PETRUS
Janine Forsyth
- 2 minutes read - 397 wordsNa 3 jaar by Jesus was Petrus steeds vol foute. Hy het ‘n soldaat se oor afgesny en Jesus uit vrees 3 keer verloën. Heilige Gees het Petrus verander sodat God hom kon gebruik. Petrus het krag en outoriteit gekry sodat selfs sy skaduwee mense kon genees. Petrus het al die eer aan Jesus gegee wanneer iemand genees is. Heilige Gees wil jou ook verander sodat God jou kan gebruik.
“Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop! Toe gryp hy hom aan sy regterhand en rig hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword. En hy het opgespring en gestaan en rondgeloop en saam met hulle in die tempel ingegaan terwyl hy rondloop en spring en God prys. En die hele volk het gesien hoe hy daar loop en God prys.”
HANDELINGE 3:6-9 AFR53
“En daar is meer en meer gelowiges in die Here bygevoeg, menigtes van manne sowel as vroue, sodat hulle die siekes op die strate uitgedra en op bedde en draagbare gelê het, met die bedoeling dat, as Petrus kom, al was dit net sy skaduwee op iemand van hulle sou val. En die menigte van die stede in die omtrek het ook in Jerusalem bymekaargekom en siekes gebring en mense wat deur onreine geeste gekwel was; en hulle is almal genees.”
HANDELINGE 5:14-16 AFR53
Petrus het seker gemaak dat Enéas weet dit is nie hy wat genees nie, maar Jesus.
“En Petrus sê vir hom: Enéas, Jesus Christus maak jou gesond; staan op en maak jou bed op! En hy het dadelik opgestaan. En al die inwoners van Lidda en Saron het hom gesien en hulle tot die Here bekeer.”
HANDELINGE 9:34-35 AFR53
“En in Joppe was daar 'n sekere dissipelin met die naam van Tabíta, wat, as dit vertaal word, beteken Dorkas. Sy was oorvloedig in goeie werke en aalmoese wat sy gedoen het. En in dié dae het sy siek geword en gesterwe, en hulle het haar gewas en in 'n bovertrek neergelê. En Petrus het almal buitentoe gestuur en neergekniel en gebid. En hy het hom na die liggaam gedraai en gesê: Tabíta, staan op! En sy het haar oë oopgemaak; en toe sy Petrus sien, het sy regop gesit.”
HANDELINGE 9:36-37, 40 AFR53