I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
JOU SIEL
‘n Mens bestaan uit liggaam, siel en gees. Ons siel bestaan uit ons wil, verstand en emosies. Ons siel moet gered en hernu word. Ons gees is perfek. As dit sleg gaan met jou siel dan gaan dit sleg met jou. En ook andersom, as dit goed gaan met jou siel gaan dit goed met die hele mens.
“Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan;”
III JOHANNES 1:2 AFR53
VISIOEN OOR MAN WAT UIT KERK STAP
Die man het ‘n liggrys pak klere aangehad. Sy gesig was vol grimering en hy het pikswart regopstaande (spikey) hare gehad. Ek neem aan sy hare was vol haargel en sy hare is moontlik gekleur. Die man het met trappe afgestap uit die kerkgebou uit.
Normaal weg sal niks anders as die grimering my pla nie, maar ek het na die simboliek van alles gekyk, want God wou duidelik iets vir my sê. Grys is ‘n mengsel van swart (demonies of sleg) en wit (suiwer, skoon of goed). Dit kan ook dubbelhartigheid aandui.
Die kerk (Christene, liggaam van Christus) moet weet wat reg en verkeerd wees. Die Bybel en die Heilige Gees moet ons in die waarheid lei. Ek glo God sê dis tyd vir dubbelhartigheid om die kerk te verlaat.
‘n Pak klere word gewoonlik in die besigheidswêreld gedra en die kerk moet uit verhouding en intimiteit met God funksioneer. Die kerk is nie ‘n besigheid nie.
Grimering kan skynheiligheid, oppervlakkigheid of selfs ‘n vals profeet voorstel. Ek glo God sê dat die liggaam ons identiteit in God gaan vind en nie nodig gaan hê om voor te gee dat ons heilig is nie. Elke persoon gaan sy roeping en posisie in God vind.
Ek glo in hierdie geval stel die hare ydelheid en self-verheerliking voor en dit sal ook die kerk verlaat. Alles sal oor Jesus gaan.
Om met trappe af te stap beteken gewoonlik om weg te beweeg van God. Ek glo die persoon het die negatiewe kwaliteite voorgestel, wat die kerk gaan verlaat.
LEVIÁTAN
Ek het iemand hoor praat daaroor dat Leviátan op die oomblik ‘n groot rol in die chaos om ons speel. Ek wou meer weet en my hoofbron vir inligting is altyd die Bybel. Ek is geen kenner op die gebied nie, maar hier is alles wat ek kon vind.
Strong’s nommer H3882 - “Leviathan, sea monster, this refers both to a serpent-like sea creature and to a mythological monster of chaos opposed to the true God. It symbolizes mourning.”
JOGA EN MEDITASIE IS NABOOTSERS
Dink aan Jesus se volgelinge wat saam gebid en gewag het op die koms van die Heilige Gees (Handelinge 1 en 2). God se Gees het daarna gekom en hul lewens totaal oorgeneem. Daar was wind, vlamme, nuwe tale en swak mense het in sterk mense vol outoriteit verander. Petrus wat vroeër Jesus verloën het, het sy lewe gewaag om die Woord te verkondig. ‘n Ongeletterde vissersman kon nou vol outoriteit praat. Selfs sy skaduwee het mense genees. Dit is wat gebeur wanneer ons op God wag en gevul word met Sy Gees. Ons lees selfs in die Ou Testament dat ons krag ontvang wanneer ons op God wag.
DESPERAAT VIR MEER VAN JESUS
Matthéüs 9:18-22
Markus 5:21-34
Lukas 8:40-48
Jesus was oppad om Jaïrus se dogtertjie uit die dood op te wek toe die vrou Sy kleed aanraak. Jesus het gestop is nooit te besig vir ons nie. Die vrou se geloof in Jesus het haar gered en genees. Die vrou was volgens die wet onrein, maar Jesus maak haar rein. Dit is simbolies van die nuwe verbond. Die wet kon slegs sonde bedek, maar Jesus vergewe ons ten volle. Jesus kom en genees die vrou van ‘n siekte wat haar onrein maak. Hy red haar ook van die ewige verderf. Hierdie vrou het ‘n behoefte (‘n honger en ‘n dors) gehad om deur Jesus aangeraak te word. Sy was desperaat, want sy het 12 jaar lank aan bloedvloeiing gely. Sy het van dokter na dokter gegaan en in die proses al haar besittings verloor. Sy was desperaat genoeg om aan Jesus se kleed te raak. Twaalf is die nommer van God se regering (12 stamme, 12 dissipels, Jaïrus se dogtertjie was ook 12 toe Jesus haar opwek uit die dood) en Hemel is afgebring Aarde toe met haar genesing. Dis nodig dat ons desperaat raak vir ‘n aanraking van Jesus sodat ons God se Koninkryk hier op Aarde kan sien.
VISIOEN VAN MARY POPPINS
22 Maart 2022
Ek het ‘n visioen gehad van ‘n klein vroutjie met ‘n hoedjie op. Sy het ‘n swart rok en ‘n baadjie of jas aangehad. Ek het in my gees gehoor dat dit Mary Poppins is. Ek het nooit die film gesien nie en net die naam Mary Poppins is vir my bekend. Dis ‘n film wat in 1964 baie gewild was en sommige mense beskou dit as een van die beste 100 films wat ooit gemaak is. Mary Poppins is deur die Oostewind ingewaai na die Banks familie in Cherry Tree Laan 17, Londen. Sy het na hulle kinders omgesien en deur toorkuns vir hulle lewenslesse geleer.
PASOP VIR DOOIE GODSDIENS
Die Fariseërs kon nie raaksien dat Jesus die Seun van God was nie, omdat hulle nie die Vader geken het nie. Hulle het kopkennis en nie hartskennis gehad nie. Ons benodig ‘n openbaring van God se liefde. Die Fariseërs het die wet geken, maar nooit die Woord (Jesus) leer ken nie.
So baie mense weet van God, maar ken nie God nie. Om die ewige lewe te verkry moet ons God ken, maar ook Jesus aanvaar as ons Verlosser.
Hemelse uitrustings
“En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.”
GÉNESIS 2:25 AFR53
“Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak.”
GÉNESIS 3:7 AFR53
Terwyl Adam en Eva in God se heerlikheid gelewe het was hul naaktheid nie ‘n probleem nie. Toe hulle sonde doen het God se heerlikheid verdwyn en kon hulle sien dat hulle sonder klere was. Sonde laat God se heerlikheid verdwyn. Die Bybel waarsku ons om nie naak gevind te word nie. Dit verwys duidelik nie daarna om sonder ‘n fisiese hemp, broek, rok of skoene te wees nie. Dit handel oor ‘n geestelike bedekking.
GOD IS MY VOORSIENING
Ek het ‘n visioen gehad waar ek wat stap met my inkopiesak oor my regterskouer. Stap simboliseer my lewenswandel. ‘n Inkopiesak simboliseer my voorsiening en God is altyd aan my regterkant. God is dus my voorsiening.
“Ek stel die Here altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.”
PSALMS 16:8 AFR53
“Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.”
JESAJA 41:10 AFR53