I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
EERSTE LIEFDE
“Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.”
OPENBARING 2:4 AFR53
God het ‘n probleem gehad met die kerk van Éfese want hulle het hulle eerste liefde verlaat. Hulle het steeds sekere dinge reg gedoen, maar moes hulle bekeer en weer hulle eerste liefde vind. Soms moet ek stop en seker maak dat Jesus steeds my eerste liefde is.
Die eerste verwysing na die woord liefde in die Bybel vind ons waar Abraham vir Isak moet offer. Abraham was baie lief vir Isak en toe vra God dat hy hom moet offer. Abraham het jare lank gedroom van sy erfgenaam en nageslag, en moes ‘n baie moeilike keuse maak.
2 THESSALONICENSE
Skriflesing: 2 Thessalonicense 1-3
In die tweede brief aan die gemeente van Thessalonicense word hulle geprys omdat
- hulle geloof toeneem,
- hulle wederkerige liefde meer word en
- hulle volhard in die geloof terwyl hulle vervolg en verdruk word.
“ONS moet God altyd oor julle dank, broeders, soos dit billik is, omdat julle geloof grootliks toeneem en die wederkerige liefde van elkeen van julle almal groter word, sodat ons self in die gemeentes van God oor julle roem vanweë jul volharding en geloof onder al julle vervolginge en die verdrukkinge wat julle verduur — 'n teken van die regverdige oordeel van God, dat julle die koninkryk van God waardig geag mag word, waarvoor julle ook ly; aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk, verdrukking te vergelde, en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele”
WHY WAS THERE NO HUMAN GREATER THAN JOHN?
According to the Bible no human was greater than John the Baptist until Jesus came. After that the least in the kingdom of Heaven was greater than John the Baptist.
Matthew 11:10-13 NKJV
For this is he of whom it is written: 'Behold, I send My messenger before Your face, Who will prepare Your way before You.'
““Assuredly, I say to you, among those born of women there has not risen one greater than John the Baptist; but he who is least in the kingdom of heaven is greater than he.
JOHANNES 10
Hebreeuse Jochanan - Strong’s H3110/G2491 - “Yahweh is gracious”,
“Jehovah is a gracious giver” - Thayer Lexicon.
“God has favoured, the grace of God, love” - The Divinity code to understanding your dreams deur Adam Thompson en Adrian Beale.
Johannes se naam beteken letterlik genade van God.
Die apostel/dissipel Johannes stel ons op ‘n ander manier voor aan Jesus. Die ander apostels vertel van Sy geboorte en bloedlyn. Johannes wys vir ons dat Jesus van die begin af daar was - Johannes 1:1-5. Hy wys vir ons dat Jesus ons goeie herder is wat Sy lewe afgelê het vir ons. Johannes sien homself as Jesus se geliefde, die een wat genade van Jesus ontvang het (Aramees -TPT) - Johannes 13:23. Johannes wys vir ons dat ‘n verhouding met Jesus nodig is.
Wie kan “die woord van die Here” hoor?
Abram het “die woord van die Here” gehoor en met God gekommunikeer.
“NÁ hierdie dinge het die woord van die Here tot Abram gekom in 'n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou 'n skild en jou loon is baie groot. Toe vra Abram: Here Here, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is? Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende van my huis my erfgenaam wees. Toe kom die woord van die Here tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees. Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees. En hy het in die Here geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.”
HENOG
Henog (Enoch) - Strong’s H2585 - toegwyd (“dedicated”)
Ons weet nie veel van Henog nie. Jered (neerdaal - engele het neergedaal in die tyd) was Henog se Vader. Metúsalag (man van die pyl {“dart”}) was Henog se seun en ook die oudste mens (969). Metúsalag het net voor die vloed gesterf.
Henog was toegewyd aan God en is weggeraap toe hy 365 jaar oud was. Henog is in Jesus se geslagsregister (Maria) en was die sewende geslag van Adam af. Henog se profesie dat God sondige mense sal oordeel is bewaarheid met die vloed. Ek glo Henog is ‘n skaduwee van toegewyde Christene wat weggeraap sal word voordat die tribulasie begin. Dit sal weer wees soos in die dae van Noag wanneer Jesus kom.
THE DESIRE OF ALL NATIONS
Haggai 2:7 NKJV
and I will shake all nations, and they shall come to the Desire of All Nations, and I will fill this temple with glory,' says the LORD of hosts.
In the following verses we can see how modern Bible translations are taking the emphasis away from Jesus and deliberately placing the emphasis on man’s desire for money and earthly possessions. The presence of the Father brought glory to the first temple. Jesus is the ONE that brought glory to the second temple; the silver and gold objects never brought any glory to the temple. It’s the presence of Holy Spirit that will bring glory to you; earthly possessions are a blessing from God and can’t bring the glory. An intimate relationship with Jesus is man’s deepest heart’s desire.
Gebed moet gepaard gaan met geloof
Petrus is gevangene geneem en die gemeente het aanhoudend vir hom gebid. Toe hulle gebed verhoor word was hulle verbaas. Ons sal ontvang wanneer ons reg bid. Die vurige gebed van ‘n gelowige het groot krag. Geloof is ‘n noodsaaklike deel van jou gebed.
“So is Petrus dan in die gevangenis bewaak; maar daar het 'n aanhoudende gebed tot God deur die gemeente vir hom opgegaan.
En toe Petrus aan die deur van die poort klop, het 'n diensmeisie met die naam van Rhodé gegaan om te hoor wie daar was. En sy het die stem van Petrus herken en van blydskap die poort nie oopgemaak nie, maar na binne gehardloop en vertel dat Petrus voor die poort staan. Maar hulle sê vir haar: Jy is van jou verstand af. Maar sy het volgehou dat dit so is. Daarop sê hulle: Dit is sy engel. En Petrus het aangehou met klop; en toe hulle oopmaak, sien hulle hom en was verbaas.”
DIE VORS IN ESÉGIËL SE TEMPEL
Eségiël het ‘n visioen gehad van ‘n tempel gedurende die tyd van Koning Jójagin, die tweede laaste koning van Juda - Eségiël 1:1-2. Die eerste tempel is eers later in 586 v.C. vernietig. Na die 70 jaar ballingskap het Serubbábel die tweede tempel gebou. Eségiël se tempel is nooit gebou nie. Dit sal moontlik deur God opgerig word. Die Nuwe Jerusalem sal nie ‘n tempel hê nie, want Jesus en God sal die tempel wees - Openbaring 21:22. Dit mag dalk die 1000 jaar Messiaanse tydperk wees. Of dit verwys moontlik simbolies na die Nuwe Testament se tempel, naamlik Christene en nie ‘n gebou nie. Was dit dalk die ontwerp vir die tweede tempel, maar die ontwerp is nie gevolg nie? Die Joodse feeste en die offers sal steeds gehou word in die tempel.