I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
WYN IN DIE BYBEL
Jesus se eerste wonderwerk was om water in wyn te verander - Johannes 2:1-12 . Jesus het demonstreer dat die Lewende water opgevolg sou word deur die nuwe wyn van die Heilige Gees.
“Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. 'n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie; en weer 'n klein tydjie, en julle sal My sien, omdat Ek na die Vader gaan.”
DIE BYBEL ERA IS NOG NIE VERBY NIE
Lees Matthéüs 24 en Openbaringe 4-22.
“Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.”
MATTHÉÜS 24:34-35 AFR53
Almal wat die Bybel lees sal weet daar moet nog baie gebeur voordat die Bybel era verby is. Efraim (of die 10 stamme van Israel) is steeds versprei tussen die nasies en het nog nie teruggekeer na Israel nie - Eségiël 36:24,28. Die 12 stamme moet herenig word in Jesus - Eségiël 37. Die laaste paar jaar het ons begin hoor van oorloë en gerugte van oorloë en daar is meer aardbewings. Goed word sleg genoem en sleg word goed genoem - Jesaja 5:20. Die mens se kennis het die laaste paar jaar geweldig baie toegeneem - Daniël 12:4. Die Antichris moet steeds verskyn, Jesus moet ons kom haal en 7 verskriklike benoude jare van tribulasie moet plaasvind. God se heerlikheid het nog nie die hele aarde bedek nie en God se koninkryk moet uitbrei na die uithoeke van die aarde. Jesus sal nie terugkeer voordat almal ‘n kans gehad het om gered te word nie. Intussen moet elke Christen steeds die groter werke doen; ons moet heers en regeer. Jesus gaan terugkeer vir ‘n verenigde, vuurwarm, gelowige, hoopvolle en rein bruid. Hierdie era sal nie verbygaan voordat elke Bybel profesie vervul is nie.
EEN ENKELE HERDER
In Jeremia 23, Eségiël 34 en Sagaría 11 lees ons hoe die slegte aardse leiers/herders verantwoordelik was dat die huis van Israel tussen die nasies versprei is. God het belowe dat Hy een enkele Herder sal stuur om na Sy skape om te sien.
“En Ek sal een enkele herder oor hulle verwek, en hy sal hulle laat wei, naamlik my kneg Dawid; hy sal hulle laat wei, en hy sal vir hulle 'n herder wees.
THE TWO TREES
There were 2 trees in the middle of the garden/Paradise/Eden:
- The tree of life and
- The tree of knowledge of good and evil.
From Scripture it’s clear that Adam and Eve weren’t allowed to eat from the tree of knowledge of good and evil. I believe they were meant to eat from the tree of life in order to always live sinless in the garden of God’s presence. The Bible only states that once they ate the forbidden fruit that God wanted to stop them from eating from the tree of life.
DERTIG SILWER SIKKELS
Volgens die wet moes die eienaar van ‘n slaaf/slavin wat deur ‘n bees gestoot word dertig silwer sikkels ontvang, van die bees se eienaar. Die bees moes gestenig word. Die wet het die eienaar beskerm.
Sagaría het profeteer dat Jesus se waarde slegs dertig sikkels silwer sal wees. Die Fariseërs het die wet geken en Jesus se waarde gelykgestel aan ‘n halsstarrige bees. Nadat Jesus gevangene geneem is het Judas Iskariot berou gekry en die dertig silwer sikkels teruggegee aan die owerpriesters en ouderlinge. Dit was bloedgeld en hulle kon dit daarom nie in die skatkis plaas nie. Die dertig silwer sikkels is gebruik om ‘n stuk grond by ‘n pottebakker te koop en Judas Iskariot het daar gesterf. Die stuk grond is Bloedgrond genoem.
TWEE GETUIES
“Een getuie mag nie teen iemand optree insake enige misdaad of enige sonde, by enige misstap wat hy begaan nie; op die verklaring van twee getuies of op die verklaring van drie getuies sal 'n saak van krag wees.”
DEUTERONÓMIUM 19:15 AFR53
Die wet het vereis dat 2 (of 3) getuies nodig was om iemand aan te kla (Deuteronómium 19:14-21) of vir besigheids transaksies (Jeremia 32).
“EN as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin; maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan.”
‘N KLEIN BEGIN
“met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.”
HANDELINGE 10:38 AFR53
Jesus, konings en priesters het salwing nodig gehad om hul taak te verrig. Ons het ook die salwing van Heilige Gees nodig om ons roeping te vervul hier op aarde. Miskien wonder jy hoe gaan jy ooit doen wat God jou geroep het om te doen. Ek wil Sagaría se visioen met jou deel. Juda het begin terugkeer na Jerusalem na 70 jaar van ballingskap in Babel. Die tempel en Jerusalem was verwoes. Serubbábel se roeping was om die tempel te bou. Serubbábel het die fondamente vir die tweede tempel gegrawe, maar die bouery is toe stopgesit. Die vyand het geweldige weerstand gebied en die taak het soos ‘n berg voor Serubbábel gelê. Krag en geweld kon nie die probleem oplos nie; die salwing van die Heilige Gees kon. Die olyfboom is simbolies van God se teenwoordigheid en die salwingsolie. God sien jou situasie raak en dit mag dalk lyk na ‘n klein begin, maar Sy salwing sal al die probleme oplos.
SUBTIELE MISLEIDING
“As ek dan nou genade in u oë gevind het, maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is. En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf? Toe sê hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie.”
EXODUS 33:13-15 AFR53