I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
God wil hê dat alle mense gered word
Ons sien soveel ongeregtigheid (sonde) elke dag om ons dat dit belangrik is om te weet dat God elke mens wil red. Dis oestyd en God is besig om ‘n skeiding te bring tussen die skape en bokke (Matthéüs 25:31-46), asook die onkruid en die koring (Matthéüs 13:24-30). Hel was gemaak vir satan en sy demone (Matthéüs 25:41). As Christene moet ons die hart van God ken en bid dat alle mense gered word.
AGAB EN ISÉBEL
1 Konings 16:29 - 1 Konings 22, 2 Konings 9-10.
Agab was koning oor Israel en Isébel was sy vrou. Agab het 22 jaar regeer oor Israel en hy het meer verkeerd gedoen as enige van die vorige konings. Ons is in die jaar 2022. Ek glo dis nodig dat ons hierdie jaar met Agab en Isébel moet afreken. Dis belangrik om te verstaan dat Agab en Isébel geval het in die tyd van Elía, maar die demoniese gees het bly leef. Eendag sal die gees finaal val wanneer die wêreld tot ‘n einde kom. Alles in die Bybel gebeur oor en oor. Salomo sê daar is niks nuuts onder die son nie. Die kerk van Thiatíre het ook ‘n probleem gehad met die Isébel gees.
VERVOLGING
Het dit al vir jou gevoel dat hoe nader jy aan God leef hoe meer raak die vervolging? Hoe meer jy probeer regdoen, hoe meer loop dinge skeef? Deuteronómium 28 wys vir ons hoe ons lewe kan lyk as ons ‘n verbond met God het. Dawid het ‘n verbond met God gehad, maar is gedurig vervolg deur Koning Saul (Psalms 57) sy eie mense het teen hom gedraai en die Filistyne het hom gevang (1 Samuel 21, Psalms 34, 56). In die Psalms vind ons Dawid se reaksie tot elke vervolging. Dawid vertel van sy swaarkry, maar hy vertel ook hoe God uitkoms gebring het. Om in verbond met God te leef beteken nie probleme verdwyn nie. Om in verbond met God te leef beteken dat jy die probleme saam met God aanpak. Soms het Dawid probleme ondervind a.g.v. sy sonde (2 Samuel 11-12, 24, Psalms 51) maar meestal was dit net die vyand wat hom aangeval het.
God het reeds ‘n oplossing
Ons beleef ‘n moeilike tyd waar ons onderdruk word deur regerings, groot maatskappye en ryk mense. Hierdie mense dink dat hulle geld hulle in die posisie plaas om ander te beheer. Die hele Bybel is vol hiervan. Dis dus niks nuuts vir God nie. As Christene is slegs die Heilige Gees in beheer van ons lewens.
“Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring — die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom? Maar die mens wat in aansien is, hou nie stand nie; hy is soos die diere wat vergaan. Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou, en van hulle volgelinge wat in hul woorde 'n behae het. Sela. Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem. Sela. Wees nie bevrees as 'n man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie; Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan.”
PSALMS 49:6-7, 13-14, 16-17, 21 AFR53
Outoriteit, voor - en na Jesus.
God het met outoriteit die aarde en alles daarop geskep. Dan word die outoriteit aan Adam en Eva gegee om te heers en regeer. Hulle luister egter na die slang en gee hulle outoriteit oor aan satan. In die Nuwe Testament vind ons dat God Sy Seun, Jesus, gebruik het om alles te skep - Kol 1:16, Heb 1:2. Dieselfde outoriteit vind ons weer wanneer Jesus mense genees. Die mense was verbaas dat Jesus soveel outoriteit gehad het.
DROË BENE
Eségiël 37:1-14
Die profeet Eségiël het die opdrag van God gekry om die droë bene van Israel lewendig te maak. Dit was ‘n groot taak, want daar was ‘n hele vallei vol droë bene. Dit was nie ‘n onmoontlike taak nie. Ek glo God vra vir jou vra om die droë bene in jou lewe, familie, dorp of stad lewendig te maak. Dit mag dalk na ‘n groot taak lyk, maar dis nie ‘n onmoontlike taak nie.
VIND RUS IN GOD
Hoe lank gaan jy nog terugdeins elke keer as die vyand na jou mik? Dis ‘n gedurige toutrekkery tussen jou en die vyand. Solank as wat jy beheer aan die vyand gee gaan jy moeg word. Wanneer gaan jy rus vind in die middel van die storm? Wanneer jy reageer uit ‘n posisie van rus is jy kalm en raak jy nie moeg nie. Vind rus in Hom.
“Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees.”
EXODUS 14:14 AFR53
WAT KAN JY DOEN?
Ek hou baie van die see. Dis die een plek waar ek regtig kan stilsit en ontspan. Wanneer ek die branders hoor, die pragtige natuurskoon sien en die seelug ruik, voel ek naby aan God. Die seewater hier by ons is baie koud, selfs in die somer. Ek sukkel om hier te swem. Laat een koue wintersmiddag het ons gesien hoe ‘n paar mense (sonder “wetsuits”) die see instap en gaan swem asof dit heerlik warm is. Ek moes net eenvoudig vra hoe hulle dit regkry. Die antwoord was dat hulle dit net doen. Verlede week toe die dae nou lekker warm begin word het ons besluit dis tyd om te swem. Met die instap was my voete dadelik gevoelloos van die koue. Die seetemperatuur was slegs 14,4 grade Celsius. Ons het ooreengekom om nie te sê dat ons koudkry nie. Ons houding was dis somer en die water is warm. Ek het nou al 3 dae gaan swem en die nuwe houding maak die water heerlik warm voel. Dis die derde somer wat ons hier woon en ek is sommer vies vir myself dat ek 2 somers laat verbygaan het sonder om te swem.
GEBOORTEPYNE #2022
Ons is in ‘n seisoen waar nuwe dinge moet gebeur (Jesaja 43:18,19). Satan probeer om elke nuwe ding van God te stop. Hy wil die fisiese babas en die geestelike babas stop voor hul gebore word. Een van die eerste opdragte wat God aan die mens gegee het was om vrugbaar te wees en kinders te hê. Ek glo die verse verwys na meer as om net kinders te hê. God wou ook hê die mens moet voorspoedig, gelukkig en gesond wees.