SATAN SE SAAD
Janine Forsyth
- 6 minutes read - 1133 wordsGod het die mens na Sy beeld geskape om met Hom ‘n verhouding te hê. Satan wou ook ‘n familie van sy eie skep.
“En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt.”
GÉNESIS 3:15 AFR53
Judas het Jesus verraai. Jesus het gesê dat Judas sy hakskeen opgelig het teen Hom. Judas was ‘n seun van satan omdat hy homself oorgegee het aan die vyand. Jesus het die graf oorwin en die vyand se kop vermorsel.
“Ek spreek nie van julle almal nie — Ek weet wie Ek uitverkies het — maar dat die Skrif vervul kan word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig.”
JOHANNES 13:18 AFR53
“Jesus antwoord: Dit is die een aan wie Ek die stukkie sal gee as Ek dit ingedoop het. En toe Hy die stukkie ingedoop het, gee Hy dit aan Judas Iskáriot, die seun van Simon. En nadat hy die stukkie geneem het, het die Satan in hom ingevaar. En Jesus sê vir hom: Wat jy doen, doen dit haastig.”
JOHANNES 13:26-27 AFR53
“En die Satan het in Judas gevaar, wat Iskáriot genoem word en wat uit die getal van die twaalf was.”
LUKAS 22:3 AFR53
“En Jesus sê vir hulle: As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het uit God uitgegaan en gekom; want Ek het ook nie uit Myself gekom nie, maar Hy het My gestuur. Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie. Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan. Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie. Wie van julle oortuig My van sonde? En as Ek die waarheid spreek, waarom glo julle My nie? Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie.”
JOHANNES 8:42-47 AFR53
“Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie.”
I JOHANNES 3:10 AFR53
In die Nuwe Testament is die kinders van die duiwel rebelse, ongehoorsame mense wat weier om Jesus te volg.
In die Ou Testament was satan se saad in die mense en diere. Noag, sy familie en ‘n groep diere kon gered word. Na die vloed was daar weer reuse en die Israeliete moes hulle uitroei. Dawid moes ook die saad van satan uitroei. Reuse was ‘n mengsel van mense, diere en moontlik spesiale engele (“watchers”).
“sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het. In dié dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam. Toe die Here sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was, het dit die Here berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in sy hart. En die Here sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het.”
GÉNESIS 6:2, 4-7 AFR53
Die Ou Testament handel oor die fisiese terwyl Nuwe Testament fokus op die geestelike. In die eindtyd sal dit wees soos in die dae van Noag. Ek glo ons gaan ‘n mengsel van die Ou en Nuwe Testament sien soos ons nader aan die einde kom. Daar is meer aardbewegings, pessiektes en gerigte van oorloë. Mense gaan liefhebbers van hulself wees, maar daar gaan ook genetiese manipulasie wees om hibriede te maak. Daar gaan ‘n poging wees om klei (die mens) met metaal (kunsmatige intelligensie/“AI”) te vermeng. Ons gaan ‘n tyd binne waar ons Heilige Gees leiding nodig het voordat ons mediese prosedures laat doen. Ek glo tot dusver het hulle ons gewoond gemaak aan metaal inplantings, pasaangeërs en stamsel- behandeling. Dit gaan nie daar stop nie. Baie verwerkte produkte bevat reeds genetiese manipuleerde materiaal. Die vyand wil sy saad in elke mens plant sodat ons nie die ewige lewe kan beërwe nie.
“En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. Maar al hierdie dinge is 'n begin van die smarte.” “Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam. En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat. En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei. En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.”
MATTHÉÜS 24:6-8,9-14 AFR53
“MAAR weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat 'n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af. Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word, wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.”
II TIMÓTHEÜS 3:1-7 AFR53
“Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het — hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie.”
DANIËL 2:43 AFR53