I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
WHEN YOU BELIEVE YOU RECEIVE
God made the Earth in 6 days and then He rested. The New Testament says believers should enter the rest. Jesus died, took all the sin on Him and paid for everything. He said: “It’s finished.” Jesus did everything that was necessary for us to have an abundant life. God loves us and wants to bless us. Jesus stated numerous times that it is the Father’s will for us to be healed.
DONKER WOLKE IS OPPAD, MAAR JESUS REGEER STEEDS
Vir die laaste paar maande hoor ek profete praat van ‘n kostekort, finansiële ineenstorting, onluste en ‘n “blackout”. Sommige het selfs impliseer dat ons nie toegang tot ons eie geld in die bank sal hê nie en dae lank sonder elektrisiteit mag wees. Ons het water en elektrisiteit tekorte gesien en soms was daar banke wat vir ‘n paar uur nie gewerk het nie. Onluste en betogings is ook nie iets nuuts nie, maar ek neem aan hulle praat van alles op ‘n baie groter skaal, Ander profete sê weer ons hoef ons nie te bekommer nie - “Jesus sorg vir Sy kinders. Ons sal oorvloed ervaar.” Ek wil altyd kies om te glo dat God vir my sorg, maar soms kry ons waarskuwings sodat ons voorbereiding kan tref vir dit wat kom. Onlangs het ek vir die eerste keer ‘n droom gehad oor donkerwolke wat kom.
DIT IS TYD VIR JOU NUWE LEWE
Fisiese intimiteit tussen ‘n man en vrou gee aanleiding tot die geboorte van ‘n baba en ‘n nuwe lewe. Intimiteit tussen die bruid en Christus gee ook nuwe lewe. Jy kan geboorte skenk aan jou drome deur intieme tyd by jou Skepper te spandeer. Dis nou tyd om uit jou woestyn seisoen en slawerny te kom. Dis tyd om geboorte te gee aan die nuwe. Die geheim of sleutel tot jou sukses is intimiteit met die Vader.
JOU TENT
Ons weet God wou altyd by die mens wou wees. Hy het met Adam en Eva gewandel in Eden. Later het Hy aan Abraham, Jakob en Moses verskyn. In Moses se tyd moes die Israeliete ‘n tent maak, waar God kon verskyn aan Sy kinders.
“Dan spreek die Here met Moses van aangesig tot aangesig soos 'n man met sy vriend spreek. Daarna gaan hy na die laer terug; maar sy dienaar Josua, 'n jongman, die seun van Nun, het hom nie uit die tent verwyder nie.”
EXODUS 33:11 AFR53
DROME WORD STEEDS WAAR
So paar nagte gelede het ek gedroom van Mar-A-Lago. Al wat ek geweet het is dat dit President Trump se landgoed in Florida (VSA) is. Toe ek begin navorsing doen het ek ontdek dat die landgoed in 1973 nagelaat is aan die Nasionale Park dienste. Die oorspronklike eienaar wou hê dat dit gebruik moes word as “winter Withuis”. Ongelukkig was daar nie genoeg geld om die landgoed te onderhou nie en is dit teruggegee aan die familie. Donald Trump het dit gekoop in 1985 en dit het later sy Withuis in die Suide geword. Drie-en-veertig jaar na Marjorie Merriweather Post se dood het haar huis ‘n winter Withuis geword (2016), maar dit het net op ‘n ander manier gebeur.
JY IS DIE EEN VIR WIE JESUS LIEF IS
Ontwikkel ‘n Jesus fokus en nie ‘n sonde fokus nie. As jy net jou eie foute of ander se foute raaksien sal jul sukkel om Jesus raak te sien. Wanneer jou oë gevestig is op Jesus dan weet jy Hy het vir alles betaal. Jy sal jou eie potensiaal en ander mense se potensiaal raaksien. Jy sal weet dat God jou oneindig baie liefhet. Toe die verlore seun net aan homself gedink het, het hy tussen die varke beland. Toe hy aan sy vader dink kon hy teruggaan na hom en soos ‘n koningskind leef.
GIDEON
Rigters 6-8
Die verhaal van Gideon wat in die parskuip besig was om koring te maal en dan deur “‘n Engel van die Here” (Jesus) “‘n dapper held” genoem word, is baie bekend. Dan plaas Gideon die wolvlies twee keer buite om seker te maak hy het regtig gehoor dat hy die Israeliete moet verlos van die vyand. Hierdie gedeelte is belangrik vir elke Christen wat sy lewensdoel wil uitleef. Jy moet weet dat God dink jy is “‘n dapper held” en Hy het jou geskep om ‘n spesifieke taak hier op Aarde te verrig. Nadat God jou geroep het sal die vyand jou dikwels laat twyfel en jy sal begin wonder of jy reg gehoor het. Daar sal ook altyd verskonings wees waarom jy nie God se wil kan doen nie. Gideon het sy nederige familie as verskoning gebruik. Ek het geleer om net op God te vertrou en in te spring en te doen wat ek voel God van my vra. Ons moet leer om doof te word vir die stem van die vyand sodat ons die Vader se stem beter kan hoor.
PASSOVER
Matthew 26: 17-30
Mark 14:12-26
Luke 22:7-23-29
As I was studying Passover in the Bible I noticed that Jesus and His 12 disciples ate Jesus’ last Passover alone in a room. I’ve done a lot of studying on the significance of numbers and what God says through certain numbers. The Holy Spirit highlighted 12+1=13. For a long time I’ve known that 12 represents God’s government. Twelve tribes in the Old Testament, 12 disciples in the New Testament, Jesus was 12 when His parents found Him in the temple teaching, Jairus’ daughter was 12, 12 hours in a day and night and 12 months in a year. Only recently I’ve learned that the number 13 represents love and unity. The chapter about love in scripture is found in 1 Corinthians 13 and has 13 verses.
PASGA
Hierdie jaar begin Pasga en Paasfees saam. Pasga word gevier vanaf Vrydagaand, 15 April, tot Saterdagaand, 23 April. Dit begin wanneer die son ondergaan. Die eerste Pasga is in Egipte gehou die aand voor die eersgeborenes van die Egiptenare gesterf het.
Die Israeliete was die nakomelinge van Jakob en sy 12 seuns. Die eerste Pasga word gevind in Eksodus 12. Die Israeliete moes die bloed van ‘n perfekte lam op hul deure verf om hul lewens te behou. In Eksodus 12 vers 12 lees ons dat die Here in die nag verby sou kom en al die eersgeborene mense en diere wat nie die merk van die bloed gehad het nie sou sterf. Die vleis van die lam moes gebraai word. Hulle het nie tyd gehad vir die suurdeeg om te rys nie en daarom moes hul plat brode bak sonder gis. Gis is simbolies vir sonde (Matthéüs 16:6,11-12, 1 Korinthiërs 5:6-8, Galásiërs 5:9) Hulle moes dan bitter kruie saam met dit eet.