I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
WAAR IS ONS NOU?
Die sataniese plan was om met die siekte tyd te wen en ons in die eindtyd (tribulasie) in te neem. Die plan was om ‘n derde van die mense dood te maak. Hitler het dieselfde probeer met die Tweede wêreldoorlog. God wil vir almal ‘n kans om Jesus te leer ken en daarom moet alles op Sy tyd gebeur.
“Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.”
II PETRUS 3:9 AFR53
VREEMDE ERVARINGS
Ek het dit altyd vreemd gevind dat mense soms omval wanneer hulle God se Gees ervaar. Dit het verander toe ek ontdek dat die priesters in die Ou Testament reeds omgeval het (2 Kronieke 5). Met die inwyding van die tempel het ‘n groep God geloof en prys. Daar was o.a. 120 priesters wat op trompette geblaas het. Die musikante en sangers het “eenstemmig” God geloof en geprys. Soos hulle God vereer het, het ‘n wolk die tempel gevul en kon die priesters nie regop bly om hulle take te verrig nie. Die insident herinner my aan die uitstorting van die Heilige Gees waar 120 mense “eendragtig” saam was (Handelinge 1:15, 2:1-13). Hier het die mense meer vreemde ervarings gesien. Vlamme vuur was sigbaar en vreemde tale is gepraat. God daag op wanneer mense saamwerk - Mark 3:25, Matt 12:25.
WIE IS EK?
Exodus 3
“Maar Moses het tot God gespreek: Wie is ek, dat ek na Farao sou gaan en dat ek die kinders van Israel uit Egipte sou lei?”
EXODUS 3:11 AFR53
Miskien vra jy vandag dieselfde vraag as Moses: “Wie is ek? “
Jou opinie is dalk dat daar mense meer geskik vir jou roeping is. Moses moes leer wie God is om te verstaan wie hyself was. God het Homself aan Moses openbaar en Moses kon toe sy identiteit in God vind. Wanneer jy leer dat God ‘n liefdevolle Vader is wat wonderlike planne vir jou het (Jeremia 29:11) kan jy begin verstaan dat jy ‘n koningskind is. Ek moes vir ‘n hele ruk lank Bybelverse oor God se liefde aan myself herhaal voordat ek ‘n openbaring van God se liefde kon kry. God het ‘n boek geskryf vol planne vir jou lewe (Psalms 139:16).
EXODUS 1
Jakob en sy 11 seuns het na Egipte getrek tydens die hongersnood. Dit was moontlik omdat Josef reeds in Egipte was en vir die Farao gewerk het. Sewentig afstammelinge van Jakob het na Egipte getrek. God was met hulle en daarom het hulle baie meer en magtig geword. Nadat Josef gesterf het en ‘n nuwe Farao regeer het, het die Egiptenare bekommerd geraak. Die Egiptenare het die Israeliete hul slawe gemaak om te probeer keer dat hulle meer raak.
MOENIE NOU MOEG RAAK NIE
Sefánja 3
Sefánja 3 handel oor Jerusalem wat veroordeel word vir al haar sondige dade, maar daar sal ‘n groep mense wees wat nie veroordeel word nie. Daar is ‘n woord van bemoediging vir die wat sondevry bly.
“In dié dag sal aan Jerusalem gesê word: Vrees nie, o Sion, laat jou hande nie slap hang nie!”
SEFÁNJA 3:16 AFR53 (Hebreërs 12:12, Jesaja 35:3)
“In that day it shall be said to Jerusalem, Fear not, O Zion. Let not your hands sink down or be slow and listless.”
