I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
‘N FAMILIEBESIGHEID
Ons almal ken iemand wat ‘n familiebesigheid het. Daar is werk vir die eienaar se kinders as hulle dit sou wou hê. Soms sal daar ‘n kind wees wat sy eie ding wil doen en nie belangstel om deel van die besigheid te wees nie. Op ‘n stadium neem die kinders en later die kleinkinders die besigheid oor.
Daar is ook ‘n geestelike familiebesigheid. Die Vader het Adam gestuur, maar hy was ongehoorsaam. Baie later het die Vader Sy Seun gestuur sodat ons kinders van God kon word.
Maak die vyand ‘n voetbank
“VAN Dawid. 'n Psalm. Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak 'n voetbank vir u voete.
U magtige septer sal die Here uitstrek uit Sion en sê: Heers te midde van u vyande.”
PSALMS 110:1-2 AFR53
Die Nuwe Testament verwys dikwels na verse in die Ou Testament. Ons vind baie verwysings na Psalms 110:1. Die Fariseërs het gesê dat Jesus die seun van Dawid was. Dawid het egter geweet dat die Messias die Seun van God is. Jesus is uit die bloedlyn van Dawid gebore, maar God is Sy Vader.
God se beloftes is ja en amen
Abraham en Sara was oud en kinderloos en tog het God vir hulle ‘n nageslag belowe. God het belowe dat Abraham se nageslag so baie sal word soos die sand by die see.
“dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.”
GÉNESIS 22:17 AFR53
GEESTELIKE WYSHEID
Koning Salomo het goddelike wysheid gehad om reg te doen.
“so doen Ek dan volgens jou woord: Kyk, Ek gee jou 'n wyse en verstandige hart, sodat een soos jy vóór jou nie gewees het en een soos jy ná jou nie sal opstaan nie.
En die hele Israel het gehoor van die vonnis wat die koning uitgespreek het, en was bevrees vir die koning; want hulle het gesien dat daar goddelike wysheid in sy binneste was om reg te doen.”
I KONINGS 3:12, 28 AFR53
Die Sadduseërs, Fariseërs en Samaritane van vandag
VERTEL VIR ANDER VAN DIE GROOT DINGE WAT DIE HERE DOEN
Lees Markus 5:1-20.
Jesus het ‘n man verlos van die demone wat hom beheer het. Die onrein geeste het die man se hele lewe ruïneer. Hy het alleen tussen die grafte gebly, hy het onbeheers geskreeu en het hom self seergemaak. Jesus het outoriteit geneem en die geeste opdrag gegee om die man te verlaat. Die man wou saam met Jesus gaan, maar Jesus het hom opdrag gegee om sy getuienis met ander te deel. Ons sal almal verkies om by Jesus te wees, maar totdat dit gebeur moet ons met ander deel wat Jesus vir ons doen.
“En toe Hy in die skuit klim, het die man wat van die duiwels besete gewees het, Hom gesmeek om by Hom te kan bly. Maar Jesus het hom dit nie toegelaat nie, maar vir hom gesê: Gaan na jou huis na jou mense toe, en vertel hulle watter groot dinge die Here aan jou gedoen het, en dat Hy jou barmhartig was. En hy het weggegaan en in Dekápolis begin verkondig watter groot dinge Jesus aan hom gedoen het, en almal was verwonderd.”
MARKUS 5:18-20 AFR53
‘N NUWE WÊRELD
Ek het in ‘n droom gesien hoe die wêreld om ons verander. Bekende plekke het heeltemal anders gelyk. Sommige besighede, kantore en selfs kerke het toegemaak. Klein Christen bedienings het egter gegroei. Daar was ‘n tekort aan sekere dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Mense was opstandig en Christene is sleg behandel. Sommige mense het met verlange teruggekyk na hul besittings van die verlede. Dis so belangrik dat ons ons lewens bou op die Rots en nie op tydelike aardse plesier nie. God se heerlikheid gaan toeneem, maar ons gaan meer fisiese ongemak ervaar.
“Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken. Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.”
MATTHÉÜS 7:19-24 AFR53
2025
2025
Ons beweeg uit die jaar van rus na die jaar van genade. God gaan restorasie bring gedurende 2025. Al wat jy moet doen is om meer van God te soek en gehoorsaam te wees wanneer Heilige Gees jou leiding gee. Ek het 2 nagte na mekaar gedroom dat dit my verjaarsdag is en my vriendin Janine was by my. Ons het dieselfde naam, wat “genadiglik begunstig” beteken. Wees honger vir meer van Jesus sodat jy Sy genade en guns kan ervaar in 2025. Ek glo ons sal fees kan vier, want meer van ons familie en vriende sal tot bekering kom. Ek is opgewonde om herlewing en God se sigbare heerlikheid te sien. Ek glo ook dis tyd om aksie te neem en dit te doen wat God jou vra om te doen. “Die oes is wel groot, maar die arbeiders min.”
KEN JOU VRIENDE
Lees Esra 1-6.
Nebukadnésar het die eerste tempel verwoes en die Jode is weggevoer na Babel. Die laaste koning van Juda sterf en vir 70 jaar is die Jode weg van Israel in ‘n sondige land. Tydens Bélsasar se koningskap word Babel tussen die Mede en Perse verdeel. God het die hart van Kores, die koning van Persië, aangeraak en hom opdrag gegee om die Jode toe te laat om terug te keer na Jerusalem. Kores het 5400 tempel voorwerpe teruggegee en belowe om vir die oprig van die tempel te betaal. Kores was ‘n magtige leier en tog het hy geluister en God gehoorsaam. Kores was ‘n vriend van die Jode.