually speak of when we are among the spiritually mature. It’s wisdom that didn’t originate in this present age, nor did it come from the rulers of this age who are in the process of being dethroned.”