I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
WAT GAAN JESUS VIND?
Wat gaan Jesus vind wanneer Hy terugkeer?
“Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?”
LUKAS 18:8 AFR53
Toe die dissipels nie ’n demoon kon uitdryf nie het Jesus hulle kleingelowiges genoem. Gaan Jesus ’n klomp kleingelowiges aantref?
Soms het Jesus aan mense gesê hulle geloof het hul gered. Baie sou nie gesond geraak het, sonder geloof nie. Geloof is dus nodig om genesing en vryheid te verkry. Hoeveel siekes en demoon gevulde mense is elke dag om ons? Het ons die onderskeidingsvermoë om te kan sien wanneer satan iemand se lewe oorgeneem het?
RAAK STIL
Wanneer jy jou bekommer oor iets neem dit dikwels jou gedagtes oor. Dis soos ’n knaende muskiet wat jou wakker hou. Hoe meer jy daaraan dink en hoe meer jy daaroor bid, hoe meer pla dit jou. Toe my kinders eksamen moes skryf, sou ek ’n paar keer deur die dag vir hul bid. Op ’n dag het God met my daaroor gepraat en verduidelik dat ek dit een maal aan Hom kan gee en dat dit genoeg is. Dit het gewerk, maar dis anders as langdurige probleme. Ek praat van daai dinge wat jaar in en jaar uit pla.
VERWERPING, VERGEWE EN VERGEET
Die 3 V’s gaan dikwels saam. Wanneer jy verwerp word moet jy kies om te vergewe en te vergeet. Wanneer jy verwerp voel moet jy jouself herinner dat Jesus verwerp is deur Sy eie mense, die Jode. Dit was nie die Romeine wat Jesus wou kruisig nie. Dit was die mense van die kerk. Selfs Sy dissipels het aan die slaap geraak. Petrus het Jesus 3 keer verloën. Jou situasie is nie erger as Jesus s’n nie. Jesus was sondeloos en is gekruisig vir die hele wêreld se sonde. Dit is nie regverdig nie.
MOSES KON PRAAT
Onderskat jy jouself soms? Dan sal jy verstaan hoe Moses gevoel het.
Stéfanus het die volgende oor Moses gesê:
“En Moses is opgelei in al die wysheid van die Egiptenaars en was magtig in woorde en dade.”
HANDELINGE 7:22 AFR53
“So Moses was educated in all the wisdom and culture of the Egyptians, and he was mighty (powerful) in his speech and deeds.”
Acts 7:22 AMPC
“So Moses was fully trained in the royal courts and educated in the highest wisdom Egypt had to offer, until he arose as a powerful prince and an eloquent orator.”
Acts 7:22 TPT
GELYKE PAD
Die Hebreërs het gedink Jesus het gekom om hul koning op aarde te wees. Hulle het gedink Hy gaan hulle verlos van die Romeinse heerskappy. Dit moes ’n skok gewees het toe Hy sterf, opstaan en opvaar na Sy Vader, nadat hulle vir jare lank gewag het vir hul koning. Jesus het ’n ander tipe verlossing gebring. Hy het die ewige lewe gebring. Ervaar jy soms moeilikheid ten spyte van die feit dat jy seker is van jou verlossing? Die Bybel sê ons moenie verbaas wees as dit soms moeilik gaan nie. Onthou God is steeds met jou.
Hoe wag ‘n mens vir God se beloftes?
Hoe wag mens vir God se beloftes?
Wanneer jy beloftes uit die Woord of persoonlike profesie of selfs ’n belofte direk van God ontvang, wat doen jy daarmee?
God het Abram (75) geroep om Haran te verlaat en na ’n nuwe land te trek. In Génesis 12 lees ons dat God Abram ’n groot nageslag en baie seëninge belowe het. Later lees ons dat Abram wel aardse seën ontvang het, maar steeds kinderloos was.
GOD IS ALWAYS GOOD
God wants you to know that He is good.
“For the Lord is good; His mercy endures forever, and His faithfulness to all generations.”
Psalms 100:5 MEV“It is of the Lord’s mercies that we are not consumed; His compassions do not fail. They are new every morning; great is Your faithfulness. “The Lord is my portion,” says my soul, “therefore I will hope in Him.” The Lord is good to those who wait for Him, to the soul who seeks Him. It is good that a man should wait quietly for the salvation of the Lord.”
Lamentations 3:22-26 MEV
NUWE LEWE IN DIE HEILIGE GEES
“Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.”
GALÁSIËRS 2:20 AFR53
Waarom sukkel ons om deur die Gees gelei te word?
Die hoofrede is die vlees wat in die pad kom van die Gees.
Hoe kry ons die vlees uit die pad?
Die antwoord kry ons in Kolossense 3:1-17
GELD EN TIENDES
Geld is sekere een van die mees kontroversiële onderwerpe om oor te skryf. Ek het maande gelede begin navorsing doen om uit te vind wat God se hart oor tiendes is. My navorsing begin altyd by my yslike groot Strong’s Concordance. Ek het elke woord opgesoek wat met tiendes, geld en handeldryf te doen het. Daarna het ek elke vers wat iets daarme te doen het gelees. Ek lees graag die afrikaanse ou vertaling 1933/53, maar gebruik ook engelse Bybels soos TPT, MEV en AMPC om seker te maak ek verstaan, wat elke vers beteken. Soos ek lees maak ek notas. As ek dan voel God wil hê ek moet dit deel sal ek dit opsom en dit vir die publiek pos.