Zephaniah 3:16 AMPC
NABOOTSING
God het eers Eden en daarna Jerusalem gemaak as ‘n prentjie van die Hemel. Water het onder uit die tempel gevloei net soos by God se troon. Vandag is ons die tempel en “strome van lewende water moet uit ons vloei” (1 Korinthiërs 3:16, Johannes 4:14, 7:38-39). God se troon rus op saffiersteen wat deur die wesens met die 4 koppe vervoer word (Eségiël 1:26, 10:2; Exodus 24:10). Selfs die verbondsark (God se woonplek in die Ou Testament) is ook vervoer met pale en moes nooit op ‘n wa gelaai word nie. Satan was eens ‘n engel in die Hemel en probeer alles wat God doen naboots. Satan het vir hom ‘n vals tydelike tuiste geskep in die tweede hemel, terwyl God ‘n wonderlike hemelse tuiste in die derde Hemel het (2 Korinthiërs 12:2). God het engele wat Hom aanbid en daarom wou satan ook aanbid word. God het satan geskep as ‘n perfekte engel in die Hemel, maar hoogmoed het veroorsaak dat hy tot ‘n val kom (Eségiël 28:12-19). Satan het demone wat hy gebruik om mense te manipuleer en beheer. God het engele wat ons help (Hebreërs 1:14, Psalms 91:11). Die Heilige Gees lei ons, maar ons kan self kies of ons Sy leiding wil volg. God is liefdevol en het nie nodig om ons te beheer nie. Die Heilige Gees bring vir jou goeie idees en wil saam met jou werk om God se wil te laat gebeur (2 Petrus 1:19-21). Satan bring slegte idees en gedagtes na mense en wil mense heeltemal beheer.
TWEE GROEPE
Dikwels lees ons van 2 groepe mense in die Bybel.
Adam en Eva het 2 seuns gehad, Kain en Abel. Abel se offer was aanvaarbaar vir God en Kain se offer nie. Daarom het Kain vir Abel doodgeslaan (Génesis 4, Hebreërs 11:4, 1 Johannes 3:12, Judas 1:11). Set is na Abel se dood gebore sodat Adam weer 2 seuns gehad het (Génesis 4:25).
Abraham het 2 seuns gehad, Ismael en Isak. Isak het God se belofte ontvang en Ismael moes wegtrek (Génesis 17).
Isak het 2 seuns gehad, Esau en Jakob. Esau het sy erfporsie verruil vir sop. Jakob het by Bet-El gedroom en ‘n verbond met God gesluit. Jakob het die belofte ontvang en Esau nie (Génesis 27, 28, Hebreërs 11:20, 12:16, Romeine 9:13).
WASEM OP JOU LENSE
Seerkry, teleurstelling en onsekerhede kan jou visie belemmer. Party mense het probleme met mense van ‘n ander geslag of ras en dit beïnvloed hul visie. Ander hou op met hoop, want hulle wil nie teleurstelling ervaar nie. Ek gaan dit verduidelik met ‘n voorbeeld. Gestel ‘n vrou het groot geword op ‘n plaas waar haar ma deur haar pa onderdruk is. Sy was sy slaaf en het alles net aangedra en hy het nooit asseblief of dankie gesê nie. Sy het hard gewerk en was baie alleen op die plaas terwyl hy baie gekuier het en wie weet wat alles aangevang het. Haar ma het net die nodige geld gehad vir die basiese kruideniersware terwyl die pa baie geld geblaas het. Dikwels sal die kind presies dieselfde tipe lewe as die ouer hê. Of sy gaan die hele tyd probeer bewys dat jy glad nie soos haar ma is nie. Vir ‘n vrou gaan dit baie belangrik wees om haar eie geld te verdien, sy gaan ‘n man wil hê wat jou met respek behandel en sy gaan haarself nie alleen op ‘n plaas wil afsloof nie. Dis glad nie slegte planne nie, maar dit is haar eie planne. Omdat sy so baie idees het van wat sy wil hê raak dit moeiliker om raak te sien wat God vir haar wil hê. ‘n Gebrek aan vertroue in haar ouers maak ook dat dit moeiliker om God te vertrou.
Ja en Amen kultuur
Jesus het die kultuur en atmosfeer om Hom verander. Jesus het mense genees op die Sabbatdag. Jesus het die dissipels gelos toe hul koring pluk op die Sabbatdag omdat hulle honger was. Hy het tafels omgegooi in die tempel. Jesus was ‘n rebel in die oë van die wêreld, terwyl Hy slegs gedoen het wat Sy Vader sê. Jesus het die godsdienstige mense ontstel terwyl die wat Hom wou volg lewe gevind het. Wat sou Jesus vandag doen? Vandag sien ons dikwels hoe mense aanpas by die wêreld se kultuur. As jou landswet sê iets is reg, moet jy jouself afvra is dit werklik reg? Jy kan ook nie meer sê die kerk sê dit is reg daarom aanvaar jy dit so nie.