I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
OORKOM DIE DONKERTE
“Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here — wandel soos kinders van die lig.
Maar al die dinge wat deur die lig bestraf word, word openbaar; want alles wat openbaar word, is lig.”
EFÉSIËRS 5:8, 13 AFR53
God het voor Hy die mens geskape het reeds lig en duisternis geskei. Adam en Eva het die duisternis toegelaat in God se koninkryk. God se heerlikheid het verdwyn en hulle was bewus van hul naaktheid. Die Bybel waarsku ons om nie naak gevind te word nie deur in die donkerte te wandel nie. God se heerlikheid het gekom en gegaan deur die eeue. Van die begin moes die mens God se koninkryk bou op die aarde. God se koninkryk en God se heerlikheid gaan hand aan hand.
REGEVERDIGES WANDEL OP DIE WEË VAN DIE HERE
“Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom dit erken! Want die weë van die Here is reg; en die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel!”
HOSÉA 14:10 AFR53
Efraim is versprei tussen die nasies omdat hulle op ander nasies, vals gode en hulle eie handewerk vertrou het. Efraim het ‘n tweede kans gekry toe Jesus kom om die Jode en die heidinne te red. Jesus sal terugkeer vir een bruid. Ons kan die gewilde, breë pad na die ewige verderf kies of die smal, minder gewilde, pad na die ewige lewe.
BESTRAF DIE DUIWEL
“en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer.”
EFÉSIËRS 5:11 AFR53
Jesus het die duiwel bestraf toe hy siekes genees het - Markus 1:25. Jesus het die wind bestraf toe hy die storm gestop het - Markus 4:39. Jesus het egter die duiwel bestraf toe Petrus die duiwel toegelaat het om deur hom te werk. Petrus was reeds ‘n volgeling van Jesus, maar het nog nie Heilige Gees ontvang nie. Dit beklemtoon net hoe belangrik dit is om Heilige Gees beheer oor jou lewe te gee. Alles word makliker met Heilige Gees. Die mens se lus om sonde te doen verdwyn en jy kan vrede ervaar in moeilike omstandighede. Die duiwel werk deur mense, nasies en selfs deur Christene. Satan kom as ‘n engel van die lig en baie sal mislei word. Ons benodig Heilige Gees sodat ons nie mislei word deur vals leeringe en groepdruk nie. Bestraf die duiwel en moenie deelneem aan sy werke nie.
OBÁDJA SE BOODSKAP VIR ONS
“Want die dag van die Here is naby oor al die nasies; soos jy gedoen het, sal aan jou gedoen word, jou daad sal op jou hoof neerkom.”
OBÁDJA 1:15 AFR53
Daar is 13 mense in die Bybel met die naam Obádja. In die Bybelboek Obádja rig die dienskneg van God ‘n waarskuwing aan Edom. Al wat ons weet van Obádja is dat hy ‘n profeet was wat God se planne van weerwraak teen Edom bekend gemaak het. Obádja bestaan uit net 1 hoofstuk met 21 verse.
DOOP MET DIE HEILIGE GEES
“Ek (Johannes) doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.”
MATTHÉÜS 3:11 AFR53
Johannes die Doper het mense gedoop en die koms van die Redder aangekondig. Jesus se volgelinge is gedoop in water, maar het eers na Sy dood die doop in die Heilige Gees ontvang. Daar was ‘n doop met water en ‘n verdere doop in die Heilige Gees.
DAAR IS NIKS TE MOEILIK VIR GOD NIE
Abraham was 100 en Sara was 90 toe Isak gebore is - Génesis 17:17. Ouderdom is nie ‘n probleem vir God nie.
“Sou iets vir die Here te wonderbaar wees? Hierdie tyd, oor 'n jaar, sal Ek na jou terugkom, en Sara sal 'n seun hê.”
GÉNESIS 18:14 AFR53
Koning Sedekía het vir die profeet Jeremia opgesluit in sy paleis. Jeremia het profeteer dat die Chaldeërs vir Israel sal verslaan en die land oorneem. Die tempel en die hele Jerusalem sou verbrand word. Tog het God vir Jeremia gelei om ‘n stuk grond te koop as ‘n profetiese teken dat die mense van Israel sou terugkeer na hulle land. Jeremia het tot die besef gekom dat niks te moeilik vir God is nie. Vyf - en - dertig jaar na Jeremia se dood het die mense teruggekeer na Israel.
Die arende wen
Baie profete het gesê dat President Trump ‘n tweede termyn president sou wees. Dit het egter eers 4 jaar later gebeur. Die profetiese bediening het baie kritiek ontvang.
Trump se wen word opgevolg met die Philadelphia Eagles wat die Superbowl wen. Arende is simbolies van profete en die naam Filadelfia beteken “broederliefde”. God gebruik steeds Sy profete al verstaan ons nie altyd God se tye nie. Alle Christene is profeties, maar nie almal het die genadegawe van ‘n profeet nie. Liefde en professie is altyd deel van God.
WORD STERK IN DIE GEES
Die mens bestaan uit liggaam, siel en gees. Jou liggaam bly gewoonlik agter (behalwe Jesus, Elía en Henog) wanneer jy sterf terwyl jou siel jou liggaam verlaat. Die mens se gees is gemaak om deur Heilige Gees gelei te word. Baie mense word egter deur hulle eie vlees of ‘n verkeerde gees, gelei. Die mens se liggaam word gevoer en jou ouers maak seker dat jy genoeg van die regte kos inkry om mooi te groei en gesond te wees. Die liggaam is net tydelik en baie meer aandag behoort aan die gees gegee te word.
DIE MENS SE SLIM PLANNE
“Kyk, net dit het ek uitgevind: dat God die mens reg gemaak het, maar hulle het baie slim planne gesoek.”
PREDIKER 7:29 AFR53
Slim planne: Strong’s H2810 - “a contrivance, that is, actual (a warlike machine) or mental (a machination): - engine, invention”.
Ons vind die woord slegs in 2 verse in die Bybel. In die ander vers word dit vertaal as oorlogswerkstuie. Koning Ussía het goed begin, maar hoogmoedig geraak en begin om sy eie koninkryk te bou.