I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
DIE SEUN WAT MAANSIEK WAS
Wonderwerke deur die eeue
Maria van Agreda (1602-1665) was ‘n Rooms Katolieke non wat Jesus heelhartig gevolg het. Sy sou dae lank bid en terwyl sy bid in Spanje het sy in Amerika (Nuwe Wêreld) verskyn en daar Jesus met die inboorlinge gedeel. Sy het Spaans gepraat en hulle kon haar verstaan. Sy het meer as 500 keer aan die inboorlinge verskyn en hulle het aan ander vertel dat ‘n vrou in blou aan hulle verskyn het. Nadat sy gesterf het, het haar liggaam nie ontbind nie. Na meer as 300 jaar is haar liggaam nog net soos die dag wat sy gesterf het.
HABAKUK
Habakuk was ‘n profeet van Juda ongeveer 600 v.C. - net voor die Babiloniese ballingskap. Habakuk het die sonde van Juda raakgesien en met God daaroor gepraat.
“Waarom laat U my onreg sien en aanskou U die moeite! Ja, verwoesting en geweld is voor my oë; en daar is stryd, en twis begin. Daarom verloor die wet sy krag, en die reg kom nooit meer te voorskyn nie; want die goddelose omsingel die regverdige, daarom kom die reg verdraaid te voorskyn. Aanskou onder die nasies en merk op, en staan verstom, verstom; want Ek gaan iets in julle dae doen wat julle nie sal glo as dit vertel word nie.”
HÁBAKUK 1:3-5 AFR53
“GEE EN JY SAL ONTVANG” KULTUUR
Daar is ‘n “gee en jy sal ontvang” kultuur in die kerk wat glad nie ooreenstem met God se Woord nie. Daar word vertel dat mense saad (geld) moet saai sodat hulle meer sal ontvang. Mense moet dus donasies maak met die verwagting dat God hulle sal seën omdat hulle gee. Ek glo wanneer jy met ‘n opregte hart gee het jy geen bymotiewe nie. Ons moet gee omdat ons gehoorsaam is aan God se Woord en die Heilige Gees. Mense misbruik Lukas 6 - gee en jy sal ontvang - om ander te manipuleer. Die vyand verdraai die waarheid effens en mense glo dit en word mislei.
JESUS SE SOLDATE
Dis ‘n tyd van deurbraak en oorwinning, maar dit gaan ongelukkig met ernstige geestelike oorlogvoering, gepaard. Ons gebedslys is langer as ooit tevore; baie vriende en familie is siek. Aan die een kant sien en voel ek die oorwinning en aan die anderkant sien ek die vyand wat alles probeer om dit stop te sit.
Ons is Jesus se soldate. Elke soldaat gaan deur ‘n tydperk van opleiding - Efésiërs 6. Dit het nou tyd geword dat ons daardie opleiding gebruik. Elke soldaat van Jesus moet nou prakties toepas wat hy/sy geleer het. Slegs die soldate wat deelneem aan die oorlog sal die oorwinning en deurbraak ervaar. Dawid het homself versterk in God en dit het hom gehelp om nie moeg te raak vir die oorlog nie.
DIE SEWENDE MAAND
Die eerste tempel was gereed in die sewende maand. Salomo het die verbondsark laat inbring. God se heerlikheid het ingetrek in die tempel en die tempel werkers kon nie regop bly nie.
“En al die manne van Israel het by koning Salomo op die fees vergader in die maand Étanim, dit is die sewende maand.”
“En die priesters kon vanweë die wolk nie staan om diens te doen nie, want die heerlikheid van die Here het die huis van die Here vervul. TOE het Salomo gesê: Die Here het gesê dat Hy in donkerheid wil woon. Verseker het ek vir U 'n woonhuis gebou, 'n vaste plek vir U om ewig in te woon.”
I KONINGS 8:2,11-13 AFR53
‘N VOLLE OPENBARING
Paulus het gebid dat Filémon se geloof vir hom ‘n dieper begrip sal gee van elke goeie ding wat hy reeds deur Christus ontvang het.
“dat die gemeenskap van jou geloof kragtig mag word deur die kennis van alles wat goed in julle is, tot eer van Christus Jesus.”
FILÉMON 1:6 AFR53
Philemon 1:6 TPT
I pray for you that the faith we share may effectively deepen your understanding of every good thing that belongs to you in Christ.
Kingdom Authority
When Queen Elizabeth passed away, Kings Charles took her authority as ruler. King Charles was the legitimate heir and everybody just accepted it. The King of Kings died and you are His heir. He left His authority to rule to you. It’s time that God’s children start using their authority to rule and reign and bring His Kingdom to earth. You have kingdom authority; use it.
Luke 10:19 TPT
Now you understand that I have imparted to you my authority to trample over his kingdom. You will trample upon every demon before you and overcome every power Satan possesses. Absolutely nothing will harm you as you walk in this authority.
Die antichristus gaan baie mislei
“Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.”
MATTHÉÜS 24:24 AFR53
“Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in 'n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.”
II KORINTHIËRS 11:13-15 AFR53