I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
DIE SEËLRING
In Génesis 38 lees ons vir die eerste keer van ‘n seëlring (signet ring) toe Juda sy seëlring aan Tamar sy skoondogter gee met die belofte om vir haar later ‘n boklam te stuur. Juda wou Tamar laat verbrand toe sy swanger word, maar sy stuur toe sy seëlring aan hom. Juda het toe besef dat hy die vader van Tamar se seun is. Peres, hulle seun, is later opgeteken in die geslagregister van Jesus - Matthéüs 1:3. Jesus word ook genoem die “Leeu van Juda”.
HELEL
Helel was vertaal na die Latynse Lucifer wat “helder skynende een” beteken. Daar word geglo dat Helel verander is na Lucifer in 405 nC toe Jerome die Bybel in Latyn vertaal het. Let op dat al die engele (Michael, Gabriël) in die Bybel eindig met - El (Elohim - God). Selfs die land Israel eindig met -El. Helel is dus die oorspronklike naam vir satan en nie Lucifer nie. Ek glo dit was God se wil, want na satan se val het Hy niks meer van God in hom gehad nie. Hy is sedertien ‘n vals engel van die lig.
JESUS SAL TERUGKEER OP DIE DERDE DAG
Alles gebeur oor en oor.
“Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.”
PREDIKER 1:9 AFR53
Drie maande nadat die Israeliete Egipte verlaat het bereik hulle die berg Sinai. Die Israeliete moet hulle klere was en heilig gemaak word sodat hulle gereed kon wees vir die derde dag. Ons moet heilig/skoon word sodat ons gereed is vir Sy koms.
JUDA
Juda was die vierde seun van Jakob en Lea - Génesis 29:31-35.
Die naam Juda beteken “geprys”.
Juda het sy broers oortuig om Josef te verkoop en nie dood te maak nie – Génesis 37:26.
Juda het die dogter van Sua, ‘n Kanaäniet, as vrou geneem. Abrahan wou nie hê dat Isak met ‘n Kanaäniet trou nie - Génesis 24:3. Die Kanaäniete was afstammelinge van Gam - Génesis 9-10. Gam was vol sonde en daarom was dit verkeerd om met iemand in sy bloedlyn te trou.
Juda het 3 seuns by die Kanaänitiese vrou gehad: Er (oplettend) , Onan (moeilikheid/krag) en Sela (uitgestuur). Er het met Tamar (palmboom) getrou. Er het sonde gedoen en gesterf. Daarna het Onan vir Tamar as vrou geneem, maar hy het ook gesterf. a.g.v. sy sonde. Juda was bang dat Sela ook sou sterf en het daarom hom nie laat trou met Tamar nie. Tamar moes toe self ‘n plan maak om ‘n nageslag te hê. Sy het haarself voorgedoen as ‘n prostituut en het swanger geraak by Juda. Drie maande later wou Juda vir Tamar laat verbrand omdat sy swanger was. Toe Tamar laat weet dat Juda die pa was, het Juda besef hy het verkeerd gedoen deur Tamar nie aan Sela as vrou te gee nie.
Melgisédek
“Melek” beteken koning en “sédek” beteken regverdig.
Melgisédek beteken dus “Koning van geregtigheid” of “My koning is regverdig”.
“En Melgisédek, die koning van Salem, wat 'n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde. En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles.”
GÉNESIS 14:18-20 AFR53
Betésda en die Skaapspoort
“En daar is in Jerusalem by die Skaapspoort 'n bad met vyf pilaargange wat in Hebreeus Betésda genoem word. Daarin het 'n groot menigte siekes gelê, blindes en kreupeles en lammes, wat op die roering van die water gewag het. Want 'n engel het op bepaalde tye in die bad neergedaal en die water geroer. Die een wat dan die eerste ingaan ná die roering van die water, het gesond geword, aan watter siekte hy ook al gely het.”
JOHANNES 5:2-4 AFR53
ENGELE
God het engele geskep en stuur hulle Aarde toe om ons te help. Engele is in diens van God. Die vyand wil altyd kom steel. Hou op om te dink en engele is “weird” of van die duiwel.
“Loof die Here, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord! Loof die Here, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen!”
PSALMS 103:20-21 AFR53
VERKEERD GELEER
Totdat jy self God begin ervaar in jou lewe sal jy waarskynlik glo dat die meeste dinge in die Bybel net simbolies is. Solank as wat jy dit glo mis jy wonderlike ervarings met God. Soms mors die leuens van die geleerde teoretiese Christene steeds met my. Ek het gedink deur stiltetyd te hou gaan ek na die berg. Ja, die fisiese tempel was op’n berg, maar dit is baie meer as dit. God wil hê ons moet hemelse en bo-natuurlike ervarings met Hom hê terwyl Hy ons daardeur leer.
DIE JOODSE HUWELIK
1. Die Pa (of fisiese ouers) van die bruidegom kies ‘n bruid vir die seun. God het elke mens gekies om ‘n bruid vir Sy Seun te wees. Jy het ‘n keuse of jy Jesus se bruid wil wees. Die gelykenis van die bruilofsfees in Matthéüs 22 vertel vir ons dat “baie geroep is, maar min uitverkies is”. OF Die bruidegom verlaat sy Pa se huis (die Hemel) en kom na die Aarde om ‘n bruid te soek.
2. Die bruidegom moes ‘n prys betaal vir sy bruid. Jesus het met Sy lewe betaal vir Sy bruid - 1 Petrus 1:18-19.