I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
PLAAS U WOORDE IN MY MOND
Wanneer jy nie weet wat om te sê nie, kan jy die Heilige Gees vra om vir jou die regte woorde te gee.
“Toe ontvlam die toorn van die Here teen Moses, en Hy sê: Is jou broer Aäron, die Leviet, nie daar nie? Ek weet dat hý goed kan praat. En hy gaan ook al uit om jou te ontmoet, en as hy jou sien, sal hy bly wees in sy hart. Jy moet dan met hom spreek en die woorde in sy mond lê. En Ék sal met jou mond en sy mond wees en julle leer wat julle moet doen. En hy moet vir jou met die volk spreek, en dan sal hy vir jou ’n mond wees en jy vir hom ’n god wees.”
EXODUS 4:14-16 AFR53
Outoriteit
Wanneer ‘n kind 17/18 jaar oud is beskou ons hul volwasse en verantwoordelik genoeg om hul die sleutels van ‘n motor te gee, om te leer bestuur. Dis ‘n belangrike deel van grootword. God het ook sleutels wat ons kan gebruik as volwasse Christene. Jesaja het oor die sleutels profeteer:
“En Ek sal die sleutel van die huis van Dawid op sy (Jesus) skouer lê; en hy sal oopmaak, en niemand sal sluit nie; en hy sal sluit, en niemand sal oopmaak nie.”
JESAJA 22:22 AFR53
Veilig by Hom
Soms wanneer ek na die chaos in die wêreld kyk moet ek net my fokus skuif na die goedheid van God. God is altyd daar vir my, ongeag wat om my gebeur. Hierdie verse help my. 🙏🏻🤍✝️
“HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou. Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie, vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie! Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand — na jou sal dit nie aankom nie. Want U, Here, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak. Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie; want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë. Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie. Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap. Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken. Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee. Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.”
PSALMS 91:1-2, 5-7, 9-16 AFR53
Ons Woorde
Ons moet versigtig wees wat ons sê. Ek het agtergekom dat as ek sê ‘n plant in my tuin lyk dooierig, sal hy doodgaan. Wanneer ek nou sien ‘n plant kort meer lewe, begin ek lewe oor dit spreek en dit werk regtig. Dis maar net in my tuin oor plante, dink net wat se groot uitwerking kan dit op mense hê. Begin lewe spreek oor siekte, irriterende mense en jou finansies ek kyk wat gebeur. Kom ons hou op praat oor covid-19, werksverlies, bloedvergieting, korrupsie en ons spreek lewe, finansiële oorvloed en voorspoed oor ons pragtige land. Kom ons nooi die Heilige Gees en God se heerlikheid in.
Bly Hoopvol
Plaas jou hoop in Jesus, Hy het ‘n oplossing vir elke probleem.
“En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop; en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.”
ROMEINE 5:3-5 AFR53
“verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.”
ROMEINE 12:12 AFR53
Jaag Die Verkeerde Gedagtes en Gevoelens Weg
Ons braaistoep is ‘n pragtige vertrek, maar die enigste probleem is dat daar nog 3 skuifdeure ingesit moet word. Ons het nie troeteldiere nie en verwelkom die voëltjies in die tuin. Met tye sal daar 5 kwikstertjies op die stoep wees. Hulle geniet dit om op die tafel en stoele te sit, maar maak ongelukkig ‘n groot gemors. Ek is regtig nie baie gelukkig wanneer ek die gemors moet skoonmaak nie. Elke keer wanneer ek hul op die stoep sien, jaag ek hul so kalm moontlik op sodat hul nie wegvlieg nie, maar net op ‘n ander plek in die tuin sal gaan sit. Na ‘n rukkie sal hul almal weer terug wees op die stoep. Dit het my laat besef dat wanneer satan vir my verkeerde gedagtes gee, moet ek hul uitjaag. Wanneer ek die gedagtes kans gee om wortel te skiet raak dit baie moeiliker om die gemors skoon te maak. Moenie broei op negatiewe goed wat mense vir jou sê nie. Stel enige slegte gedagtes vry van jou siel en rus in God se vrede.
Soek Eers Die Koninkryk Van God
“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.”
MATTHÉÜS 6:33 AFR53
Wat is “al hierdie dinge”?
Salomo was jonk toe hy koning word en het geweet hy het God nodig om suksesvol te regeer. Toe hy die geleentheid gehad het om rykdom te verkry het hy wysheid gekies. God het hom daarom geseën met rykdom, eer en ‘n lang lewe.
Soek God
As jy God ‘n prioriteit in jou lewe wil maak, moet jy Hom soek.
“Dan sal julle daarvandaan die Here jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.”
DEUTERONÓMIUM 4:29 AFR53
“Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die Here soek, bly wees.”
I KRONIEKE 16:10 AFR53
“En jy, my seun Salomo, ken die God van jou vader en dien Hom met ’n volkome hart en met ’n gewillige siel, want die Here deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot.”
I KRONIEKE 28:9 AFR53
The darkness will increase, but also the light.
The darkness will increase, but also the light.
“Arise, shine, for your light has come, and the glory of the Lord has risen upon you. For the darkness shall cover the earth and deep darkness the peoples; but the Lord shall rise upon you, and His glory shall be seen upon you.” Isaiah 60:1-2 MEV
A lot of positive prophecies went out for 2020 and a few negative things were also prophesied. I remember hearing Tracey Cooke say there will be a shaking. I assumed it to be earthquakes and we don’t get much of those here. (Later I realized there were prophesies forecasting a plague, I just never saw them). Then covid-19 came and lockdown started and I started to realize that can be called a shaking and it’s affecting everybody in some way. As a family we started to do communion once a day and we pray for healing and financial restoration for all people and countries. We declare an end to covid-19 and that people will live and not die. We also declare that God will give new and innovative ideas to make money to those who lost their jobs.