I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
GELYKENIS VAN DIE LANDBOUERS
Lukas 20:9-18
Jesus het die gelykenis vertel van ‘n man (God) wat ‘n wingerd geplant (die wêreld) het en toe gaan reis het. Hy het die wingerd aan landbouers (mense op aarde) verhuur terwyl hy weg was. Na ‘n sekere tyd het hy ‘n dienskneg (profete, apostels, sendelinge) uitgestuur om van die vrugte by die landbouers te kry, maar hulle het die dienskneg geslaan en geweier om vir hom van die vrugte te gee. Die man het nog 2 keer ‘n dienskneg na hulle gestuur en dieselfde het gebeur. Toe stuur die man sy eie seun (Jesus) in die hoop dat die landbouers hom beter sal behandel. Die landbouers het hom doodgemaak. Die landbouers het gedink dat die man niks aan hulle sal doen nie.
Die 7 Genadegawes
In Romeine 12 vind ons die 7 genadegawes wat ons ontvang het. Jesus het al 7 hierdie gawes gehad. Die nommer 7 word beskou as die perfekte nommer en illustreer die sigbare teenwoordigheid van God. Ons almal het van hierdie gawes ontvang om te gebruik om God se Koninkryk te bevorder. Die 7 genadegawes moenie verwar word met die vyfvoudige bedienings nie - naamlik apostels, profete, evangeliste, herders en leraars (Efésiërs 4). Hierdie 5 posisies is meestal/dikwels beperk tot die kerk. Almal van ons is nie geroep om ‘n kerkleier te wees nie en daarom is dit belangrik om te kyk na die genadegawes. Daar is ook geestelike gawes in die Bybel wat jy sal vind in 1 Korinthiërs 12:8-10. Paulus sê ons moet almal werk maak om hierdie gawes te verkry (1 Kor 14:2). Elke persoon het ‘n roeping of lewensdoel wat ons moet vind. Ongelukkig gebruik baie mense hul gawes vir eiegewin. Wanneer jy weet wat jou gawes is kan jy makliker jou roeping vind.
GELYKENIS VAN DIE TALENTE

Lukas 19:11-28, Matthéüs 25:14-30
Jesus se volgelinge het gedink dat Jesus die Romeinse heerskappy gaan oorwin en dat Hy letterlik hulle koning sou word. Dikwels het ons ’n vleeslike verwagting vir iets wat ’n geestelike oplossing het. Ons voer ’n geestelike stryd teen satan (Efésiërs 6). Daarom het Jesus vir Sy volgelinge hierdie gelykenis vertel. ’n Belangrike man moes na ’n ver land reis en sou eers terugkeer nadat hy koning geword het. Die man het dus sy werkers geld/talente gegee om mee handel te dryf. Met sy terugkoms het hy gevind dat sommige baie wins gemaak het, sommige het geen wins getoon nie en ander nie wou hê dat hy koning moes word nie.
Die onregverdige bestuurder
Lukas 16:1-13
Jesus het ’n gelykenis vertel van ’n bestuurder wat vir ’n baie ryk man gewerk het. Die ryk man het uitgevind dat die bestuurder sy geld mors en die bestuurder gekonfronteer. Die bestuurder het besef hy is uitgevang. Volgens die TPT Bybel is “Spit kan ek nie” ’n Aramese uitdrukking wat beteken hy kon nie wegsteek of begrawe wat hy gedoen het nie. Die ryk man het reeds geweet hy is oneerlik. Die bestuurder besluit toe aangesien hy nou sy werk gaan verloor moet hy nou ’n plan maak. Hy gee toe ’n klomp mense afslag op hul skuld sodat hulle hom goedgesind kon wees wanneer hy sy werk verloor. Die bestuurder het homself dus bevoordeel in die proses. Jesus wou hê die dissipels moes sien dat die geld van hierdie wêreld gebruik moet word om Sy koninkryk te bou en sodoende sal hulle die ewige lewe ontvang. Ons kan onsself bevoordeel deur vrygewig teenoor ander te wees. Selfs wêreldse mense weet om geld tot hul voordeel te gebruik. Ons moenie geld dien nie, ons moet geld gebruik tot eer van God en sodoende sal ons ook bevoordeel word.
BID VIR DIE KINDERS
Ek het verlede nag ’n droom gehad waar ek op ’n plaas woon. Ons mag nie klein boompies geplant het of laat groei op die plaas nie. Wanneer daar wel klein boompies was moes hul met gif bespuit word.
