I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
KEN GOD
“Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.”
SPREUKE 3:6 AFR53
Laat God toe in elke area van jou lewe. As jy ’n goeie lewe wil hê moet jy God deel van jou lewe maak. Hy moet deel wees van die moeilike en die maklike goed. Hy moet deel wees van jou werk, jou ontspanning, jou familie, jou verhoudings, jou seerkry en jou geluk. Hy moet ook deel hê in jou besluite. As jy al die besluite wil neem is daar nie plek vir God in jou lewe nie. Jy kan nie langer op die troon sit nie; God moet op die troon van jou lewe sit.
OORDEEL
Die hele Ou Testament is vol insidente waar die mense se sonde geoordeel word. Aan die eenkant is dit Israel, God se mense, wat gedurig ongehoorsaam is en aan die anderkant is dit Israel se vyande wat geoordeel word omdat hul God se mense te nakom.
Ons lees dikwels van Babel en al die euwels wat hulle gedoen het. In Jer 50-51 lees ons hoe die profeet Jeremia teen Babel profeteer. Die Israeliete is vir 70 jaar lank weggevoer in ballingskap na Babel a.g.v. hulle eie sonde. Die Babiloniërs het Jerusalem verwoes, die tempel vernietig en dele afgebrand. Hulle het al die silwer en goue voorwerpe uit die tempel geneem. Gedurende die twaalfde jaar van die ballingskap is Jerusalem oorgeneem deur Babel. Twaalf is die nommer van God se regering (12 stamme in die Ou Testament en 12 dissipels in die Nuwe Testament). Babel het dus ook teen God gesondig en daarom het God koning Kores van Persië toegelaat om Babel in te neem (Jes 41:25, Jer 50:3). Babel het later onbewoond geraak a.g.v. hulle sonde. In Eségiël lees ons hoe God oor die sonde van Israel en al hulle vyande oordeel. Ons is weer in ’n tyd waar God besig is om die wêreld se sonde te oordeel.
ESRA
God het in Koning Kores se hart gewerk en daarom het hy die Jode beveel om terug te keer na Juda en Jerusalem. Hulle was vir 70 jaar in ballingskap nadat Koning Nebukadnésar hul na Babel geneem het. Jeremia het profeteer dat dit sal gebeur (Jer 25:11,12; 29:10; 33:10-14). Dis belangrik om te onthou dat die boeke van die Bybel nie noodwendig in chronologiese orde is nie.
“Toe het die familiehoofde van Juda en Benjamin klaargemaak, en die priesters en die Leviete — elkeen wie se gees God opgewek het om op te trek, om die huis van die Here wat in Jerusalem is, te bou. En almal wat rondom hulle was, het hul hande versterk met silwervoorwerpe, met goud, met goed en vee en kosbare geskenke, behalwe alles wat hulle as vrywillige gawe aangebring het. En koning Kores het die voorwerpe van die huis van die Here uitgelewer wat Nebukadnésar uit Jerusalem weggevoer en in die huis van sy god gesit het.”
ESRA 1:5-7 AFR53
Nehemía
Van ongeveer 605 vC word mense weggevoer na Babel en 586 vC word Jerusalem oorgeneem en word die eerste tempel vernietig. Die ballingskap duur 70 jaar totdat koning Kores (Cyrus) toestemming gee dat die Jode kan terugkeer in 538 vC. In 520 vC word die fondamente gegrawe vir die tweede tempel. In ongeveer 445-443 vC het Nehemía die muur laat herbou.
Esra was die priester en skrifgeleerde, in daardie tyd. Nehemía het gehoor hoe sleg dit gaan in Jerusalem. Die muur om Jerusalem was stukkend en dele was verbrand. Hy het namens sy hele volk vergifnis vir hulle sondes gevra (Neh 1:6 ). Nehemía was die skinker van Koning Artasásta (Neh 1:11) en het vir die koning toestemming gevra om na Jerusalem te gaan.
UITKYKPUNT
In die Ou Testament was daar wagters (watchman) wat op ’n hoë uitkykpunt/muur gestaan het om te sien wie die stad nader. Hulle kon dus die koning of inwoners waarsku wanneer daar gevaar was of mense van belang oppad was daarheen. In 2 Samuel 18 lees ons hoe die wagter op die muur aan Koning Dawid meedeel wat hy sien.
“En terwyl Dawid tussen die twee poortingange sit, het die wag op die dak van die poort op die muur geklim; en toe hy sy oë opslaan, sien hy meteens ’n man alleen hardloop.”
II SAMUEL 18:24 AFR53
KYK NA DIE TEKENS
“En God het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.”
GÉNESIS 1:14 AFR53
“En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp. Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom. En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.”
HANDELINGE 2:19-21 AFR53
Jou roeping
Lees Exodus 1-4.
Moses se werk was om kleinvee op te pas vir Jetro, sy skoonpa. Hy was by die berg Sinai (doringagtig) of Horeb (woestyn) wat ook die berg van God genoem word. Skielik het die Engel van die Here aan Moses verskyn uit ’n brandende doringbos, wat nie uitbrand nie. Toe Moses nuuskierig nader gaan het God met hom begin praat vanuit die bos. Dis belangrik om notisie te neem wanneer God met jou wil praat. Sou jy by die bos gestop het of lewe jy so ’n gejaagde lewe dat jy dit gaan mis wanneer God jou roep? God het onthul wie Hy is en daarna aan Moses meegedeel dat Hy sien hoe swaar die Israeliete kry. God het ’n oplossing gehad vir die probleem en wou Moses gebruik. Was Moses gekwalifiseerd vir sy roeping? Nee, dis wat dikwels gebeur wanneer God ons roep.
Jesus het gekom sodat ons oorvloed kan ervaar
“Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.”
JOHANNES 10:10 AFR53
Ek hou van hoe die “The Passion Translation” dit sê:
“A thief has only one thing in mind—he wants to steal, slaughter, and destroy. But I have come to give you everything in abundance, more than you expect —life in its fullness until you overflow!”
God het wonderlike planne vir jou
Wanneer dinge moeilik gaan is daar net een ding om aan vas te klou en dit is dat God wonderlike planne vir jou het. Omdat jy nog nie daardie planne gesien het nie beteken dit nie, dat hulle nie bestaan nie. Dawid het deur moeilike tye gegaan. Hy was reeds gekies as koning, maar moes steeds vlug vir sy lewe. Net soos ek en jy het hy soms a.g.v. sy sonde in die moeilikheid beland. Kyk wat skryf Dawid in Psalms 139: