Profeteer en spreek in tale
Janine Forsyth
- 2 minutes read - 318 wordsKom ons kyk wat sê die Bybel oor profesie en tale.
• Dit is God se wil dat ons profeteer en in tale spreek.
• Dit moet tot die opbou van die mense wees.
• ‘n Negatiewe profesie moet in die vorm van ‘n waarskuwing kom sodat daar ruimte is vir groei en restorasie.
• Moenie persoonlike profesie gebruik om iemand voor ander re verkleineer nie.
• Tale MOET opgevolg word met ‘n uitlegging wanneer dit in die openbaar (of kerk) gespreek word.
• Profete moet mekaar beoordeel.
• Profesie kom van die hart van God.
• Profeteer in liefde.
• Alles moet ordelik verloop.
“JAAG die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer. Want hy wat in 'n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.”
I KORINTHIËRS 14:1-2 AFR53
“En as iemand in 'n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlê. Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek. Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel. Maar as daar iets geopenbaar is aan 'n ander wat daar sit, laat die eerste swyg. Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en almal bemoedig word.”
I KORINTHIËRS 14:27-31 AFR53
“As iemand meen dat hy 'n profeet of 'n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is. Maar as iemand onkundig is, laat hom onkundig bly. Daarom, broeders, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale gespreek word nie. Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan.”
I KORINTHIËRS 14:37-40 AFR53