I’m passionate about following God and helping people reach their destiny.
LIG VAN DIE LEWE
Ek het onlangs in ‘n artikel gelees dat wetenskaplikes moontlik tande kan laat teruggroei deur lig te gebruik. Die nuutste velprodukte belowe ook ‘n “glow”. Tot die wêreld besef dat lig nodig is om dinge beter te maak.
Wanneer God op die toneel verskyn bring Hy lig en daar is ‘n duidelike skeiding tussen lig en duisternis. Die heerlikheid is Sy lig wat hoop, verandering, genesing en verlossing bring.
“IN die begin het God die hemel en die aarde geskape. En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters. En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig. Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis; en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.”
GÉNESIS 1:1-5 AFR53
DIE SKUILPLEK
Moses het God se heerlikheid gesien vanuit ‘n skeur in die rots. Die rots was Jesus. Vanuit ‘n posisie van intimiteit het Moses God se heerlikheid gesien. God het ook die geskiedenis van die wêreld met Moses gedeel sodat hy die eerste 4 boeke van die Bybel kon skryf. Moses was vir 40 dae in die wolk van heerlikheid, op die berg Sinai, om die wet te ontvang. In die skuilplek by die Allerhoogste het Moses openbaring van God ontvang en die heerlikheid van God gesien.
TENT
God dwelled in the tabernacle tent and later in the glorious temple. When Jesus came God stopped living inside manmade buidings. God’s Spirit now lives inside His people. When Jesus knocked at the door we invited Him into our lives. When Jesus left He sent a comforter; the lifegiving Spirit can now live inside us. Our earthly tent is only temporary. One day we will receive an eternal building in Heaven.
HOE LYK JY?
Die mens is gemaak na die beeld van God. In die Nuwe Testament kry ons opdrag om meer soos Jesus te word. Jesus was liefdevol, sonder sonde en het outoriteit oor elke bose gees en siekte gehad. Waarom lyk ons dan nog nie soos Jesus nie?
“Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.”
II KORINTHIËRS 3:17-18 AFR53
AZUSA STRAAT HERLEWING
In die vroeë 1900’s het God ‘n eenoog, seun van slawe - William J. Seymour - gebruik om herlewing te bring. As ‘n swartman kon Seymour nie Bybelskool bywoon nie. William moes in die gang, buite die oop deur, sit en leer by Charles Palmer.
William Seymour het werk as ‘n prediker gekry, maar na sy eerste preek het die leierskap hom uit die kerkgebou gesluit. Nie almal wou die waarheid hoor nie. Gelukkig het ‘n gemeentelid hom na sy huis genooi om daar te preek. Vinnig was die huis oorvol van mense wat honger was vir meer van Jesus. Strate ver was mense aangeraak deur Heilige Gees. Die polisie moes ingryp en William moes ‘n nuwe gebou vind. ‘n Stal was beskikbaar en Heilige Gees het William gelei na ‘n groep jong vroue wat gehelp het met die eerste huurgeld. Die jong vroue en die mense van die huiskerk moes die stal self skoonmaak en planke is bo-op kratte geplaas as sitplekke. Jesus is in ‘n nederige stal gebore en nederige William Seymour kon ook in ‘n nederige stal preek.
DIE HELE AARDE IS VAN SY HEERLIKHEID VOL
JAKOB
JAKOB: Hakskeen gryper, vervanger, onderkruiper of verdringer
“En daarna is sy broer gebore, terwyl sy hand die hakskeen van Esau vashou. Daarom het hulle hom Jakob genoem. En Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte.”
GÉNESIS 25:26 AFR53
BERSÉBA: Put van die eed of sewende put. God het voorsiening gemaak vir Isak en sy nageslag.
Isak, Rebekka, Jakob en Esau het in Berséba gewoon. God het hier aan Isak verskyn en selfs Abiméleg kon sien dat Isak “‘n geseënde van die Here” was.
Profeteer en spreek in tale
Maak seker dat jy nie val nie
“Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.”
I KORINTHIËRS 10:12 AFR53
Die Israeliete is saam met Moses gedoop in die wolk en die Rooi See. Hulle het almal saam manna uit die Hemel geëet en water uit die rots gedrink. God was ongelukkig met hulle aksies en die meeste van die Israeliete het nooit die Beloofde Land gesien nie. Dit is ‘n waarskuwing aan ons dat kerk, doop, nagmaal en die sien van wonderwerke ons nie red nie. Slegs ‘n persoonlike verhouding met Jesus red ons.