SEUN VAN GOD EN BRUID VAN CHRISTUS
- 2 minutes read - 254 words“Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom 'n God wees, en hy sal vir My 'n seun wees.
EN een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam.”
OPENBARING 21:7, 9 AFR53
Ons leef in ‘n tyd waar baie mense ‘n identiteitskrisis ervaar. Mense weet nie wie God hulle gemaak het om te wees nie. God het van die begin af mense en diere geskape, elk na sy soort, in pare, en slegs 2 geslagte was teenwoordig. Die vyand will alles wat God doen verdraai. Volgens die Bybel is almal seuns van God, maar is ons is ook almal die bruid van Christus. God is almagtig en het nie ‘n fout gemaak nie. God is goed en Hy wil jou Vader wees. Ons is almal iemand se kind gevolglik verstaan ons die konsep van ‘n vader. As jy kinders het verstaan jy selfs beter. Jy wil vir jou kinders alles gee, maar verstaan ook dat dit nie goed is om hulle te bederf nie. Meeste mense wil ook ‘n huweliksmaat hê; iemand met wie jy alles kan deel. Dieselfde beginsels wat nodig is vir ‘n goeie huwelik is ook nodig om ‘n intieme verhouding met Jesus te hê. God gebruik die aardse familie om ons te laat verstaan dat Hy ons geskep het om Sy familie te wees.