Pruning/Snoeityd
- 3 minutes read - 438 wordsPruning
Last year at the beginning of Autumn I planted a tiny lemon tree. I nurtered it with organic compost and fertilizer. When Spring started a lot of new leaves appeared. I was so happy with Lemon; yes I named her. I covered her with woodchips, watered her regularly and fed her every second week. Unfortunately by the end of November the caterpillars ate half of her leaves and she looked worse than when I bought her. I was very unhappy after all the effort it took. I cut off all the injured leaves and planted her in a pot and bought a new lemon tree for the garden. After a short while both lemon trees were thriving.
Sometimes pruning and transplanting is necessary in our lives to promote growth. I ended last year with a situation that I really didn’t know how to handle. After the holiday I had so much peace and had renewed strength to tackle the problem. Unfortunately the whole situation exploded earlier this week. The Lord gave me the grace and help of a very good friend and my wonderful family to navigate the issue. Yes, my circle was severly pruned, but I am hopeful for growth and fruit to appear at the right time.
SNOEITYD
Ek het verlede jaar aan die begin van die herfs ‘n klein suurlemoenboompie geplant. Ek het dit gevoer met organiese kompos en kunsmis. Aan die begin van die lente het ‘n klomp nuwe blaartjies verskyn. Ek was so gelukkig met Lemon; (ja, ek het vir haar ‘n naam gegee.) Ek het die grond bedek met houtskaafsels, haar gereeld water gegee en elke tweede week gevoer. Ongelukkig het die ruspes gekom teen einde November en die helfte van Lemon se blare verorber. Ek was so ongelukkig, want na al die moeite het sy slegter gelyk as toe ek haar gekoop het. Ek het al haar beseerde blare afgeknip, haar oorgeplant in ‘n pot en ‘n nuwe boom vir die tuin gekoop. Na ‘n baie kort tydjie het al 2 bome floreer.
Soms benodig ons ook ‘n goeie snoei en verplanting om groei te bevorder.
Ek het verlede jaar geëndig met ‘n probleem waarvoor ek nie ‘n oplossing kon vind nie. Na die vakansie het ek soveel vrede gehad en het hernude krag gehad om die probleem te takel. Ongelukkig het die hele situasie ontplof vroeër hierdie week. Jesus se genade, ‘n goeie vriendin en my wonderlike familie het my gehelp om die situasie te hanteer. My sirkel het ‘n ernstige, maar nodige snoei gehad, maar ek is baie hoopvol om te groei en goeie vrug te dra.