I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
MEER AS WAT DIE OOG KAN SIEN
“Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.”
GALÁSIËRS 3:28 AFR53
In die Oos-Kaap is daar ‘n ernstige watertekort, want hulle verloor 30% van hulle water. Ek onthou toe ons ‘n ernstige water tekort hier in die Kaap gehad het en hoe dieselfde pyp oor en oor gelek het en ons straat gereeld onder water was. Dit het dus met meer te doen as die regerende party in jou area. Nou ondervind ons weer landwyd ernstige elektrisiteits probleme. Dan was daar “Fees must fall” betogings by baie universiteite.
Moenie vergeet van die KZN chaos nie. Groot hoeveelhede mense bly op straat, aangesien hulle hul werk verloor het oor die laaste paar jaar. Mense stry of ons mense op straat moet help of nie. Dan is daar die hele geslagsverwarring kwessie. Die grootste kwessie is hoe die Bybel verdraai word om by mense se agendas te pas. Brandstofpryse, kospryse en rentekoerse styg en almal moet teruggaan kantoor toe. Ons hoor van tekorte aan sekere kossoorte. Dis duidelik dat die vyand baie besig is.
PASOP WAARAAN JY GEWOOND RAAK
Baie mense het so gewoond geraak aan maskers dat hulle dit nou nie wil ophou dra nie. Gewone maskers kan nie virusse uithou nie. Wanneer jy ‘n masker afhaal vryf jy eerste oor jou neus met dieselfde hande wat die masker afgehaal het. As daar enige iets op jou masker geland het maak jy dus seker dat dit in jou neus beland. Na 400 jaar in Egipte kon die Israeliete nie meer vir hulleself dink nie. Ek glo dieselfde het met baie mense gebeur. Christene kan nie deur dokters, die media, kenners, landsleiers en die media gelei word nie. Ons moet deur God se Gees gelei word.
MIRRE
Daar is 13 verse in die Afrikaanse Bybel wat na mirre verwys. Die KJV (King James Version) het 17 verse wat verwys na mirre. Ses van die verse in die Afrikaanse Bybel vind ons in Hooglied. Hooglied is ‘n liefdesbrief van Jesus aan Sy bruid. Dit was vir my moeilik om te verstaan wat die verse in Hooglied beteken totdat ek al die verse oor mirre in die Bybel gelees het.
SOEK JY STEEDS?
#kleinjakkalse
“Vang julle vir ons die jakkalse, die klein jakkalse wat die wingerde verniel, want ons wingerde staan in die bloei.”
HOOGLIED 2:15 AFR53
Een van die belangrikste goed om te doen wanneer jy in ‘n verhouding met God is, is om Hom te soek. Ons moet ‘n honger en dors ontwikkel vir Sy dinge. Ons vlees moet ons nie langer beheer nie. Ons moet deur die Heilige Gees gelei word. Die “klein jakkals” wat hier insluip is ‘n siklus van honger, dors en soek wat nooit ophou nie. Wanneer die vyand jou nie langer kan beheer nie probeer hy jou vasvang in ‘n siklus wat nooit eindig nie.
WANNEER IS EENDAG?
#kleinjakkalse
Sal jy eers eendag in die Hemel gelukkig wees? Is jy ‘n swak, hulpelose persoon, wat altyd wag dat God ingryp en dit gebeur nooit nie? Sit jy soos die verlore seun in die modder tussen die varke en kry jy jouself jammer? Die verlore seun moes raaksien (openbaring kry) dat sy situasie sal verander wanneer hy terugkeer na die Vader. Terug by die Vader moes sy mentaliteit verander. Die Vader ontvang jou nie as Sy slaaf nie, maar as ‘n koningskind. ‘n Fees is voorberei en die verlore seun het pragtige klere en ‘n ring ontvang. Dit simboliseer die huweliksfees wanneer die bruid (Christene) haar bruidegom (Jesus) ontmoet. Jesus het betaal sodat elkeen van ons ‘n koningskind kan word.
VERKEERDE BEELD VAN DIE VADER
#kleinjakkalse
“Vang julle vir ons die jakkalse, die klein jakkalse wat die wingerde verniel, want ons wingerde staan in die bloei.”
HOOGLIED 2:15 AFR53
So baie mense ken die Vader glad nie. Dikwels word God aan kinders uitgebeeld as ‘n wrede God en nie as ‘n liefdevolle Vader nie. Soms is dit mense se ondervinding met hulle ouers of ander Christene wat hulle ‘n verkeerde beeld van die Vader gee. Wanneer ‘n mens die Ou Testament lees kan jy ‘n liefdevolle Vader raaksien. Lees dit en vra die Heilige Gees om God se liefde aan jou te openbaar. Hy vergewe Sy kinders oor en oor en wil net die beste vir die Israeliete hê. Deuteronómium 28 en Psalms 91 wys ‘n liefdevolle Vaderhart. Die volgende vers het my gehelp om die Vader se liefde te begin ervaar.
KLEIN JAKKALSIES
In Johannes 15 sê Jesus dat Hy die wynstok is en die Vader die boer is. Elkeen van is soos ‘n loot wat deel is van die wynstok (Jesus). Die boer snoei die onvrugbare lote sodat net die vrugbare lote oorbly. Ons moet in Jesus bly en dan sal ons goeie vrugte kan dra. Sonder Jesus kan ons dit nie doen nie.
“Vang julle vir ons die jakkalse, die klein jakkalse wat die wingerde verniel, want ons wingerde staan in die bloei.”
HOOGLIED 2:15 AFR53
FILÉMON
Paulus het ‘n brief vanuit die tronk in Rome aan Filémon geskryf. Filémon het in Kolosse, ‘n stad in Klein-Asië (vandag Turkye), gewoon en het ‘n huiskerk gehad. Die naam Filémon beteken “liefdevol”. Paulus prys Filémon dan ook vir sy geloof en liefde vir sy medemens.
Paulus skryf dan aan Filémon dat hy in ‘n posisie is om aan hom instruksies te gee, want Paulus het Filémon na Jesus gelei. Paulus sou dit egter verkies dat Filémon uit deernis en liefde reageer op sy versoek. Filémon se slaaf, Onésimus, het gevlug uit Kolosse en as gevangene in Rome beland. Paulus het ook Onésimus na Jesus gelei. Onésimus beteken “waardevol en bruikbaar”. Paulus se versoek aan Filémon is om Onésimus as ‘n mede-gelowige in liefde te ontvang eerder as ‘n slaaf. Later in Kolossense 4 vers 9 lees ons dat Paulus Onésimus uitstuur na Kolosse, as ‘n “getroue en geliefde” broerder.
‘n Goeie Krygsman
2 Timótheüs 2-3
Hierdie 2 hoofstukke in die Bybel leer vir ons hoe om ‘n goeie krygsman (of -vrou) vir Jesus te wees. Paulus het dit uit die tronk aan sy geestelike seun, Timótheüs, geskryf. Om ‘n krygsman vir Jesus te wees sal veroorsaak dat jy deur verdrukking, lyding en vervolging gaan.
“Dit is 'n betroubare woord; want as ons met Hom gesterf het, sal ons ook met Hom lewe. As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën. As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie.”
II TIMÓTHEÜS 2:11-13 AFR53