Paulus se brief aan die Kolossense
Janine Forsyth
- 5 minutes read - 945 wordsLees Kolossense 1-4.
Paulus was vol van Jesus se liefde vir sy medemens. Sy missie was om die liggaam toe te rus om heilig te wees en goeie vrug te dra. Hy wou nie vir homself ‘n platform skep, ‘n spoggerige kerk gebou oprig of self skatryk word nie. Geld is na Jerusalem gestuur om mense in nood te help. Geld is ‘n seëning van God en mense moet leiers kan vertrou om hul bydraes vir God se koninkryk te gebruik.
Paulus het alle aandag op Jesus geplaas. Hy het slegs gevra dat mense vir hom bid. Hy het alles vir God gedoen. Paulus het in die tronk beland deur God se wil te doen. Vanuit die tronk het hy steeds ander aangemoedig om hul roeping te vervul. Paulus het ander opgelei en bygestaan om hul roeping te vervul - Timótheüs, Épafras, Tíchikus, Onésimus, Aristárchus, Markus (neef van Bárnabas), Justus, Lukas, Demas en Archíppus.
Hy het die mense gewaarsku om nie mislei te word nie. Tradisies wat nie met die Bybel ooreenstem nie was toe al ‘n probleem. Hy was nie bang om sonde by die naam te noem nie.
Ons het meer leiers soos Paulus nodig. Hy het waarlik sy kruis opgeneem en Jesus gevolg.
“Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig, sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei, en met alle krag bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap, en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig —”
KOLOSSENSE 1:9-12 AFR53
“NOU verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is;”
KOLOSSENSE 1:24 AFR53
“NOU verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is;”
KOLOSSENSE 1:24 AFR53
“aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid. Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in alle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel; waarvoor ek arbei en stry volgens sy werking wat in my werk met krag.”
KOLOSSENSE 1:27-29 AFR53
“Pas op dat niemand julle as 'n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.”
KOLOSSENSE 2:8 AFR53
“Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot 'n fees of nuwemaan of sabbat nie, wat 'n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus. Laat niemand julle van jul prys beroof nie, al sou hy behae hê in nederigheid en verering van die engele en indring in wat hy nie gesien het nie, en sonder oorsaak opgeblase wees deur sy vleeslike gesindheid, en nie vashou aan die Hoof nie, uit wie die hele liggaam deur die gewrigte en verbindinge ondersteuning ontvang en saamgebind word en so met goddelike groei groot word.”
KOLOSSENSE 2:16-19 AFR53
“AS julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word. Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom, waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het. Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond. Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het”
KOLOSSENSE 3:1-9 AFR53
“En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is. En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar. Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here. En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
Diensknegte, julle moet jul here na die vlees in alles gehoorsaam wees, nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar in eenvoudigheid van hart, omdat julle God vrees. En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,”
KOLOSSENSE 3:14-17, 22-23 AFR53
“VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging; Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit. Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.”
KOLOSSENSE 4:2, 5-6 AFR53