’n Plaas is ’n plek waar mens ’n oes verwag, maar nou wou hulle ons stop om meer bome te plant. Satan wil nie hê ons moet ’n oes inbring nie. Kyk om jou rond hoeveel mense woon op die strate omdat hul werkloos is. Satan wil ons ook probeer stop om ’n geestelike oes in te bring. Hy wil nie hê ons moet die Woord versprei en mense moet tot bekering kom nie. Satan wil ons stilhou en isoleer van ander mense.
JESUS IS THE DOOR
Sometimes people will say there are different ways to get to God. They will say that God is on top of the mountain and any route can take you to God. The only thing of importance for them is to get to God. This argument is used to justify any religion. Let’s see what the Bible says about this.
“Then Jesus said to them again, “Truly, truly I say to you, I am the door of the sheep. All who came before Me are thieves and robbers, but the sheep did not listen to them. I am the door. If anyone enters through Me, he will be saved and will go in and out and find pasture. The thief does not come, except to steal and kill and destroy. I came that they may have life, and that they may have it more abundantly. “I am the good shepherd. The good shepherd lays down His life for the sheep.”
â€â€John‬ â€10:7-11‬ â€MEV‬‬
DIE KONINGIN VAN SKEBA
Lukas 11:29-32, Matthéüs 12:38-42
Die paragraaf handel oor hoe die Fariseërs vir Jesus ’n teken vra. Jesus het menigte wonderwerke gedoen, maar dit was nie genoeg vir hulle nie. Jesus het vir hulle gesê dat die teken van Jona die enigste teken is wat hulle sal kry. Jona was 3 dae in die maag van ’n vis, hy noem dit “die doderyk” voordat God hom verlos het. Jona was ’n skaduwee van wat met Jesus sou gebeur. M.a.w. Jesus se dood en opstanding sou ’n teken wees dat Hy die Messias is en ons weet dat selfs Jesus se opstanding hulle nie oortuig het nie. Jesus het verder gegaan en gesê dat die mense van Ninevé asook die koningin van die Suide eendag sal opstaan en hierdie bose, ongelowige geslag oordeel. Die Bybel bevestig dat die gelowiges eendag die ongelowiges sal oordeel (Matthéüs 12:28, 1 Korinthiërs 6:2).
JESUS WOON BINNE JOU
“Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.”
â€â€OPENBARING‬ â€3:20‬ â€AFR53‬‬
Jesus wil ingenooi word in elke mens se hart. Wanneer ’n vreemdeling by jou huis kom sal jy net hom laat inkom tot by die voorportaal. Wanneer vriende kom kuier sal hulle vir ’n ruk in die sitkamer sit en miskien koffie drink en dan weer gaan. Maar wanneer Jesus kom wil Hy permanent intrek, Hy wil in elke deel van jou lewe ingenooi word. Hy is ’n ware Heer en sal nie instap waar jy Hom nie innooi nie. Jesus wil hê jy moet Hom innooi in jou hartseer, maar ook in jou blydskap. Hy wil ingenooi word in jou ontspanning, maar ook in jou werk. Niks is te moeilik vir Jesus nie. Jou finansies, jou kinders, jou huwelik, jou gesondheid, jou vriendekring, sonde waarmee jy sukkel is alles goed waarmee Jesus jou kan help. Om “saam maaltyd te hou” beteken dat jy kommunikeer met Jesus asof julle beste vriende is.
VAN WATTER GEES IS ONS?
Lukas 9:51-56
Jesus en Sy dissipels was oppad na Jerusalem toe hul deur ’n Samaritaanse dorp trek. Die Samaritane wou nie hê hul moes daar stop nie omdat Jesus oppad was na Jerusalem. Die Samaritane het op ’n berg in Samaria aanbid terwyl die Jode God in Jerusalem aanbid het (Johannes 4:1-30). Die Jode en Samaritane het nie eers met mekaar gepraat nie. Die Samaritane het ook geglo in die koms van die Messias, maar omdat Hy oppad was na Jerusalem wou hulle niks met Hom te doen hê nie. Jesus was oppad om Sy skeppingsplan te voltooi en het Hom nie laat afsit deur hul gedrag nie. Die dissipels wou egter vuur afroep uit die Hemel om die Samaritane te laat sterf. Jesus het die dissipels duidelik laat verstaan dat dit nie God se Gees is wat deur hul werk nie. God is liefde en ons kan nie wraak neem of slegte gevoelens teenoor mense hê omdat hulle ander dinge glo as ons nie. Selfs al is hulle verkeerd. Van watter gees is jy?