I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
Die Groter Prentjie
Hier in Suid Afrika het baie van ons groot geword as Christene. Net soos ander mense as Jode of Moslems gebore is, is ons as Christene gebore. Dis ‘n algemene ding, in sogenaamde Christen nasies, dat dit net aanvaar word dat jy ‘n Christen is en dat dit nie enige ekstra aksie van jou vereis nie. Ongelukkig is dit ‘n leuen van satan om ons vasgevang te hou in ‘n rustige illusie waar jy dink jy hoef en kan niks meer doen nie. Om ‘n volgeling van Jesus te wees in die Nuwe Testament was’n persoonlike besluit en mense het dikwels alles opgegee om Jesus te volg.
Númeri 14
Vanoggend het ek Núm 14 gelees en soveel goed het net uit die bladsye gespring. Dis so ‘n bekende stuk wat ek al baie gelees het, maar skielik het God net daardeur gepraat. Ons almal het iets wat ons moet doen wat vir ons regtig moeilik is. Die Israeliete se “moeilike ding” was om
- van die verlede in Egipte te vergeet.
- te leer om God werklik te vertrou.
- die vreemde in te gaan, ten spyte van hul vrees vir die “nuwe”.
- hul doof te hou vir die slegte verslag en op God te fokus.
In my agterkop “judge” ek altyd die Israeliete, want hul was so moedswillig en rebels, maar as ek na bogenoemde 4 punte kyk identifiseer ek maklik presies dieselfde dinge in my lewe. Die Israeliete was slawe in Egipte, maar nou was Egipte skielik die beste plek op aarde!!
Nommers (414)
Ek sien gedurig die nommers 414. Dit hou nou al vir weke aan. Ek het begin deur te kyk na die 4 wat die nommer van skepping is, en 1 wat eenheid beteken. Dan sal ek kyk na Bybelverse wat 414 in het.
EEN 1 - Eenheid
- Ons dien 1 God, net 1 ware God. Deut 6:4, Jes 44:6
- God, die Vader, Seun en Heilige Gees is een.
- ‘n Man en vrou word een wanneer hul trou.
- Jesus word een met Sy bruid.
- In Handelinge 2 was almal “eendragtig saam” toe die Heilige Gees uitgestort is.
“en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede. Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping; een Here, een geloof, een doop, een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.”
EFÉSIËRS 4:3-6 AFR53
Die Grootste Leuen
Die grootste bloedlynvloek was oor Israel. A.g.v. hulle sonde wou hul nie Jesus aanvaar as hul redder nie. Die Jode se oë word toegemaak en die heidinne kry kans om Jesus te aanvaar. MAAR daar was altyd mense wat besluit om God te volg. Moses, Dawid, Josef, Gideon, Rut, Esther, Debóra en Daniël in die Ou Testament. Elía kla hy is die enigste een wat nie Baäl aanbid nie, God sê nee daar is nog 7000. (Rom 11:2-5) Baie mense voel alleen en dat hul die enigste is wat God aanbid… hier in SA sê ons, ons wens hier was so baie lekker kerke soos in die VSA. In die Nuwe Testament sien ons steeds die vloek, maar 3000 kom tot bekering met Pinkster toe die Heilige Gees uitgestort word. Paulus ‘n Jood kom tot bekering en in Rom 9-11 lees ons hoe hartseer Paulus is oor die Jode wat se oë toe is en uit werke en die wet hul redding wil bekom. Heidinne en ‘n groep Jode (dissipels) het tot bekering gekom. Die ander Jode se oë en ore was/is toe a.g.v bloedlynsonde. Hul glo die grootste leuen ooit, dat die Messias nog nie gekom het nie. Die vers wat nou baie Jode tot bekering bring was nog altyd in die Skrif.
God Is Goed
“Want die Here is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.”
PSALMS 100:5 AFR53
“Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.”
JOHANNES 10:10 AFR53
“Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. Elke goeie geskenk en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.”
JAKOBUS 1:13, 17 AFR53
“EN dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.”
I JOHANNES 1:5 AFR53
“wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van ’n arend.”
PSALMS 103:5 AFR53
Droom
Nadat ek so paar jaar gelede na Adam Thompson en Adrian Beale geluister het, het ek God gevra dat ek meer kan droom. Sedertdien droom ek baie en kan soms tot 4 drome in die oggend neerskryf. As jy nie jou drome kan onthou nie kan jy die Heilige Gees vra om jou te herinner wat jy gedroom het. Drome was algemene manier waarop God in die Bybel met mense gekommunikeer het. Hy kommunikeer vandag steeds deur drome. Soms waarsku Hy my en soms ontvang ek instruksies.
Wat sê die Bybel oor die praat van vreemde tale?
Handelinge 1-2
Jesus het gesterf en is opgewek uit die dode op die derde dag. Hy het toe vir 40 dae aan mense verskyn voordat Hy opgevaar het na die Hemel. Baie mense vier die Donderdag as Hemelvaartdag, die begin van Pinkster, 40 dae na opstandings-Sondag. Na 7 weke is die Heilige Gees uitgestort en dis wanneer die bybelse Pinkster/Pentecost/Fees van weke/Shavuot gevier word (Exodus 34). “Pentecost” beteken 50 en word op die vyftigste dag na Pasga gevier.
Die Derde Hemel
Daar is mense wat glo dat wanneer ons sterf is alles verby. Daar is geen twyfel dat die Bybel dit baie duidelik maak dat daar ‘n beter lewe na hierdie lewe is. In Jes 66:24 gebruik die Bybel die woorde, “hulle wurm sal nie sterwe nie”, om te wys dat daar meer gebeur na die aardse dood. Jou keuses sal bepaal wat met jou gebeur wanneer jy sterf. Markus 9:42-48 sê dis beter om ‘n liggaamsdeel, wat jou laat sondig, te verloor as om in die onuitblusbare helse vuur te beland. Jy kan ook meer hieroor lees in Openbaring 20:11-15.
Die Tempel
Vanaf die begin wou God tussen Sy mense woon. Eers het Hy in die Tuin van Eden gewandel met Adam en Eva. Later het Hy in die tent van ontmoeting gewoon en later in die tempel in Jerusalem.
In die Ou Testament was daar spesifieke instruksies, wat in die tempel moes gebeur. Nehemía het gevind dat die priester vir Tobía (familie van die priester) ‘n kamer ingerig het in die tempel. Dit was teen God se reëls vir die tempel, wat immers God se huis was. Die leiers van die volk het nie na die tempel omgesien nie, tiendes is nie betaal nie en gevolglik het die priesters teruggekeer na hul families. God het dit op Nehemía se hart gelê om die tempel te herstel en God se prosedure terug te bring.