I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
STOP, MOENIE VERBY STAP NIE
Lees Exodus 2,3 & 33.
Ek glo baie van ons mis ervarings met God omdat ons haastig is en net verbystap wanneer iets bo-natuurlik gebeur. Ek het so 3/4 jaar gelede ‘n hele paar vreemde ervarings gehad en toe het dit opgehou. Ek het onlangs stilgesit en gewonder waarom het dit opgehou?
Moses het ‘n brandende doringbos gesien en moes nader stap en aandag gee voordat daar meer gebeur het. God wou Moses se aandag hê. Ek glo dit is goed om nuuskierig te wees as dit by God se dinge kom.
Soek die Vader se aangesig
Die tempel was op die berg. Die mense moes dus optrek en nader aan God beweeg. Dit het aksie van die mense vereis om nader aan God te kom.
“En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die Here uit Jerusalem.”
JESAJA 2:3 AFR53
IS ONS IN DIE EINDTYD
IS ONS IN DIE EINDTYD?
Daar is soveel verskillende menings oor waar ons nou is. Party mense dink Jesus kom enige dag terwyl ander dink dis nog jare voor Hy terugkeer. Ek glo dis daar is baie leidrade in die Bybel. Lees dit en laat die Heilige Gees jou lei eerder as iemand anders se mening. Jesus het ‘n gesprek met Sy dissipels gehad oor die einde. Die Bybel noem dit die profetiese rede.
MOENIE MISLEI WORD NIE
In die tyd van Noag is slegs 8 mense gered van die vloed - Génesis 6,7. Die AFR53 vertaling sê “die aarde was verdorwe …. en vol geweld”. “…alle vlees het sy wandel op die aarde verderwe.” Noag was regverdig en daarom kon hy, sy vrou, 3 seuns en hulle vroue in die ark ingaan. “The Amplified Classic” Bybel gee ‘n meer volledige beskrywing van die situasie.
“These are the generations of Noah: Noah was a just man and perfect in his generations, and Noah walked with God.”
Genesis 6:9 KJV
NIMROD
Nimrod was die agterkleinseun van Noag.
Noag - Gam - Kus - Nimrod
“Noag, (se 3 seuns) Sem, Gam en Jafet.
Die seuns van Gam was: Kus en Misráim, Put en Kanaän.
En die seuns van Kus was: Seba en Háwila en Sabta en Raéma en Sábtega; en die seuns van Raéma was: Skeba en Dedan.
En Kus was die vader van Nimrod; hý het begin om 'n geweldenaar op die aarde te wees.”
BÍLEAM
Númeri 22-24, 31:8,16.
Josua 13:22, 24:9-10
Miga 6:5
Judas 1:11
2 Petrus 2:15
Openbaring 2:14
Deuteronómium 23:3-5
Númeri 22
Balak, die seun van Sippor en die koning van Moab, het gesien hoe die Israeliete die Amoriete verslaan het. Hy het bang geword omdat daar so baie Israeliete was. Balak het Bíleam laat roep om die Israeliete te vervloek. Balak beteken “verwoesting”. Sommige bronne reken Bíleam beteken “nie van die mense nie”, hy was ‘n uitlander van Mesopotamië. Ander sê Balaam (engels vir Bíleam) is afgelei van Baäl, wat “heer van die mense”, “vraat”of “verwoester” beteken.
ONGELOOF
”EN Hy het daarvandaan weggegaan en in sy vaderstad gekom, en sy dissipels het Hom gevolg. En toe dit sabbat geword het, begin Hy in die sinagoge te leer, en baie wat Hom gehoor het, was verslae en sê: Waar kry Hy hierdie dinge vandaan, en watter wysheid is aan Hom gegee, dat ook sulke kragte deur sy hande plaasvind? Is Hy nie die timmerman, die seun van Maria, en die broer van Jakobus en Joses en Judas en Simon nie? En is sy susters nie hier by ons nie? En hulle het aanstoot aan Hom geneem. En Jesus sê vir hulle: 'n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en onder sy familie en in sy huis. En Hy kon daar geen krag doen nie, behalwe dat Hy 'n paar siekes die hande opgelê en hulle gesond gemaak het. En Hy was verwonderd oor hulle ongeloof. Daarop het Hy die dorpe rondom deurgegaan en geleer.”
MARKUS 6:1-6 AFR53
DROOM OOR HUIS
Ek was by ‘n pastoor se huis. Ek kon nie die vertrek vind waar ek moet wees nie. Terwyl ek daarna soek ontdek ek toe dat daar ‘n tweede deel aan die huis is. Dit was weggesteek agter die voorste deel van die huis.
Pastoor: Jesus, herder, pastoor of leier
Huis: individuele persoon, kerk, bediening, besigheid
Voorkant: toekoms, wat jy eerste sien, oppervlakkige sig/voorkoms - nie in diepte nie (“shopfront”), leierskap
JY HET REEDS GELOOF ONTVANG
Ons almal het geloof ontvang. Geloof is ‘n geskenk van God. Jy het reeds ‘n perfekte hoeveelheid geloof ontvang.
“Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat 'n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.”
ROMEINE 12:3 AFR53