I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
Oop hemele/ “portals”/ oop vensters van die Hemel
Daar was die laaste ruk soveel mense wat praat oor sataniste wat in rituele vensters vir bose geeste probeer oopmaak. Baie Christene glo nie dat daar “portals” is nie. Baie mense wat ‘n naby-dood ervaring gehad het sal vertel hulle het bo-natuurlik deur die dak van ‘n vertrek beweeg, terwyl hullle liggame agtergebly het. Dan vertel hulle van ‘n tonnel/kolom, met ‘n lig aan die einde, waarin hulle opgesuig word. Ek glo dit is ‘n hemelse venster (“portal”). Kom ons kyk wat sê die Bybel.
JY IS GEROEP
“EK vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is,”
EFÉSIËRS 4:1 AFR53
Paulus het die Efésiërs aangemoedig om ‘n heilige lewe te lei wat pas by mense wat in diens van God is. As niemand dit nog ooit vir jou gesê het nie, wil ek vandag vir jou sê dat God jou geroep het. Baie van ons het altyd gehoor dat kerkleiers geroep is deur God en die res van ons moet ander werk doen en Sondae kerk toegaan. Die Afrikaanse Bybel sê baie is geroep terwyl die TPT (The Passion Translation) sê dat almal geroep is.
VUUR
“Aangaande die gestalte van die wesens: hulle voorkoms was soos gloeiende vuurkole, soos die voorkoms van fakkels; die vuur het heen en weer beweeg tussen die wesens, en die vuur het 'n helder glans gehad, en uit die vuur het blitse uitgeslaan.”
ESÉGIËL 1:13 AFR53
Ek het altyd gewonder waarom God wou hê ons moet weet dat daar 4 wesens met 4 koppe wat op wiele beweeg, in die troonkamer is (Eségiël 1). Op ‘n dag het ek besef hulle beweeg 100% saam met die Heilige Gees. Hulle wys vir ons dat ons ook saam met God se Gees moet beweeg. Onlangs het ek eers besef hulle het vuurvlamme om hulle, want dit is wat gebeur wanneer jy in die teenwoordigheid van God is. Die wiele was vol oë en die 7 oë is die 7 geeste van God (Jesaja 11, Sagaria 3-4, Openbaring 5). Die volheid van God se Gees bestaan uit al 7 dele. Die wesens het saam met God se Gees beweeg. Hulle was vol vuur, want dit is wat gebeur wanneer jy in God se teenwoordigheid is. Vuur brand weg alle onsuiwerhede en dooie hout, maar dit kan ook ander mense aktiveer of aansteek om aan die brand te raak vir God.
GLO NET
“DIE geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang. Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.”
HEBREËRS 11:1-3 AFR53
In Johannes 20:19-31 lees ons hoe ongelowige Thomas eers Jesus se wonde wou aanraak voor hy sou glo dat Jesus lewe.
WANNEER JY BENOUD VOEL
Hierdie is vir diegene wat vandag bekommerd is. Of dit jou werk, jou finansies, jou gesondheid of jou familie is, wat jou benoud laat voel - God hoor jou as jy na Hom uitroep. Dawid, die man na God se hart, was dikwels benoud. Dawid het oorwin omdat hy geweet het om na God uit te roep.
“Wees my genadig, Here, want ek is benoud; van verdriet het my oog mat geword, my siel en my liggaam. Want my lewe kwyn weg van kommer en my jare van gesug; my krag struikel deur my ongeregtigheid, en my gebeente teer uit. Vanweë al my teëstanders het ek 'n voorwerp van smaad geword, ja, grootliks vir my bure, en 'n voorwerp van skrik vir my bekendes; die wat my op straat sien, vlug weg van my af. Ek is vergeet uit die hart, soos 'n dooie; ek het geword soos 'n ding wat lê en vergaan. Want ek het die skindertaal van baie gehoor — skrik rondom! — terwyl hulle saam raad hou teen my; hulle is van plan om my lewe te neem. Maar ék vertrou op U, o Here! Ek sê: U is my God. My tye is in u hand; red my uit die hand van my vyande en van my vervolgers. Laat u aangesig skyn oor u kneg, verlos my deur u goedertierenheid. Here, laat my nie beskaamd staan nie, want ek roep U aan; laat die goddelose beskaamd staan, laat hulle verstom in die doderyk! Laat die valse lippe stom word wat in trotsheid en veragting onbeskaamd spreek teen die regverdige. o, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders!”
PSALMS 31:10-20 AFR53
SABBATSRUS
Hebreërs 4:1-13
Na 400 jaar as slawe in Egipte het God die Israeliete ‘n kans gegee om vry te kom. God wou ‘n intieme verhouding bou met elkeen van die Israeliete. Slegs 2 mans, Josua en Kaleb, uit die 603 550 mans (dit is sonder die Leviete - Exodus 38:26, Númeri 1: 46) het rus in God se beloftes gevind. Selfs Moses het uit frustratie die rots geslaan en daarom kon hy nie die beloofde land binnegaan nie.
DIE SEWENTIG
Lukas 10:1-24
Jesus het 70 (35 groepe met 2 mense/groep) mense voor Hom uitgestuur om die Woord te verkondig. Ons sien dat groepe van 70 op meer plekke in die Bybel voorkom. Die hele stam van Israel het ontstaan uit 70 familielede van Jakob wat na Egipte verhuis het (Exodus 1:5). In die Ou Testament het 70 ouer mense saam met Moses en Aäron vir God op die berg ontmoet (Exodus 24, Númeri 11:16). Later sou die Sanhedrin (joodse raad) uit 70 lede en die hoërpriester bestaan.
STRUIKELBLOKKE
“‘n Obstruksie waaroor ‘n mens kan struikel, of figuurlik, ‘n hindernis wat oorkom moet word.” (Supertaal woordeboek)
Soos jy nader aan God wil leef sal jy soms ‘n struikelblok of twee moet oorkom. Jy het dalk 2 jaar gelede wonderlike planne vir jou toekoms gehad en nou is jou lewensplan besaai met struikelblokke. God is nie verbaas dat jy hierdie struikeblokke moet oorkom nie. Jy mag dalk in jou hart dink dat daar te veel goed is wat in jou pad staan. God het geweet jy gaan hierdie punt bereik en daarom het Hy vir ons ‘n strategie in Sy Woord gegee.
SPREEK LEWE
Jakobus 3:1-12
Soms is ons onbewus daarvan dat ons dood en siekte spreek oor onsself. Baie van ons afrikaanse uitdrukkings spreek dood.
• Doodlag
• Liewer dood as uit die mode
• Siek en sat oor ‘n situasie, selfs deur te sê jy is moeg vir ‘n situasie is negatief, want jy verklaar dat jy moeg is (Job 22:18).
• Doodgoed en goed dood
Luister na jou woorde en bou jouself en ander op daarmee.