I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
PSALMS 91
Die skrywer van Psalms 91 is nie bekend nie. Daar is ‘n moontlikheid dat dit dalk Moses was. Dis baie duidelik dat die skrywer ‘n baie intieme verhouding met God gehad het. Die persoon het God geken en geweet dat God goed is. God belowe in Psalms 91 dat wanneer ons naby Hom bly sal ons veilig wees in alle omstandighede. Jy moet so naby aan God wees dat jy in Sy skaduwee kan skuil. Hy bedek ons met Sy vlerke dat geen gevaar ons kan aanraak nie. Die Nuwe Testament leer vir ons dat ons deel van Jesus moet bly, want sonder Jesus kan ons niks doen nie.
OORWINNAARS
Openbaring 2-3.
Johannes was in die gevangenis op die eiland Patmos. Jesus het in ‘n visioen aan Johannes verskyn en vir hom boodskappe gebring vir die 7 kerke. In die 7 briewe aan die 7 gemeentes in Asië kry ons leidrade hoe om te oorwin.
1. Éfese
• Efése beteken “wenslik” of “liefling” TPT).
• Hulle het dieselfde verkeerde goed gehaat as wat God haat. ***
• Hulle het deursettingsvermoë gehad en nie moeg geword om goed te doen nie.
• Hulle het hul eerste liefde en intimiteit met die Vader verloor.
• Prys: Om te eet van die boom van die lewe in die Paradys.
Ons moet God se Woord ken. Dan sal ons beter kan onderskei tussen reg en verkeerd. Ons leef in ‘n tyd waar verkeerde goed reg genoem word en regte goed verkeerd (Jesaja 5:20). Ons moet elke dag tyd neem om ‘n intieme verhouding met God te bou. Jy is God se liefling en God wil jou eerste liefde wees.
GEESTELIKE PROBLEME HET GEESTELIKE OPLOSSINGS
Ek het vanoggend wakker geword met die woorde in my gedagtes - “geestelike probleme het geestelike oplossings.” Dis nog ‘n manier waarop God met my praat. Ek is glad nie van nature ‘n skrywer nie. Ongeveer 10 jaar gelede het ek in die oggende begin wakker word met spesifieke woorde en sinsnedes in my gedagtes. Dan sou ek na die Bybel gaan en meer probeer uitvind oor wat God sê en dit is hoe ek begin skryf het.
GOD EERSTE, DAN VRIENDE EN DOKTERS
2 Kronieke 16
Ons leef in ‘n tyd waar ons baie besluite moet neem. Die storie van Koning Asa herinner my om altyd my oë eerstens op God te plaas. Koning Asa het oor Juda regeer en hy het ‘n probleem gehad met Baésa, die koning van Israel. In plaas daarvan om hulp by God te vra het hy hulp gevra by die heidinse koning van Aram.
“want die Here — sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; hierin het u dwaas gehandel, want van nou af sal daar oorloë teen u wees.”
II KRONIEKE 16:9 AFR53
KERSFEES
Kom ons wees vrygewig hierdie Kersseisoen. Jesus het aarde toe gekom en Sy lewe vir jou gegee. Kom ons gee aan die mense wat werkloos is. Koop ‘n paar ekstra geskenkies of blikkies kos en help die mense in jou omgewing. Kom ons gee aan die vervolgde kerk. Geopende Deure doen wonderlike werk, ondersteun hulle as jy kan.
“Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom. Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee? En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee? En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom? En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.”
MATTHÉÜS 25:35-40 AFR53
KYK
In die boek van Openbaringe het Johannes het baie dinge gesien wat in die toekoms gaan gebeur. Toe die profeet Jeremia deur God geroep is het hy geen ondervinding gehad hoe om ‘n profeet te wees nie. God moes hom leer hoe om te sien. Jy is miskien nie geroep tot ‘n profeet nie, maar elke kind van God is ‘n koning en ‘n priester en omdat jy in God se beeld gemaak is moet jy kan sien wat in die toekoms gaan gebeur. God wil jou leer om te sien en dit begin deur te kyk.
SKIETLOOD
Skietlood/ “Plumbline”
Amos 7 handel oor die skietlood wat gebruik word om te kyk of ‘n gebou regop gebou is. ‘n Skietlood is ‘n koord met ‘n gewig daaraan wat reguit sal hang as jy dit teen ‘n muur hou. Jy kon dus bepaal of ‘n muur regop is. Die skietlood in die Bybel verwys na God se oordeel. Dit bepaal of jy ‘n regop/reguit/regverdige pad stap om die bruid van God te wees.
KRAG
Iemand het die ander dag vir my gesê dat ek so sterk is en dat hulle nie so baie krag soos ek het nie. Hoekom het ek krag? Hoekom is ek sterk? Ek deel graag my geheim met jou.
“Die Here is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my vader, Hom sal ek verhef.”
EXODUS 15:2 AFR53
IS GOD IN BEHEER?
Adam en Eva het in ‘n perfekte verhouding met God geleef. Hulle het in die koelte van die aand saam met God gewandel. Hulle moes heers oor die aarde en kon eet van die vrugte in die tuin. Dit was asof hulle Hemel op aarde ervaar het totdat Adam en Eva na die listige slang geluister het en van die verbode vrugte geëet het. Daarna het alles verander. Jaloesie, haat, siekte, droogte, tekort en hongersnood het nou deel van hulle lewe geword. Hul seun Kain het die eerste moordenaar geword toe hy sy broer Abel uit jaloesie vermoor het. Wat het in die eerste plek verkeed gegaan? Adam en Eva het ‘n perfekte lewe prysgegee vir ‘n appel, terwyl hulle omring was deur ander perfekte vrugte. Ek glo die antwoord is in Génesis 1:28.