SAMARITANE
- 2 minutes read - 374 words1 Konings 11-12, Esra 4, Johannes 4:1-42, Lukas 10:25-37, 27:11-19, Matthéüs 10:5-6, Handelinge 8:14-25.
Samaritane is gebore toe Jode met heidinne getrou het.
Die Jode het ‘n gedeelte van hul geloof oorgedra.
Hulle het die Torah (eerste 5 boeke van die Bybel) gevolg.
Hulle het God op ‘n berg aanbid en nie in Jerusalem nie.
Hulle het in Samaría gewoon.
Samaría was die hoofstad van die Israel/Efraim/Noordelike koninkryk en Jerusalem die hoofstad van die Juda/Suidelike Koninkryk, nadat God die stamme verdeel het a.g.v. die sondige koning Salamo.
Koning Omri het die berg Samaría vir 2 talente silwer gekoop - 1 Konings 16:24.
Die Jode en Samaritane het glad nie gemeng nie.
Die Samaritane wou vir Serubbábel help met die bou van die tweede tempel. Toe hy nie hulle hulp wou hê nie het hulle die bouery probeer stopsit.
Jesus het die dissipels na die Jode gestuur en spesifiek opdrag gegee om weg te bly van die Samaritane.
Toe die Samaritaanse vrou by die fontein, Jesus se liefde ervaar, het sy geweet dat Hy die Messias is. Baie Samaritane het tot bekering gekom nadat hulle die vrou se getuienis gehoor het.
Toe Jesus 10 melaatse mans genees het was dit die Samaritaan wat God verheerlik het en by Jesus se voete neergeval het.
Later nadat Jesus reeds opgevaar het, het Petrus en Johannes na Samaría gegaan. Hulle het vir die Samaritane gebid sodat hulle die Heilige Gees kon ontvang.
Jesus het ‘n Joodse ma en God as Vader gehad. Jesus is die barmhartige Samaritaan in die gelykenis. ‘n Priester en ‘n Leviet kon die man nie help nie, want die wet het dit verhoed. Jesus, die Samaritaan, kon die man help, want hy het naaste liefde bo die wet geplaas. Jesus het met die gelykenis geïllustreer dat liefde die belangrikste gebod is - Matthéüs 22:36-40. Die Samaritaan het olie en wyn op die man se wonde gegooi en dit verbind. Jesus is die deur na die Vader. Deur Hom kan jy die olie en salwing van God se teenwoordigheid ervaar en jy kan die nuwe wyn van die Heilige Gees geniet. Jesus is steeds ons geneesheer. Die barmhartige Samaritaan het al die onkostes betaal. Netso het Jesus ook alles betaal vir jou verlossing en lewe.